Fanie en Ronel 

Ronel en Fanie

Springbokfilet

Bestanddele 

springbokfilet, gemarineer in Kolskoot se geheime sous
biltongpoeier na smaak
sout en vars gemaalde peper na smaak

Metode

Braai die filet ongeveer 4 min. aan elke kant oor matige kole.

Besprinkel dit met die biltongpoeier en geur met die sout en peper.

Verwyder van die kole en sit dadelik voor.

Aartappelgereg

Bestanddele 

6-8 aartappels, genoeg vir 6 mense (effens in ringe gesny)
500 ml cheddarkaas na smaak
1 ui, fyngekap
sout en vars gemaalde peper na smaak

Metode

Kook die aartappels tot amper gaar.

Laat dit afkoel en maak snytjies bo-op die aartappels.

Pak dit in ’n braaibak wat met tinfoelie gevoer is.

Vul die aartappels met die kaas en ui en geur met die sout en peper. Bedek die bak met tinfoelie en plaas oor matige kole.

Laat die aartappels oor die kole braai tot gaar en die kaas gesmelt het.

Carol se ertjieslaai

Bestanddele 

1 kop blaarslaai, fyngekap
1 ui, fyngekap 
1 pak gevriesde ertjies 
250 ml (1 k) mayonnaise
250 ml cheddarkaas, gerasper
sout en vars gemaalde peper na smaak 
fetakaas vir garnering

Metode

Pak die bestanddele in lae.

Geur die slaai met die sout en peper en sprinkel die fetakaas oor.

Verkoel die slaai in die yskas tot dit reg is.

Pannekoeke

Bestanddele

250 ml (1 k) meel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) koeksoda
2,5 ml (½ t) sout
45 ml (3 e) gesmelte botter, ’n bietjie ekstra vir die pan
125 ml (½ k) melk
125 ml (½ k) suurroom
2 eiers
room of roomys
vrugteslaai, tuisgemaak of die blikkie

Metode

Meng die bestanddele tot ’n dik beslag vorm.

Braai die pannekoeke in ’n pan oor matige kole.

Verwyder die pannekoeke en sit dadelik voor saam met room of roomys en vrugte.

Radus en Melanie

Radus en Melanie

Bloubessie-brood-en-botterpoeding

Bestanddele

50 g gesoute botter
4-6 croissants
3 ekstragroot eiers
75 g strooisuiker
1 t (5 ml) vanieljegeursel
1 k (250 ml) melk
1 k (250 ml) room
100 g bevrore bloubessies
50 g amandelvlokkies
¼ k (60 ml) appelkooskonfyt (gesmelt)

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n platboomkastrolletjie met die botter.

Sny die croissants in 3 diagonaal en smeer met die botter aan die een kant van elke stukkie.

Pak in die kastrol.

Klits die eiers, suiker en vanieljegeursel.

Voeg die melk en room stadig by die eiermengsel.

Giet die mengsel oor die croissants en strooi die bloubessies en amandels oor.

Laat staan 30 min.

Plaas 30-40 min. op die vuur of tot die nagereg deurgekook is.

Borsel die gesmelte appelkooskonfyt oor die nagereg.

Botterskorsie-en-kekerertjieslaai

Bestanddele

1 botterskorsie, geskil, gekook en in blokkies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) koljander, fyngekap
15 ml (1 e) komyn 
sout en vars gemaalde peper na smaak
1  x blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
vars koljander

Metode

Plaas die botterskorsiestukke in ’n mengbak en besprinkel met die olyfolie, koljander, komyn, sout en peper.

Meng deeglik.

Plaas op ’n bakplaat en bak ongeveer 15 min. in die oond teen 200 °C.

Haal uit en meng die kekerertjies by en bak nog 5-10 min.

Laat afkoel en skep in ’n slaaibak.

Plaas vars koljander bo-op en sit onmiddellik voor.

Brood

Bestanddele

5 k meel
14 g kitsgis
10 ml (2 t) suiker
5 ml sout
2-3 k warm water
¼ k olie

Metode

Plaas 4 koppies meel, gis, suiker en sout in ’n mengbak.

Giet die warm water en olie by en meng.

Voeg die orige meel by die mengsel tot dit nie meer taai is nie.

Knie die beslag 5 min. tot die mengsel elasties is.

Plaas ’n klam vadoek oor die deeg en laat die deeg rys, ongeveer 30 min.

Rol die deeg in eweredige balletjies en plaas in ’n gesmeerde kastrol.

Laat dit weer rys.

Plaas dit ongeveer 1 uur op die kole.

Crème Anglaise

Bestanddele

250 ml (1 k) volroommelk
250 ml (1 k) dubbelroom
50 g strooisuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
6 groot eiers

Metode

Verhit die melk, room, 5 ml suiker en vanieljegeursel.

Klits die eiers en res van die suiker tot romerig.

Voeg die melkmengsel stadig by die eiermengsel.

Klits die mengsel.

Voeg dit deur ’n sif in ’n skoon kastrol.

Roer die mengsel oor lae hitte tot dit verdik.

Verwyder die vla en giet deur ’n sif in ’n koue bak.

