Corrie en Nolene

Corrie en Nolene.

Lynvis 

Bestanddele 

lynvis (sonder grate en genoeg vir 6)
knoffelbotter (gekoop) 
2 suurlemoene (se sap)
sout en peper na smaak

Metode

Smeer die vis met die gesmelte knoffelbotter.

Plaas dit in ’n gesmeerde toeknyprooster, smeer met die suurlemoensap en geur met die sout en peper.

Braai oor matige kole.

Draai aanhoudend en maak seker dat dit nie aan die rooster vasbrand nie.

Kruisskyf

Bestanddele 

6 kruisskyf-steaks
60 ml (4 e) olyfolie 
sout en peper na smaak 

Metode

Marineer die vleis in die olyfolie tot dit gebraai word.

Geur met die sout en peper.

Braai die snitte oor matige kole tot gaar na jou smaak. 

Garnaalsous

Bestanddele 

1 pak bevrore garnale 
45 ml (3 e) knoffelbotter (gekoop)
125 ml room
30 ml knoffelpoeier
soetrissiesous volgens smaak
10 ml Maizena (met 30 ml water gekombineer)

Metode

Plaas ’n kastrol oor die kole.

Plaas al die bestanddele (behalwe die Maizena) daarin en kook.

Voeg die Maizena-mengsel by sodat die sous kan verdik.

Sit die sous voor saam met die steaks.

Pynappelslaai

Bestanddele 

1 blik pynappels 
2 houers suurroom
1 blikkie kondensmelk

Metode

Meng al die bestanddele en laat die slaai in die yskas staan tot jy dit voorsit.

Patatgebak

Bestanddele 

6-8 patats 
1 pakkie Knorr-aartappelgebak (poeier)
250 ml room 
sout en peper na smaak 
kaas volgens smaak (vir geur)

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n oondbak met kooksproei.

Sny die patats in wiele en bak in die oond tot gaar.

Meng die aartappelgebak-poeier en room.

Giet dit oor die patats, geur met die sout en peper en bak nog ongeveer 20 min.

Sprinkel die gerasperde kaas oor.

Sit warm voor.

Ian en Samantha

Ian en Samantha.

Braai Broodjie

Bestanddele 
 
1 gesnyde witbrood
1 ui (in ringe gesny)
30 ml (2 e) botter
250 ml kaas (gerasper)
45 ml (3 e) blatjang
2 tamaties (dun gesny)
sout en peper na smaak 
5 ml (1 t) bruinsuiker 

Metode

Braai uie in botter en bruinsuiker tot gekarimaliseerd.

Smeer die broodjies binne met botter en blatjang.

Sit nou genoeg tamatie, kaas en uie op elke broodjie en vou toe.

Smeer botter aan die buitekante van die broodjies en plaas binne ’n toeknyprooster.

Braai die broodjies totdat die broodjies goudbruin is en die kaas gesmelt is.

Murgtert

Bestanddele 
 
1 pak murgpampoentjies (gekook en 
2 blik mielies
1 blok cheddarkaas
2 eiers
1 ui (gekap)
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) olie
sout en peper na smaak
125 ml melk

Metode 

Kombineer al die bestanddele.

Giet die mengsel in ’n gesmeerde braaibak.

Bak die tert oor matige kole.

Maak seker dat die tert met foelie bedek word.

Hou die tert dop totdat die tert deurgaar voorkom.

Verwyder van die kole, sny voor en bedien.

Spekwors

Bestanddele 
 
1 kg spekwors (by plaaslike slaghuis gekoop) 

Metode

Braai die wors oor matige kole tot gaar.

Sous

Bestanddele

125 ml tamatie sous
60 ml jimmy’s sous
30 ml (2 e) worcestersous sous
60 ml (4 e) suurlemoensap
250 ml (1 k) water

Metode

Meng al die bestanddele vir die sous saam en plaas eenkant.

Braai die wors tot amper gaar.

Plaas die wors in die pan.

Prik die wors totdat die sous uitloop.

Giet die voorbereide sous oor die wors.

Laat wors in die sous braai en bedien dadelik. 

Skaaprib

Bestanddele 
 
1 skaaprib (jou keuse van grootte)
30 ml (2 e) worcestersous
sout en peper na smaak

Metode

Braai die skaaprib op die vuur met worcestersous.

Garneer met sout en peper en braai oor matige kole tot gaar.

Appeltert met ’n twist

Bestanddele 
 
1 blik appels (geskil en in kwarte gesny)
1 blik kondensmelk
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 k (250 ml) botter
1 pak klappermalvalekkers 

Metode

Druk die koekies fyn.

Smelt die botter en meng saam met die koekies.

Druk die mengsel onder in die tertbak vas.

Gooi die tert appels bo-op die koekiemengsel.

Giet die blik kondensmelk bo-oor appels.

Pak die appels toe met malvalekkers.

Maak toe met foelie.

Bak op vuur tot malvalekkers almal gesmelt het.

