Fanie en Serelda

Mosselsop
Bestanddele

2 k mossels
1 blik klappermelk 
2 k melk
1 pakkie sampioensoppoeier
4 knoffelhuisies, fyn gekap
1 e olyfolie
swartpeper, na smaak
koljander

Metode

Braai die knoffelhuisies in die olie. Gooi die mossels by en braai tot gaar. Kook die mossels in die klappermelk. Meng die soppoeier met die melk en voeg by die mengsel. Laat die sop lekker dik kook. Vir garnering, gebruik vars koljander.

Sjokoladepoeding
Bestanddele

2 k suiker
1 koppie gesmelte botter
2 eiers
1 teelepel vanieljegeursel 
1 ½ k meel
4 t bakpoier
1 t sout
3 e kakao
375 ml melk

Metode 

Smelt die suiker en botter saam. Voeg die eiers en vanieljegeursel by. Roer tot dit romerig is. Voeg die droë bestanddele by. Voeg nou die melk by en bak 40 min. teen 180 °C. 

Sous
Bestanddele

1 k suiker
2 e kakao
1 k water

Metode

Kook alles saam tot dit gereed is en giet dan oor die gebakte poeding terwyl dit nog warm is. 

Peppermint Crisp-yskastert
Bestanddele

2 k room
1 houer maaskaas
1 blik karamel
1 x 80 g-Aero-sjokolade (die kruisement-geur), gerasper
1 x 80 g-Peppermint Crisp-sjokolade, gerasper
1 pakkie karamelpoeding
 1 pakkie Tennisbeskuitjies
 botter, gesmelt

Metode 

Klop die room tot styf. Voeg dan die maaskaas, karamel, Peppermint Crisp en karamelpoeding by. Klits tot dit romerig is. Skep dan die gekrummelde koekies (wat natgemaak is met die botter) bo-oor. Besprinkel met die Aero-sjokolade.

Leon & Freddie

Camembert-rolletjies
Bestanddele

1 pakkie suurdeeg
’n knippie sout
5 ml suiker
1 k water 
camembertkaas
sout, na smaak
peper, na smaak

Metode

Meng die suurdeeg, knippie sout, suiker en water saam. Knie die deeg, maak dit toe en laat dit rys. Sodra die deeg reg is, skei die deeg in vier aparte porsies en maak die deeg plat. Sny die camembert in kwarte en plaas die kwarte in die middel van die deeg. Voeg die sout en peper by, maak die camembertkaas toe met die deeg en laat dit rys. Sit die deegsakkies eenkant om te rys. Plaas die deegballetjies op die rooster oor matige kole en draai dit om op die rooster tot dit reg is. Die camembert sal gesmelt en taai wees aan die binnekant. 

Bessiesous 
Bestanddele

1 x 200 g-bakkie bloubessies
¾ koppie water
4 e suiker
knippie sout
suurlemoensap

Metode 

Plaas al die bestanddele in ’n souspan en verhit dit in ’n bak. Sodra dit na jou smaak gekook is, haal dit af en laat dit afkoel. 

Wildsvleis
Bestanddele

2 kg springbokfilette
4 knoffelhuisies
2 roosmaryntakkies
30 ml makadamia-olie 
sout
peper 

Metode 

Maal knuffel, roosmaryn, sout en peper fyn. Voeg die makadamia-olie by en smeer die springbokfilette met die speserymengsel. Braai oor matige kole tot gaar.

Lamtjops 
Bestanddele

8 lamtjops
3 knoffelhuisies
3 roosmaryntakkies
30 ml makadamia-olie
sout
peper

Metode

Maal knuffel, roosmaryn, sout en peper fyn. Voeg die makadamia-olie by en smeer die lamstjoppies met die speserymengsel. Braai oor matige kole tot gaar.

