Charmaine en Anita

Charmaine en Anita

Beesrolle

Bestanddele

1 bakkie sampioene
½ elk groen, rooi en geel soetrissie
1 ui
knoffel na smaak
Peppadews, fyngekap
30 ml (2 e) olie
100 g margarien, teen kamertemperatuur
125 ml (½ k) broodkrummels 
sout en peper na smaak
3 kg beeslies

Metode 

Kap die sampioene, soetrissies, ui, knoffel en Peppadews so klein as moontlik op.

Braai dit in die olie tot sag en laat afkoel. Meng die margarien en die afgekoelde sampioene-en-soetrissie-mengsel om ’n smeer te maak.

Voeg die broodkrummels by om alles te bind.

Dit moet ’n redelike stywe mengsel wees.

Geur met die sout en peper. Sny die beeslies sowat 15 x 25-30 cm.

Smeer die sampioenmengsel op die beeslies.

Begin dan oprol tot dit ’n mooi rol vorm.

Druk dan of tandestokkies in die vleis of gebruik tou wat nie gaan brand op die braai nie.

Jy kan ook ’n vleisnet gebruik. Draai die beesrol in foelie toe en plaas in die yskas om te rus.

Plaas die beesrol op die kole en draai elke 3-4 min vir sowat 10 min.

Haal die beesrol van die kole af en verwyder die foelie.

Plaas die beesrol op ’n rooster oor die kole en laat dit toe om lekker bruin te word.

Haal die beesrol van die kole af en laat dit sowat 5 min. rus voor jy dit voorsit.

Sit voor saam met sampioensous.

Foto's: Verskaf

Sampioensous

Bestanddele

1 pakkie sampioene, fyngekap
50 ml en 5 ml (1 t) margarien
sout en peper na smaak
1 pakkie sampioensoppoeier
125 ml (½ k) room

Metode 

Braai die sampioene ’n paar minute in die margarien.

Geur met die sout en peper.

Meng die sampioensoppoeier en die room.

Voeg by die sampioene en roer gedurig.

Indien die sous te dik is, gooi ’n bietjie melk by om die mengsel slap te maak.

Laat 5 min. prut.

Voeg 5 ml margarien by.

Geur met die sout en peper en sit voor bo-oor die beesrol.

Kasslertjops in ’n klewerige sous

Gerookte kasslertjops

Sous

Bestanddele

Worcestersous
heuning
sout en peper
soetsuur-sojasous

Metode

Meng al die sousbestanddele en laat die tjops 10 min. daarin marineer.

Braai die tjops 6 min. oor matige kole.

Haal die tjops van kole af en laat rus.

Sit voor saam met ’n bietjie van die marinade bo-oor gedruip.

Braaibolle

Vulsel

Bestanddele

100 g margarien
biltong, gerasper
soetbrandrissiesous

Bolle 

Metode 

winkeldeeg, uitgerol en in blokkies gesny
blokkies kaas
1 L room
2 pakkies Potato Bake
3 k kaas, gerasper

Metode

Meng al die vulselbestanddele.

Plaas ’n teelepel van die vulsel in die deeg gevolg deur ’n blokkie kaas.

Rol die deeg toe en vorm ’n bal. Bespuit ’n platboompot met kossproei.

Gooi ’n ½ koppie room onder in ’n platboompot en pak die deegbolle in die room.

Die bolle moet dig teen mekaar lê. Laat 10 min. rys. Meng die Potato Bake met 3 koppies room in ’n beker.

Gooi die roommengsel bo-oor die deegbolle. Plaas die pot sowat 20 min. op die kole.

Haal die pot van die kole af, strooi die kaas bo-oor en plaas die deksel terug op.

Plaas die pot weer op die kole en pak ’n bietjie kole bo-op die deksel.

Laat die kaas smelt.

Haal die pot van die kole af en sit voor saam met margarien.

Groenslaai

Bestanddele 

500 g babaspinasie
4-5 avokadopere
50 ml suurlemoensap
20 ml (4 t) olie
125 ml (½ k) mayonnaise
sout en peper na smaak
500 g skroefnoedels, gekook tot al dente en afgekoel
250 ml (1 k) soet pitmielies
250 ml (1 k) soet-ertjies
1 pakkie babatamaties, gehalveer

Metode

Plaas die babaspinasie, 2-3 van die avokadopere, suurlemoensap, olie, mayonnaise en sout en peper in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap.

Giet die mengsel oor die pasta en meng goed.

Voeg die mielies, ertjies en tamaties by.

Sny die res van die avokado in blokkies en voeg by die pastaslaai.

Geur met nog sout en peper en besprinkel met die oorblywende suurlemoensap.

Meng goed en sit voor.

