Marie en Necia

Marie en Necia.

Varktjops in appelkoossous

Bestanddele 

4 varktjops
30 ml (2 e) tiemie
5 ml (1 t) knoffel, fyngekap
30 ml (2 e) braaispeserye 
sout peper na smaak 
500 ml (2 k) suurlemoensap 
125 ml (½ k) blatjang
125 ml (½ k) soetrissiesous
1 blik appelkose, sous ingesluit

Metode

Meng die speserye en sout en peper en vryf die tjops daarmee in.

Kook die res van bestanddele terwyl jy dit tjops braai.

Wanneer die tjops gaar is, gooi die sous bo-oor en sit dadelik voor.

Gebakte murgpampoentjies

Bestanddele 

1 pak murgpampoentjies
250 ml (1 k) room 
15 ml (1 e) mielieblom 
125 ml (½ k) witwyn of suurlemoensap na smaak
2 knoffelhuisies, gerasper 
125 ml (½ k) parmesaankaas, gerasper en ekstra vir sprinkel
sout en peper na smaak
15 ml (1 e) mosterd

Metode

Kook die murgpampoentjies tot net voor dit sag is.

Plaas die murgpampoentjies in ’n braaibak.

Meng die res van die bestanddele en giet dit bo-oor die pampoentjies.

Roer dit deur tot al die bestanddele gemeng is.

Sprinkel die gereg met die ekstra parmesaankaas net voor jy dit voorsit.

Waaieraartappels

Bestanddele 

6 halfgaar middelslagaartappels 
knoffel, fyngerasper
chorizo
’n hand vol pietersielie, gekap
160 g sagte botter 
sout en peper na smaak

Metode

Maak snytjies in die aartappels, maar moenie tot heel onder sny nie.

Meng die res van die bestanddele en pak dit in die snytjies van die aartappels.

Draai die aartappels toe in foelie en braai oor die kole tot deurgaar.

Peer-en-amandeltert

Bestanddele 

6 – 7 pere, afhangend van grootte
Sous:
60 ml (¼ k) heuning 
30 ml (2 e) botter 
1 stuk pypkaneel 
15 ml (1 e) gerasperde lemoenskil 
5 ml (1 t) lemoensap
15 ml (1 e) brandewyn of vanieljegeursel 
Beslag:
100 g botter 
100 g strooisuiker 
2 eiers 
100 g amandels

Metode

Skil en halveer die pere.

Kook die sousbestanddele en plaas die pere daarin.

Kook tot gaar.

Meng die botter, suiker, eiers en amandels.

Plaas die pere in ’n gesmeerde bak.

Giet die sous bo-oor die pere en giet dan die beslag bo-oor alles.

Bak die tert sowat 45 min. by 180 °C.

Sit warm of koud voor.

Brad en Ashlene

Ashlene en Brad.

Biefstuk met sampioensous 

Bestanddele

6 individuele steaks (rump)
30 ml (2 e) olyfolie
suurlemoen, gerooster
knoffelsout
swart peperkorrels 
45 ml (3 e) braaispeserye 
1 ui, fyngekap
1 pak sampioene, gekap
1 pak sampioensoppoeier
peri-peri-sous 

Metode

Besprinkel die steaks met olyfolie.

Giet die geroosterde suurlemoen, knoffelsout en peperkorrels bo-oor.

Geur die vleis met die braaispeserye en vryf alles goed in.

Laat die vleis ’n uur rus.

Braai die steaks oor matige kole sowat 5 min. aan elke kant of tot gaar.

Verwyder van die kole en hou eenkant.

Vir die sampioensous: braai die ui in ’n kastrol in ’n bietjie olie tot sag.

Voeg die sampioene by die ui en braai tot halfgaar.

Maak die soppoeier met kookwater aan volgens die aanwysings op die pakkie.

Voeg die sopmengsel by die sampioene in die kastrol en roer deeglik deur.

Giet die bottel peri peri-peri-sous by en laat prut terwyl jy gereeld roer.

Sit die sampioensous voor saam met die vleis sodra die gaste opskep. 

Roosmarynhoenderboudjies

Bestanddele

6 hoenderboudjies
olyfolie na smaak
pienksout na smaak 
swart peperkorrels 
vars roosmaryn na smaak 
vars pietersielie na smaak 
2 knoffelhuisies, gekap
sap van 1 suurlemoen
droë roosmaryn
knoffelspeserye

Metode

Pak die hoenderboudjies in ’n plastiekbak.

Besprinkel met die olyfolie.

Geur die hoender oraloor met die pienksout en peperkorrels.

Verwerk die res van die bestanddele in ’n voedselverwerker tot fyngekap.

Giet die mengsel bo-oor die hoenderboudjies in ’n Tupperware-bak en skud die bak tot die hoender goed met die marinade bedek is.

Laat ’n uur of twee rus tot die hoender met die geure deurtrek is.

Braai die hoender tot gaar oor matige kole.

Sit dadelik voor.

BraDash's Cape Brandy Tart

Bestanddele 

Tert

500 g dadels, ontpit
10 ml (2 t) koeksoda
500 ml (2 k) kookwater
200 g botter
500 ml (1 k) strooisuiker 
2 groot eiers
750 ml (3 k) meel
’n knippie sout
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) pekanneute

Sous

500 ml (2 k) suiker
500 ml (2 k) water
2 t (10 ml) botter
2 t (10 ml) vanieljegeursel 
3 k brandewyn 

Metode

Besprinkel die dadels met die koeksoda.

Giet die kookwater bo-oor.

Laat die dadels eenkant afkoel.

Room die botter en die suiker saam.

Klits die eiers by die mengsel in wanneer die botter en suiker lig en romerig is.

Sif die droë bestanddele en vou dit en die dadels by die geroomde botter en suiker in.

Gebruik ’n metaallepel en moenie die mengsel te veel roer nie.

Giet die beslag in ’n gesmeerde koekpan.

Bak die tert by 180 °C sowat 45 min of tot goudbruin en uitgebak.

Plaas die sous se suiker en water in ’n kastrol.

Roer tot die suiker opgelos is.

Voeg die botter, vanieljegeursel en brandewyn by.

Roer die mengsel en giet die warm sous oor die nagereg.

Sit voor saam met room of roomys. 

Joseph en Porche

Joseph en Porsche.

Lamrib

Bestanddele 

sap van ½ suurlemoen
vars roosmaryn na smaak 
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en peper na smaak 
15 ml (1 e) suurlemoenpeper

Metode

Meng al die bestanddele en smeer die rib met die marinade in.

Laat die rib oornag marineer en braai oor matige kole tot gaar.

Sny dit in hanteerbare stukke vir jou gaste om te geniet.

Bar One-sjokoladesous (vir die Amarulasous)

Bestanddele 

125 ml (½ k) room
1 groot Bar One-sjokolade 

Metode

Verhit die room in ’n kastrol en snipper die sjokolade by die room.

Roer die sous tot die sjokolade gesmelt is en die sous verdik het.

Amarulasous 

Bestanddele 

375 ml Amarula
Bar One-sjokoladesous (gekoop of selfgemaak) 

Metode

Maak die bestanddele vir die Amarulasous warm op die vuur.

Voeg die sjokoladesous by soos benodig tot die sous verdik.

Verwyder van die vuur tot dit ’n bietjie afgekoel het en sit voor saam met roomys.