Algernon en Lee-Ann

Algeron en Lee-Ann.

Seekospot (bevrore seekos) 

Bestanddele 

30 ml (2 e) botter 
1 ui (fyngekap)
1 pak bevrore seekos
250 ml fyngekapte seldery 
7 wortels (geskil en gekap)
3 aartappels (geskil en in klein blokkies gesny
125 ml room
sout en peper na smaak 
45 ml (2 e) seekosspeserye 

Metode

Plaas ’n swartboompot oor matige kole.

Plaas die botter en ui in die pot en braai die ui tot deursigtig.

Voeg die seekos by en roer. Voeg die seldery, wortels en aartappels by.

Roer die room by en geur met die sout, peper en seekosspeserye.

Laat die pot prut tot die seekos gaar is.

Kruisskyf met pepersous

Bestanddele 

500 ml room 
1 pakkie pepersous (gekoop)
6 kruisskyf-steaks (genoeg vir 6 mense)
braaispeserye na smaak 
sout en peper na smaak 

Metode

Meng die room en pepersous.

Plaas die mengsel in ’n potjie oor matige kole tot die sous verdik.

Roer die klonte uit.

Vryf die steaks met die speserye en geur met die sout en peper.

Laat die vleis rus. Braai oor matige kole.

Sit voor saam met die pepersous.

Patatskywe in spek toegedraai

Bestanddele 

6 patats
sout en peper na smaak 
45 ml (3 e) olyfolie
1 pakkie spek (repies) 

Metode

Was die patats en sny in wiggies.

Sprinkel die sout, peper en olyfolie oor.

Plaas die wiggies ongeveer 5 min. in die mikrogolfoond.

Draai die patats in die spek toe en steek met happiestokkies vas.

Braai oor matige kole tot die spek gaar is. 

Andre en Reagan

Reagan en André.

Bestanddele 

1 groen en 1 geel soetrissie, fyngekap
1 gekapte ui
1 koppie gerasperde cheddar
1 knoffelhuisie, gekap
sout en peper na smaak
botter
1 kg brooddeeg (gekoop)
sesamsaad

Metode

Meng die soetrissies, ui, kaas en knoffel.

Geur met die sout en peper.

Smelt die botter, laat effens afkoel en voeg by die mengsel.

Rol die deeg in 8 gelyke balletjies.

Sprinkel meel op ’n werkoppervlak.

Plaas vier van die balle op die oppervlak en druk plat.

Vul die ander vier balle met die kaasmengsel.

Smeer die swartboompot met die botter.

Pak die deegballe in die pot.

Laat die deeg ongeveer 20 min. rys voor die pot direk oor die kole geplaas word.

Plaas kole op die deksel van die pot en laat die brood 30-40 min. so bak.

Maak seker jy lig nie die deksel op nie.

Haal die pot van die kole af en laat 10 min. rus voor die brood met botter gesmeer en met sesamesaad besprinkel word. 

Rodney en Tracey

Tracey en Rodney.

Gestoomde broodpoeding

Bestanddele 

250 ml bruismeel 
250 ml (1 k) bruinsuiker 
1 blik karamel 
2 eiers 
250 g margarien 
500 ml (2 k) melk
275 ml vars room 
1 sopie whiskey

Metode

Meng die droë en nat bestanddele apart.

Giet die nat bestanddele by die droë bestanddele terwyl jy die beslag stadig roer.

Plaas die beslag in ’n gesmeerde swartpot of koekpan en bak oor matige kole tot gaar.

Sit die poeding voor saam met warm vla, gekoop of tuisgemaak.

Soetpatat, botterskorsie en snybone saam met ’n wortel-en-aartappelmengsel

Bestanddele 

500 ml melk 
60 g botter 
45 ml (3 e) meel 
4 wiele fetakaas
125 g mozzarellakaas
125 g cheddarkaas
4 soetpatats
6 botterskorsies (gehalveer)
snybone (na smaak, skoongemaak) 
7 wortels, geskil en in wiele gesny
6 aartappels (in blokkies gesny)
5 ml (1 t) rooipeper
paprika na smaak 
sout en peper na smaak 

Metode

Voeg die melk en botter in ’n mikrogolfoondbak.

Klits die meel by; maak seker daar is nie klonte nie.

Plaas die bak 15 sekondes op ’n slag in die mikrogolfoond.

Roer ná elke ronde.

Wanneer die sous verdik en al die botter gesmelt is, voeg die drie kase stadig by.

Plaas die sous weer in die mikrogolfoond tot dit glad, klontvry en geurig is.

Kook die groente in ’n pot oor die kole tot net gaar. Geur met die rooipeper, paprika, sout en peper.

Plaas die groente in ’n opskepbak en giet die kaassous oor voor voorsit. 

Marinade vir lamstjops 

Bestanddele 

6-8 lamstjops 
30 ml (2 e) heuning
3 knoffelhuisies (fyngekap)
45 ml (3 e) appelkooskonfyt
30 ml (2 e) tamatiesous 
30 ml 92 e) blatjang
5 ml (1 t) rooipeper
5 ml (1 t) paprika

Metode

Plaas die lamstjops in ’n braaibak.

Meng die marinadebestanddele en giet oor die tjops.

Vryf die vleis en laat dit ongeveer 6 uur marineer.

Braai die tjops oor matige kole tot die vetjies krakerig is.