Beetslaai

Bestanddele 

5-6 klein bete, gekook tot sag en afgekoel
5 ml (1 t) mielieblom
10 ml (2 t) water
15 ml (1 e) balsemieke asyn
4 kruiefetakaaswiele
sout en peper na smaak
jong blaarslaaiblare

Metode

Kap een beet fyn in ’n voedselverwerker en plaas in ’n kastrol.

Meng die mielieblom en water.

Giet die mengsel in die kastrol saam met die beet en laat prut tot dik.

Voeg die asyn by en giet die mengsel oor die beetblokkies.

Sny die fetakaas in klein blokkies en plaas in ’n bakkie apart van die beet.

Rangskik die blare op ’n bord.

Pak die koue beet op die blaarslaaiblare.

Krummel die fetakaas bo-oor die beet.

Geur met nog balsemieke asyn, sout en peper en sit voor.

Modderpoeding

Sous

Bestanddele 

250 ml (1 k) water
100 ml room
50 ml margarien
300 ml suiker
250 ml (1 k) kakaopoeier
45 ml (3 e) heuning
’n knippie sout 

Poeding

Bestanddele 

2 eiers
125 ml (½ k) olie
250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) kakaopoeier
250 ml (1 k) suiker
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) water
’n knippie sout

Sous

Metode 

Voeg al die bestanddele saam in ’n kastrol en plaas op ’n warm stoof.

Roer tot die suiker opgelos is.

Poeding

Metode 

Meng die olie en eiers.

Meng al die droë bestanddele afsonderlik.

Giet die oliemengsel by.

Voeg die water by en meng tot ’n slap deeg vorm.

Bespuit ’n platboompot met kossproei. Voeg die deeg in die platboompot.

Voeg dan die sous oor die deeg teen die kant van die pot.

Plaas die deksel op en plaas op die kole en laat stadig kook.

Toets om te sien of dit gaar is ná 20 min. (moenie die deksel oopmaak voor die 20 min. verby is nie).

Sit die poeding voor saam met roomys.

Roomys

Bestanddele 

1 blik ingedampte melk
500 ml (2 k) room
1 blikkie kondensmelk
15 ml (1 e) vanieljegeursel 
’n knippie sout

Metode 

Plaas 2 metaalbakke in die yskas.

In 1 bak klits jy die ingedampte melk tot styf en plaas dit dan 10 min. in die vrieskas.

In die volgende bak klits jy die room tot styf en plaas dit dan 10 min. in die vrieskas.

Haal die 2 bakke uit die vrieskas en meng albei in een bak.

Belangrik: Moenie dit klits nie. Vou dit by mekaar in.

Vou een blikkie kondensmelk en die vanieljegeursel by.

Skep in ’n bak en bêre in die vrieskas.

Haal die roomys 5 min. voor jy dit voorsit uit die vrieskas.

Gerlado en Vicky

Vicky en Gerlado

Ribbetjiesous 

Bestanddele 

125 ml (½ k) water
250 ml (1 k) karamelsuiker
½ bottel tamatiesous
1 bottel blatjang
5 ml (1 t) braaispeserye
30 ml (2 e) vleisspeserye
gerookte ribbetjies

Metode 

Verhit die water en suiker saam in ’n kastrol op die stoof.

As suiker opgelos is, laat dit afkoel.

Voeg die res van die bestanddele by.

Meng goed.

Gooi die ribbetjiesous bo-oor die gerookte ribbetjies en laat oornag in die yskas marineer.

Mielies

Bestanddele

1 pakkie mielies
botter
1 pakkie spek 
’n knippie sout

Metode 

Laat die mielies 20-30 min. kook en laat afkoel.

Besmeer goed met botter.

Draai die spek om die mielies en steek aan weerskante met tandestokkies vas.

Geur met sout.

Foto's: Verskaf

Slaai

Sous

Bestanddele 

250 ml (1 k) suurlemoensap
4-5 sakkies versoeter
5-6 t gewone suiker
’n knippie sout
’n knippie peper

Slaai

Bestanddele 

1 pakkie babatamaties
1 komkommer, in stukke gesny
1 fetakaas, in blokkies gesny
balsemieke asyn

Metode

Sous

Meng al die bestanddele saam en roer tot die suiker opgelos is.

Slaai 

Plaas die slaaistokkies in ’n bak en giet die slaaisous daaroor.

Laat dit in die sous marineer tot jy klaar gebraai is.

Sit voor saam met ’n bietjie balsemieke asyn.

Brood

Bestanddele 

2 patats, geskil
1 pakkie winkeldeeg
125 ml (½ k) koekmeel
olyfolie om die pan mee te smeer
sout na smaak
pietersielie, fyngekap
knoffel
botter

Metode 

Laat kook die patats tot gaar en laat afkoel.

Maak die soetpatat fyn en knie dit deeglik by die deeg in.

Verdeel die deeg in vier of ses ewe groot stukke.

