JJ en Elizma

Elizma en JJ.

Ontbeende skaapboud 

Bestanddele 

Marinade

1,2 kg skaapboud
60 ml (¼ k) olyfolie 
45 ml (3 e) vars suurlemoensap 
4 knoffelhuisies, fyngekap
30 ml (2 e) gemengde speserye 
15 ml (1 e) vars roosmaryn, gekap
2,5 ml (½ t) sout 
2,5 ml (½ t) growwe swart peper 

Smeer

2 knoffelhuisies, gekap
½ ui, gekap
15 ml (1 e) paprika
15 ml (1 e) sout
2,5 ml swart peper
2,5 ml rooipeper 
30 ml (2 e) gemengde speserye 
30 ml (2 e) olyfolie 

Metode

Marinade: Meng die olyfolie, suurlemoensap, knoffel, gemengde speserye, roosmaryn, sout en peper.

Giet die marinade oor die lamsvleis en laat sowat 2 uur marineer.

Die vleis kan langer marineer indien verkies.

Smeer: Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker.

Skep die smeer uit en hou dit eenkant.

Lam: Berei matige kole vir die gaarmaak van die lamsvleis voor.

Haal die snit uit die yskas en laat die vleis by kamertemperatuur kom.

Garneer die vleis met die smeer en braai sowat 40 min.

Die vleis behoort medium na rou te wees.

Laat die vleis rus en sny op voor die gaste. 

Groentebroodjie

Bestanddele 

Groente

1 pakkie gemengde groente, fyngekap
sout en peper na smaak 
5 ml (1 t) olyfolie 
Broodjie 
1 ciabatta, gekoop
botter of olyfolie na smaak

Metode

Groente: Braai die groente in die verhitte olie in ’n braaipan oor matige kole tot gaar.

Geur met sout en peper.

Maak seker die groente is nie pap gekook nie.

Dit moet binne die broodjie gepak word; dus moet dit nog ferm wees.

Broodjie: Sny die brood in die helfte en hol die inhoud uit.

Smeer die broodjie met olyfolie of botter.

Vul die brood met die groente, vou toe en braai na smaak.

Ekstra kaas kan bygevoeg word indien verkies.

Cinnabon oor die kole 

Bestanddele 

1 sakkie brooddeeg, gekoop
45 ml (3 e) sagte botter 
200 ml kaneelsuiker (mengsel van bruinsuiker en kaneel)
250 ml (1 k) room 
250 ml (1 k) melk 

Metode

Rol die deeg uit en smeer met die botter.

Bestrooi met die kaneelsuiker en rol die deeg op in een groot wors.

Sny die wors in ringe.

Besmeer ’n swartpot met botter.

Pak die wiele in die pot.

Giet die room en die melk bo-oor die wiele.

Bak die nagereg sowat 30 min. oor die kole.

Sit voor saam met roomys. 

Floris en Jomarie

Jomarie en Floris.

Plankie-steak

Bestanddele 

6 verouderde steaks
olyfolie, na smaak 
45 ml (3 e) karoospeserye 
sout en peper na smaak 

Metode 

Smeer jou steaks met die olyfolie in en garneer met die karoospeserye en sout en peper.

Braai oor matige kole tot die snitte gaar is na elkeen se smaak.

Sit dadelik voor. 

Karoo-tjoppie

Bestanddele 

12 tjoppies 
sout en peper na smaak 
45 ml (3 e) gemengde speserye
4 takkies vars roosmaryn 

Metode

Garneer die tjops met die sout en peper en gemengde speserye.

Vryf die tjops in met die roosmaryn.

Braai die vleis oor matige kole tot sappig en gaar. 

Sampioene gevul met kaas

Bestanddele 

6 groot sampioene 
30 ml (2 e) sagte botter 
15 ml (1 e) knoffel, fyngekap
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) fetakaas, gekrummel
sout en peper na smaak 

Metode

Plaas die sampioene op hul rûe.

Smeer die pensies van die sampioene met botter en vul met knoffel, cheddarkaas en fetakaas.

Garneer met die sout en peper.

Plaas die sampioene in foelie en braai oor die kole tot gaar.

Aartappelslaai

Bestanddele 

7 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 pakkie spek, gesnipper
5 ml (1 t) knoffel, fyngekap
1 klein rissies, fyngekap
gemengde speserye 
125 ml (½ k) mayonnaise
sprietuie, na smaak
pietersielie, na smaak 
sout en peper na smaak 

Metode

Kook die aartappels tot sag.