Paptert

Bestanddele 

1 ui
1 x pakkie spek, gesnipper
1 x pakkie sampioene
olie vir braai
4 tamaties, skille verwyder
500 ml growwe papmeel
’n knippie sout
750 ml warm water
500 ml pitmielies 
1 x blik soetmielies
1 x houer vars room
500 ml cheddarkaas

Metode

Braai die gekapte ui, spek en sampioene in die olie.

Sny die tamaties in klein blokkies en laat prut tot die sous vorm.

Meng die papmeel en sout met die warm water.

Plaas die mengsel 5 min. in die mikrogolfoond en roer deur.

Roer die pitmielies, soetmielies en room by die pap in.

Sit die pap in ’n gesmeerde platboomkastrolletjie.

Giet die sous oor die pap en maak die deksel toe.

Plaas 30-45 min. op die vuur oor matige kole.

Strooi die gerasperde cheddarkaas oor die gereg en plaas dit terug op die kole tot die kaas gesmelt is.

Pepersous

Bestanddele 

30 ml (2 e) peperkorrels
60 g botter
1 baba-ui, gekap
100 ml brandewyn
100 ml beesaftreksel
room?? hoeveel
sout en vars gemaalde peper

Metode

Kap die peperkorrels fyn.

Smelt die botter in ’n pan oor matige hitte en braai die ui tot sag.

Voeg die brandewyn by en laat 3 min. prut.

Voeg die beesaftreksel by en laat prut 3 min.

Voeg die room by en prut tot die sous verdun.

Voeg die sout en peper na smaak by.

Riboogsteak met marinade

Bestanddele

6 riboog-snitte
vars roosmaryn, volgens smaak
1-2 knoffelhuisies, fyngekap
60 ml (4 e) olyfolie
30 ml (2 e) worcestersous
sap van 1 suurlemoen

Metode

Sny kepies in die steak en druk 2-3 roosmaryntakkies in die kepies. Meng die knoffel, olyfolie, worcestersous en suurlemoensap. Smeer die vleis met die marinade en laat dit 3-6 uur in die marinade lê. Braai die snitte oor matige kole volgens voorkeur.

“Dress the board”

Bestanddele

2 knoffelhuisies, fyngekap
1 vars brandrissie, fyngekap
vars mentblare, volgens smaak (gekap)
4 beesfiletsnitte 
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper na smaak 
1 pak roketblare
2 suurlemoene se sap
nog olyfolie (vir die vleis)

Metode

Meng die knoffel, rissie en mentblare.

Smeer die vleis met die olyfolie, sout, peper en die knoffel-en-rissiemengsel.

Braai die snitte oor matige kole tot net gaar.

Verwyder die vleis van die kole en laat dit rus.

Plaas die vleis op ’n houtbord.

Sny dit versigtig en garneer met die roketblare, suurlemoensap en olyfolie volgens smaak.

Godfrey en Yolandi

Yolandi en Godfrey

T-beensteak en marinade

Bestanddele 

125 ml tamatiesous
125 ml blatjang 
60 ml (4 e) mosterd 
60 ml braaisous
vars roosmaryn na smaak
30 ml (2 e) olie
sout en vars gemaalde peper na smaak
T-beensnitte (genoeg vir 6)

Metode

Meng al die bestanddele en giet oor die vleis.

Laat die vleis ongeveer 24 uur in die marinade lê.

Braai oor matige kole tot gaar volgens smaak.

Lamsrib se marinade

Bestanddele 

125 ml tamatiesous 
125 ml mosterd 
125 ml blatjang 
worcestersous na smaak 
5 vars knoffelhuisies, fyngekap
1 ui, fyngekap en gebraai 
hoendervlerkie-braaisous na smaak
15 ml (1 e) suiker 
30 ml (2 e) blatjang
hoenderspeserye na smaak
lamsrib (genoeg vir 6 mense)
sout en vars gemaalde peper na smaak

Metode

Meng die bestanddele vir die marinade en plaas die rib daarin.

Marineer die vleis oornag.

Geur met die sout en peper.

Braai die rib oor matige kole tot gaar.

Sny in kleiner stukke en sit onmiddellik voor.

Roomys

Bestanddele 

250 ml room, styfgeklop
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 x blik kondensmelk

Metode

Meng die room en vanieljegeursel.

Vou 125 ml van die kondensmelk by.

Moenie die room pap roer nie.

Plaas die room ongeveer 6-8 ure in die vrieskas.

Baklava

Bestanddele 

1 rol filodeeg 
60 ml (4 e) margarien  
1 fles Nutella-smeer 
pekanneute, volgens smaak

Metode 

Trek die filodeeg uitmekaar, gereed om in lae te pak.

Plaas die eerste laag filodeeg in ’n gesmeerde braaibak.

Smeer tinfoelie met die margarien.

Smeer ’n lagie Nutella en besprinkel met die neute.

Plaas die volgende deeglaag bo-op.

Herhaal die proses tot die deeg klaar is.

Garneer die baklava met die res van die neute, bedek met tinfoelie en plaas oor matige kole om te bak, ongeveer 20-30 min.