Jacques en Sundesh

Sundesh en Jacques.

Seekospotjie

Bestanddele 

1 pak seekosmengsel (bevrore)
15 ml (1 e) knoffel (gekap)
30 ml (2 e) suurlemoen en knoffel speserye 
10 ml (2 t) rooipeper
250 ml seekosaftreksel (afkomstig van die pakkie seekos)
500 ml room 
1 pakkie romerige sampioensop (vooraf met melk gekombineer)

Metode  

Kombineer al die bestanddele in ’n pot.

Kombineer die sopmengsel en die room.

Plaas die pot oor die kole en roer aanhoudend sodat al die bestanddele kan verhit.

Giet die sous oor die seekos en laat die potjie vir ongeveer 30 minute prut.

Garneer met sout en peper soos nodig. 

Chakalaka-en-avokadopeerslaai

Bestanddele 

2 snoeke, oopgevlek 
4 avokadopere 
sout en peper na smaak 
500 ml cheddarkaas (gerasper)
1 blikkie chakalaka 
250 ml sagte botter 
250 ml fyn appelkooskonfyt

Metode

Die twee snoeke gaan apart gaar gemaak word en verskeie geure hê.

Neem die eerste snoek en smeer dit met botter.

Garneer dit met sout en peper en braai dit tot gaar.

Smeer die snoek net voor opdiening met die chakalaka en besprinkel met kaas sodat dit smelt.

Neem die tweede snoek, garneer dit met sout en peper en smeer dit met botter.

Braai dit oor die kole tot gaar.

Sit voor met avokadopeer en hope appelkooskonfyt.

Die snoek kan ook met die konfyt gesmeer word tydens die braaiproses.

Theo en Angus

Theo en Augus.

Steak met mosterd en kaas

Bestanddele

6 x 300g kruis skywe
45 ml (3 e) mosterd
20 ml (4 t) kook olie
20 ml (4 te) suurlemoen sap

Metode

Meng hierdie die mosterd, olie en sap.

Mediumgaar metode

Braai steak vir mediumgaar  8-10 minute en smeer die helfte van die mengsel oor die gaar kant.

Draai om vir ’n verdere 8-10 minute en smeer die ander helfte van die mengsel oor die gaar kant.

Liggaar metode

Braai steak vir liggaar 5-6 minute en smeer die helfte van die mengsel oor die gaar kant.

Draai om vir ’n verdere 5-6 minute en smeer die ander helfte van die mengsel oor die gaar kant.

Addisioneel 

5 ml (1 teelepel) droë gemengde kruie
6 dun skyfies kaas

Wenk: Sprinkel droë gemengde kruie oor steak voor dit gaar is en plaas ’n vel kaas bo-op steak om te smelt.

Kaasworsies met spek

Bestanddele

1 pak repies spekvleis 
6-8 kaasworsies

Metode

Draai repies spekvleis rondom kaasworsies.

Steek punte vas met peuselstokkie aan kaasworsies.

Braai die worsies vir ongeveer 10-minute.

Sit dadelik voor – die kaas behoort te gesmelt te wees.

Piesangs met roomkaas

Bestanddele

½ koppie roomkaas
30 ml (2 e) brandewyn
60 ml (5 e) bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
6 piesangs 
30 ml (2 e) botter 

Metode

Smeer die piesangs met die botter.

Braai die piesangs liggies.

Smelt addisionele botter in ’n foeliepan en voeg die piesangs by.

Meng die brandewyn, roomkaas, bruinsuiker en kaneel.

Giet die mengsel oor die piesangs.

Bak vir ongeveer 15 minute en sit voor. 

Heinrich en André

André en Heinrich.

Kuransteak met peppersous

Bestanddele 

6 steaks (3 cm dik)
30 ml (2 e) sout en gemengde speserye

Metode  

Braai die steaks, vet eerste en die res van die vleis 5 – 10 minute aan elke kant.

Maak seker die kole is matig.

Laat steak rus vir sappe en geure om te vorm.

Maklike peppersous 

Bestanddele 

250 ml (1 k) ingelegde peperkorrels
30 ml (2 e) botter
5 ml (1 t) knoffel (fyngekap) 
250 ml (1 k) room 

Metode

Braai die peperkorrels in die botter oor die kole – gebruik ’n braaibak of pan.

Voeg die knoffel by en roer.

Voeg die room by, garneer met sout en peper en laat die sous prut tot die sous die regte dikte aanneem.

Sit saam met die steak voor. 

Gerookte varkpens/ribbetjies

Bestanddele 

1 varkpens (gerook) 
sout en peper na smaak 
45 ml (3 e) vleis & heuning speserye 

Metode

Sny repies oor die vel van die pens.

Vryf sout in die vel saam met die speserye.

Laat die vleis vir ongeveer 12 uur in die yskas sit.

Braai oor matige kole en sny in repe net voor gaar.

Sit dadelik voor. 

Pere in rooiwyn met vanieljeroomys

Bestanddele 

6 ferm pere (geskil)
250 ml suiker
250 ml rooiwyn
1 kaneel stokkie
1 steranys 
4 heel naeltjies

Metode

Verhit water, wyn, suiker, kaneel, steranys en naeltjies.

Voeg pere by (haal die pitte uit).

Stowe die pere in die stroop stadig tot pere sag is en ’n dik stroop gevorm het.

Sit met dik room voor.