Bedien met roomys. 

Stefan en Natasha

Stefan en Natasha.

Bees Fillet met Sampioensous

Bestanddele

1 bees filet (genoeg vir 6)
3 knoffelhuisies (fyngekap)
45 ml (3 e) olyfolie
1 suurlemoen (se sap) 
sout en peper na smaak 
15 ml (1 e) braaispesrye

Metode

Smeer fillet met olyfolie en besprinkel met speserye, sout en peper en laat die vleis vir ongeveer 1-uur voor die braaityd marineer.  

Sampioensous

Bestanddele

1 pakkie sampioene (gekap)
250 ml room
1 ui (fyngekap)
5 ml (1 t) sout
5 ml  (1 t) peper
30 ml (2 e) botter 

Metode

Plaas ’n swartpot oor die kole.

Voeg die botter en die uie in die pot.

Braai die uie totdat hulle deursigtig is.

Voeg die sampioene by en braai totdat die sampioene met die uie en die botter gekombineer het.

Voeg die room by en garneer die sous mmet sout en peper na smaak.

Braai die sous oor matige kole totdat die sous verdik en die sampioene sag is.

Bedien saam met die steaks. 

Lamsosaties

Bestanddele

Gekoopte lamsosaties met marinade van plaaslike slaghuis.

Laat die sosaties oornag in die marinade lê.

Metode

Braai die sosaties oor matige kole tot mediumgaar.

Bedien dadelik. 

Varkrepies 

Bestanddele

1 pak spekrepies
marinade van die slaghuis 
sout en peper na smaak

Metode

Braai die repies oor matige kole tot gaar.

Die vet van die spek moet krakerig wees voordat dit voorgesit word. 

Skilpadjies (Lewer en Net-vet)

Bestanddele

1 pak gekoopte skilpadjies vanaf plaaslike slaghuis.

Metode

Plaas die skilpadjies op ’n toeknyprooster.

Braai die skilpadjies oor matige kole tot krakerig en gaar.

Die vleis moet glad nie meer pap voorkom nie. 

Aartappelgereg

Bestanddele

6 groot aartappels
125 ml room 
250 ml (1 k) cheddarkaas
125 ml (½ k) mozerellakaas
1 ui (fyngekap)
2 knoffelhuisies (fyngekap na smaak)

Metode

Sny die aartappels in wiele.

Maak seker dat jy hulle nie te dun sny nie.

Kook die aartappels tot net voor gaar.

Pak die wiele in ’n bak wat oor die braai kan gaan.

Braai die uie en knoffel in ’n pan en giet dit oor die aartappels.

Giet die room oor die aartappels.

Bak die gereg oor die kole.

Na ’n uur moet jy die kaas neem en dit oor die aartappels sprinkel.

Bak die gereg verder totdat die kaas gesmelt is. 

Potbrood

Bestanddele

1 sak deeg (gekoop)
300 g biltongmengsel
250 g cheddarkaas
250 g mozzarellakaas

Metode

Kombineer albei kase met die biltongmengsel.

Vou dit deur die deeg en plaat die deeg in ’n gesmeerde pot om verder te rys (ongeveer 1-2 ure.)

Rol die deeg in balletjies en plaas hulle in ’n gesmeerde swartpot.

Plaas die deksel bo-op en bak vir ongeveer 1 uur.

Toets die deeg elke 20 minute.

Verwyder die broodjies wanneer hulle gaar is en bedien dadelik met botter.

Hoenderslaai met Mosterdsous

Hoenderslaai

Bestanddele

1 kop blaarslaai (gekap)
1 tamatie (gekap)
1 uie (fyngekap)
gerookte hoender (2-3 borsies)
4 wiele fetakaas

Metode

Voeg alle bestandele net by mekaar.

Bedien saam met die hoofmaaltyd. 

Mosterdsous

Bestanddele

75 ml  (5 e) mayaonaise
30 ml (2 e) kondensmelk
10 ml (2 t) mosterpoeier
200 ml melk

Metode

Meng mayonnaise, kondensmelk en mosterdpoeier en melk saam en laat staan vir ’n uur.

Wafels met Tuisgemaakte Roomys

Wafels

Bestanddele

Gekoopte wafels van plaaslike supermark.

Metode

Maak wafels warm op lae hitte kole net voor bediening.

Bedien met die roomys

Tuisgemaakte Roomys

Bestanddele

200 ml suiker
500 ml room
400 ml melk
2 t vodka 
2 t vanilla essens
10 oreo beskuitjies (gekap)

Metode

Kombineer die suiker en die room en klits tot dit styf word.

Voeg die melk by en klits tot dit weer styf word.

Voeg vodka en vanieljegeursel by.

Roer die beskuitjies deur en klits weer totdat alles goed gemeng is.

Giet in bak en plaas dit in die vrieskas vir ongeveer 4-6 ure.

Verywder die roomys uit die vrieskas net voor die hoofgereg bedien word.