Laat staan om te rys.

Sodra die deeg klaar gerys het, maak ronde balle en voeg ’n bietjie koekmeel by om die deeg stywer te maak sodat dit nie in die bak of jou hande vassit nie.

Plaas ’n pan op die vuur en smeer met olyfolie.

Sodra die pan warm is, vee die olyfolie uit en gooi ’n bietjie koekmeel in die pan.

Plaas die deegballe in die pan en druk dit met jou hand plat tot sowat 2 cm dik

. Hou in die vorm van ’n pizza.

Bly dit draai tot dit ligbruin is aan weerskante.

Meng die pietersielie en knoffel met die botter.

Sny die broodjie middeldeur en sit voor saam met die bottermengsel.

Lennard en Louisa

Lennard en Louisa

Knoffelaartappels

Bestanddele 

klein aartappeltjies
60 ml (¼ k) margarien
22,5 ml (1½ e) fyn knoffel

Metode 

Voeg al die bestanddele saam in ’n swart pot en kook eenkant op die vuur oor matige hitte sowat 1 uur of tot sag.

Die aartappels kan voor die tyd in die mikrogolfoond ’n bietjie sag gekook word.

Appelkoos-en-kerriehoendersosaties

Bestanddele 

5 ml (1 t) knoffel
5 ml (1 t) brandrissievlokkies
’n knippie komyn
’n knippie koljander
’n knippie gemmer
12,5 ml (2½ t) matige kerriepoeier
sout na smaak
1 middelslagui, in dun ringe gesny
4 kerrieblare
4 lourierblare
125 ml (½ k) suurlemoensap
125 ml (½ k) asyn
30 ml (2 e) olyfolie
60 ml (¼ k) blatjang
¼ rooi soetrissie, fyngekap
½ sprietui, fyngekap
125 ml (½ k) water
30 ml (2 e) heuning
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
Turkse droë appelkose

Metode 

Week sosatiestokkies in water in ’n bak en hou eenkant.

Voeg al die bestanddele buiten die hoender en appelkose in ’n kastrol en bring tot kookpunt.

Verwyder van die stoof en laat dit afkoel.

Ryg die hoenderblokkies en droë appelkose aan die sosatiestokkies.

Plaas in ’n marineerbak en giet die marinade oor.

Laat die sosaties oornag marineer. Haal die sosaties uit die marinade, giet die marinade in ’n kastrol en kook tot dik.

Gebruik dit as ’n smeersous terwyl jy braai.

Sit voor saam met jogurtsous.

Jogurtsous

Bestanddele 

250 ml (1 k) jogurt
50 ml suurroom
dille, gekap
1 sprietui, fyngekap
½ komkommer, dun gesny

Metode 

Meng al die bestanddele en sit voor saam met die hoendersosaties.

Foto's: Verskaf

Roompoffertjies op die vuur

Bestanddele 

vars aarbeie
skilferkorsdeeg
125 ml (½ k) suiker
1 blikkie spuitroom
200 g sjokolade van jou keuse
1 Flake-sjokolade

Metode 

Sny die stingels van die aarbeie af en halveer.

Plaas die aarbeie in ’n bak.

Strooi die suiker oor en plaas oornag in die yskas.

Druk vormpies uit op ’n laag skilferkorsdeeg en braai oor matige hitte op die vuur.

Wanneer die deeg gaar en bros is, laat dit afkoel.

Smelt die sjokolade en smeer op die vorm.

Skep ’n lepel vol van die aarbeie oor die vormpie.

Voeg spuitroom op en garneer met nog aarbei en fyngemaakte Flake-sjokolade.

Varksosaties met ’n soet doopsous

Bestanddele

Varknek

vars pynappelstukkies

Marinade 

Bestanddele 

1 middelslagui, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
1 blikkie fyn pynappel
60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
75 ml asyn
60 ml (¼ k) bruinsuiker
20 ml (4 t) heuning
Tabasco-sous
5 ml (1 t) sout

Metode

Doop die sosatiestokkies in water en los eenkant.

Voeg al die bestanddele vir die marinade in ’n kastrol en bring tot kookpunt.

Verwyder van die stoof en laat afkoel.

Sny die vark in blokkies en ryg aan die sosatiestokkies saam met die pynappel.

Plaas die stokkies in ’n marinadebak en giet die marinade oor.

Laat oornag in die yskas staan. Haal die stokkies uit die marinade.

Giet die marinade in ’n kastrol en kook tot dik.

Gebruik as ’n smeersous terwyl jy braai.

Sit voor saam met ’n mengsel van soetmosterdsous, kondensmelk en mosterd.

Giet die hoeveelheid mosterd wat jy gaan benodig in ’n bakkie en meng dit met ’n ¼ van die hoeveelheid kondensmelk en sit voor.