Gerhard en Frank

Gerhard en Frank

Biltongslaai

Bestanddele

slaaiblare (soos benodig) 
125 g blokkies goudakaas 
1 komkommer, geskil en in blokkies gesny 
1 pakkie kasjoeneute, ongesout
150 g biltong 
30 ml (2 e) mayonnaise 
15 ml (1 e) heuning 
5 ml (1 t) mosterd

Metode

Breek die blare en plaas in ’n slaaibak.

Krummel die kaas oor die blare. Voeg die blokkies komkommer, neute en biltong by.

Meng goed.

Meng die mayonnaise, heuning en mosterd.

Giet die sous oor die slaai.

Garneer die slaai met nog biltong en kaas.

Braaibroodjies

Bestanddele 

brood van jou eie keuse, genoeg vir 6 
15 ml (1 e) botter 
2 tamaties (in wiele gesny)
30 ml (2 e) blatjang 
250 g kaas, gerasper
1 ui, fyngesny 
sout en peper na smaak

Metode

Smeer die broodjies met botter en pak dit met tamatie, blatjang, kaas en ui.

Garneer die broodjies met sout en peper.

Vou die broodjies toe en braai oor matige kole tot die kaas gesmelt het en die broodjies goudbruin gebraai word.

Karamelpotbrood

Bestanddele 

30 ml (2 e) botter 
1 sakkie gekoopte brooddeeg
250 ml (1 k) karamelsuiker 
1 L vars room 
roomys (as bykos)

Metode

Smeer die pot met botter. Rol die deeg in balletjies en plaas die balle in die pot ongeveer 3 cm uitmekaar.

Laat die deeg sowat 40 min. so staan.

Meng die suiker en room en giet bo-oor die balle.

Plaas die deksel op die pot en oondbak sowat 40 min. teen 180 °C.

Sit voor saam met roomys.

Oor die kole

Bestanddele 

6 stukkies filet 
250 g feta 
2 rissies (fyngekap en sonder pitte)
sout volgens smaak
6 stukkies oondtou

Metode

Meng die feta en rissies. Vul die filette met die vulsel, geur met sout en peper en rol die filette toe.

Neem tou en bind die tou om die filetsnitte.

Braai oor matige kole en sit dadelik voor.

Johnathan en Riaan

Johnathan en Riaan

Skaapstert

Bestanddele 

braaispeserye van jou keuse
1 suurlemoen se sap
sout en peper na smaak

Metode

Giet die suurlemoensap oor die skaapsterte en sout en peper.

Geur met die speserye en braai oor matige kole tot krakerig en gaar.

Kruisskyf

Bestanddele 

6 kruisskywe 
olyfolie na smaak 
sout en peper na smaak

Metode

Smeer die snitte met olyfolie en garneer met sout en peper.

Laat die vleis ’n paar uur so lê.

Braai dit oor matige kole tot gaar volgens die gaste se voorkeur.

Sit dadelik voor.

Boereworssosatie

Bestanddele 

sosatiestokkies 
boerewors (genoeg vir 6 porsies)

Metode

Rol die wors op en steek die stokkies deur elke rolletjie sodat die wors op die stokkie in plek gehou word.

Braai die wiele oor matige kole tot die vleis gaar is.

Sit dadelik voor.

Maak seker dat die stokkies nie aan die brand slaan nie!

Braaibroodjie

Bestanddele 

tuisgebakte witbrood
30 ml (2 e) botter
1 tamatie, in dun skywe gesny
1 ui, in dun skywe gesny 
150 g kaas, gerasper

Metode

Sny die broodjies in dun skywe.

Smeer die snye met botter en vul die broodjies met tamatie, uie en kaas.

Vou die broodjies toe en braai oor matige kole tot die kaas gesmelt het en die broodjies goudbruin aan die buitekant raak.

Metaalkoppie-nagereg

Bestanddele 

1 pakkie mariebeskuitjies (fyngekap) 
1 pakkie malvalekkers 
1 blikke karamel 
2 groot stafies Bar-One 
1 houer kitsvla (Ultramel) 
6 metaalkoppies

Metode

Pak lae van die bestanddele in die metaalkoppies.

Sprinkel malvalekkers bo-oor.

Braai die nageregte oor matige kole.

Maak seker dat die inhoud van die koppies gesmelt het.

Sit dadelik voor.

Ivan en Gerhardt

Ivan en Gerhardt

Skaapkerrietjops

Bestanddele (vir marinade)

1 groot ui, fyngekap
25 ml olyfolie
45 ml matige kerriepoeier 
15 ml borrie
45 ml koljandermasala 
375 ml asyn 
¾ k suiker
100 ml appelkooskonfyt
12 skaaptjops

Metode

In ’n vuurvaste pan, braai fyngekapte ui in olyf olie tot sag, voeg kerriepoeier, borrie en masala by en soteer sowat 5 min. oor lae hitte.

Voeg dan die res van die bestanddele by en laat prut 5 min.

Verwyder van hitte.

Smeer van die marinade aan die skaaptjops en braai oor warm hitte; smeer die oorblywende marinade gereeld oor die tjops soos dit gaar word.

Malvapoeding

Bestanddele vir Poeding

1 ½ k meel
2 t bakpoeier
2 t koeksoda
1 ½ bruinsuiker
5 ml sout
2 groot eiers
2 e botter
melk
3 e appelkooskonfyt

Metode

Voorverhit oond tot 180 °C

Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, bruinsuiker en sout in mengbak.

Voeg die eiers, botter en genoeg melk vir die regte konsistensie by en meng goed.

Bak in warm oond vir 25-min.

Bestanddele vir sous

2 k water
1 k bruin suiker
10 ml vanielje essence
2 blikke ingedampte melk (Ideal)

Metode

Meng al die bestanddele in ’n bak en mikrogolf op hoog tot die suiker gesmelt het.

Giet die sous oor die malvapoeding sodra dit uit die oond kom en laat rus sodat die sous goed kan intrek.

Sit die malvapoeding voor saam met vanillaroomys en karamelbrandewynsous.

Karamelbrandewynsous

Bestanddele

2 k donker bruinsuiker
50 g botter
300 ml room
1 t vanieljegeursel
2 t brandewyn

Metode

Meng al die bestanddele in ’n vuurvaste pan en laat prut oor matige hitte tot die suiker en botter opgelos en gesmelt het.

Hou pan op lae hitte sodat die sous warm kan bly. 

Sit voor oor die malvapoeding en vanieljeroomys.

Mielie-en-avoslaai

Bestanddele

6 mielies
3 avokado’s 
100 g botter
2 t Aromat
30 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak

Metode

Kook die mielies sowat 15 min. in soutwater, haal dit uit water en klad droog met kombuispapier.

Smelt die botter en sprinkel die Aromat daarin, smeer van die gegeurde botter aan die mielies en braai 15 min. terwyl jy gereeld nog gegeurde botter aansmeer.

Sny mielies van stronk af en die avokado’s in blokkies.

Meng die mielies en avokadoblokkies.

Meng suurlemoensap by en voeg sout en peper na smaak by.