Adriaan en Liza

Adriaan en Liza
Adriaan en Liza Foto: Verskaf

V6-filetsteaks

Bestanddele

Steaks

Marinade

Bestanddele

Worcestersous

blatjang

suurlemoensap

Steak & Chops-speseryesout

Metode

Meng die bestanddele vir die marinade en laat die steaks ’n uur daarin lê.

Plaas die steak op die rooster en oor die kole en verf gereeld aan albei kante met die marinade.

Double clutch-skaaptjoppies

Bestanddele

Steak & Chops-speserye

Lamb-speserye

braaisout

Metode

Geur die tjoppies met die speserye en sout en braai tot so gaar as wat jy daarvan hou.

Adriaan en Lisa
Foto's: Verskaf

Wintie donuts

Bestanddele

Gebruik gekoopte oliebolle.

Metode

Breek karamelsjokolade in blokkies en smelt in bakkies op die rooster.

Sit voor saam met gekleurde strooisels.

Elkeen kan dan soveel sous en strooisels oor hul oliebolle gooi as wat hulle wil.

Brian en Nico

Nico en Brian
Nico en Brian Foto: Verskaf

Pastaslaai 

Bestanddele

500 g gaar spiraalnoedels 

250 ml (1 k) blatjang 

125 mI (½ k) asyn 

125 ml (½ k) oIie 

200 ml suiker 

30 ml (1 e) kerriepoeier 

sout en peper na smaak  

Metode

Meng die bestanddele buiten die noedels.

Giet die sous oor die warm noedels.

Laat afkoel en sit voor.

Potbrood 

Bestanddele

1 kg deeg cheddarkaas, gerasper

toebroodjieham, gesnipper

1 elk groen, rooi en geel soetrissie, in blokkies gesny

olie of botter Bovril

Metode

Meng al die bestanddele behalwe die Bovril en knie dit deur die deeg.

Maak ’n snit in die deeg en skep die Bovril in.

Plaas die mengsel in ’n broodpan en laat dit rys.

Plaas ses brikette onder die broodpan en ses bo-op en bak 45 min.

Nico en Brian
Foto's: Verskaf

Griekse slaai

Bestanddele

olywe 

tamaties 

komkommer 

slaaiblare 

soetrissie

olyfolie 

asyn 

fetakaas 

avokado 

sout en peper 

Metode

Meng alles en sit voor.

Mauritz en Frans

Frans en Mauritz
Frans en Mauritz Foto: Verskaf

Maklike snoek

Bestanddele

1 heel snoek

snoeksousie 

gesmelte botter

 knoffel, fyngedruk 

soet rissiesous

appelkooskonfyt 

visspesery

Metode

Meng al die bestanddele en verf die snoek mildelik hiermee terwyl dit oor die kole gebraai word. 

Speknoedelslaai

Bestanddele

1 pak pasta, gaargemaak

cheddarkaas, in blokkies gesny 

2 pakkies spek, gebraai en in blokkies gesny 

1 blik pitmielies 

blatjang gemeng met romerige pienk slaaisous

Metode

Meng alles en sit voor.

Mauritz en Frans
Foto's: Verskaf

Kondensmelk-braaibroodjie 

Metode

Smeer botter aan die buitekante van die snye brood.

Meng mayonnaise en kondensmelk en smeer op kant A van elke sny brood.

Meng blatjang en soet rissiesous en smeer op kant B van elke sny brood.

Pak tamatie en kaas op en braai die broodjies oor stadige kole.

Sjok-braaipoeding

Bestanddele

2 rolle skilferkorsdeeg 

Nutella

Caramel

Marshmallow Fluff 

Metode

Smeer die een rol deeg met NuteIla en karamel en die ander rol met Fluff.

Plaas die twee lae opmekaar en druk die kante toe met ’n vurk.

Verf geklitste eier oor die deeg.

Plaas op ’n toeknyprooster en braai tot gaar.