Braai die spek, knoffel, rissie en die speserye saam.

Voeg by die aartappels en meng goed.

Die aartappels moenie te sag wees nie.

Voeg die mayonnaise by en garneer met sprietuie, pietersielie en die sout en peper. 

Oepsies 

Bestanddele 

12 ingelegde kersies 
1 pakkie repiesspek 
12 tandestokkies 
60 ml (4 e) Jimmy’s-sous

Metode

Rol elke kersie toe met een repie spek toe.

Steek elke rolletjie met ’n tandestokkie vas en doop in die Jimmy’s-sous.

Braai die oepsies oor matige kole tot die spek gaar is en die kersies begin oopbars. 

Braai Pie

Bestanddele 

2 rolle skilferkorsdeeg
1 blik karamel
3 piesangs, in wiele gesny
150 ml sjokoladesous, tuisgemaak of gekoop
1 eier, geklits

Metode

Rol die twee rolle deeg oop.

Smeer die een laag met die karamel.

Pak die piesang wiele op die karamel.

Smelt twee sjokolades om ’n sous te vorm of gebruik gekoopte sjokoladesous.

Giet die sous bo-oor die piesang en karamel.

Gebruik die sous spaarsamig; die deeg moenie in die sous verdrink nie.

Plaas die tweede laag deeg bo-op en plaas die nagereg binne ’n toeknyp-rooster.

Smeer die deeg met geklitste eier.

Braai die nagereg tot gaar.

Maak seker dat die deeg bros is.

Sit dadelik voor. 

Deon en Rita

Deon en Rita.

Gesplete aartappels 

Bestanddele 

160 g botter
sout en peper, na smaak
1 knoffelhuisie, fyngekap
20 ml gerookte paprika 
250 g chorizo wors, ongesny
’n hand vol pietersielie, fyngekap
foelie 

Metode 

Maak dun snye in die rûe van die aartappels.

Maak seker die snye wys na bo.

Smeer die aartappels met die botter, geur met die sout en peper en vou elkeen in foelie toe.

Braai die knoffel en paprika is ’n pan.

Voeg die chorizo by.

Plaas die chorizo in die splete van die aartappels.

Giet die knoffelolie, wat in die pan oorbly, oor die aartappels.

Plaas die aartappels in die kole en braai ongeveer 10-15 minute tot dit sag is.

Draai die aartappels aanhoudend.

Haal die aartappels uit die foelie, garneer met pietersielie en sit dadelik voor.

Sjokoladepoffertjies 

Bestanddele 

250 ml (1 k) water 
115 g botter 
250 ml (1 k) koekmeel 
1 ml sout 
3-4 eiers 
250 ml (1 k) room, styfgeklop 
100 g melksjokolade, gesmelt

Metode 

Voorverhit die oond tot 200 °C en bespuit ’n bakplaat met kossproei.

Bring die water en die botter tot kookpunt in ’n klein kastrol.

Voeg die meel en sout by en meng met ’n houtlepel tot ’n pasta vorm.

Verwyder die kastrol van die hitte en laat die mengsel afkoel voor jy die eiers een vir een by roer.

Skep balletjies van die deeg op die bakplaat.

Besprinkel die deegballe met water voor dit gebak word.

Bak ongeveer 15 min. teen 180 °C.

Haal die bakplaat uit die oond en maak ’n sny in elke poffertjie.

Vul die holtes met die room en doop die koppies van die poffertjies in die gesmelte sjokolade. 

Beesfilet

Bestanddele 

1 beesfilet (genoeg vir 6)
100 ml olyfolie 
sout en peper na smaak 
30 ml (2 e) gemengde speserye 
30 ml (2 e) asyn 
1 pakkie bruin uiesop
350 ml water of melk na smaak (vir die uiesop)

Metode

Smeer die beesfilet met olyfolie en geur met die sout en peper en die gemengde speserye.

Giet die asyn oor die vleis en smeer al die bestanddele goed in.

Meng die pakkie bruin uiesop met water of melk.

Maak seker dat die sous dik en glad is.

Braai die filet oor matige kole en smeer met die uiesopsous.

Verwyder die beesfilet van die hitte sodra dit na jou smaak gebraai is.

Laat die vleis rus en sny dit net voor die gaste gereed is om te eet.