Sampioensous
Bestanddele

400 g sampioene, opgesny
5 e botter
1 takkie tiemie 
500 ml room
sout
peper

Metode 

Smelt die botter in ’n pan, voeg die sampioene by en sorteer liggies. Sodra die sampioene verbruin het, voeg die tiemie en room by. Geur met sout en peper soos verlang. Laat die room effens afkook en bedien. 

Geroosterde groente 
Bestanddele 

10 klein aartappels 
5 klein murgpampoentjies, opgesny 
5 skorsies, opgesny
5 botterskorsies, opgesny
4 wortels, opgesny 
250 g sampioene
1 soetrissies, opgesny
1 ui, opgesny
4 takkies tiemie
8 knoffelhuisies, ongeskil
15 ml makadamia-olie 
sout
peper

Metode 

Kap al die groente fyn. Plaas al die opgesnyde groente in ’n aluminumpasteipan. Bedruip met makadamia-olie en geur met sout, peper en tiemie. Bedek die pan toe met foelie en plaas dit oor die kole. Bak of stoom dit tot die groente sag is, sowat 25 min. 

Slaai-op-’n-stokkie
Bestanddele

olywe
ui
babatamaties
geel soetrissie 
komkommer

Metode 

Sny al die bestanddele in klein stukkies en gebruik ’n skiller om die komkommer in repies te sny. Ryg alles aan ’n sosatiestokkie. 

Melktertjaffel
Bestanddele

1 liter melk
½ koppie suiker
2 eiers
1 t vanieljegeursel 
’n knippie sout
2 e meel
5 ml kaneel
8 snye witbrood

Metode 

Voeg die melk, suiker, vanielje, sout en kaneel saam in ’n souspan. Voeg dan ’n bietjie koue melk by die eiers, klits dit deeglik en voeg dit by die melk. Voeg meel by om te laat verdik. Laat die mengsel kook. Haal dit van die stoof om af te koel. 
Smeer botter aan albei kante van die brood. Plaas een snytjie in ’n jaffelmaker. Voeg sowat 2 e van die vulsel by en plaas dan die ander snytjie brood bo-op. Maak die jaffelmaker en verwyder die oorblywende brood en plaas die jaffel op die vuur. Braai tot die brood goudbruin word. 

Ricardo en Mariska

Surf
Bestanddele

2 geelstertfilette 
1 groen soetrissie, fyn gekap
1 geel soetrissie, fyn gekap
1 rooi soetrissie, fyn gekap

Sous
Bestanddele

gesmelte botter 
appelkooskonfyt 
gekneusde knoffel 
gemengdekruiespeserye 
peper

Metode

Neem al die bestanddele vir die sous, voeg dit alles saam in ’n bak en meng dit goed deur. Verf die geelstert met die sous, maar moenie al die sous gebruik nie; hou ’n bietjie opsy. Braai die filette op die rooster. Draai dit gereeld om en verf dit met die sous terwyl dit braai. Haal die geelstert van die rooster af sodra dit na jou sin gereed is.

Turf
Bestanddele

300 g lende-steak 
steak-en-tjops-speserye 

Metode 

Geur die lende-steak met die speserye en braai dit oor matige kole tot gaar. 

Patatgereg
Bestanddele

patat, in ringe gesny
olyfolie
cheddarkaas, gerasper 
avokado, in skywe gesny
suurroom 
tamatie, fyn gekap
uie, fyn gekap

Metode 

Bak die patat op die vuur tot dit gaar is. Besprinkel die patat met cheddarkaas en braai tot dit gesmelt het. Sit die res van die bestanddele lagie-vir-lagie op die patat. Haal die patat van die vuur af en sit voor.

Botterskorsiegereg
Bestanddele 

botterskorsie, in blokkies gesny
olyfolie
knoffelspeserye
bosbessies, in wyn gelê
fetakaas, gekrummel
pietersielie, fyn gekap

Metode 

Sny die botterskorsie in blokkies en geur dit met die olyfolie en knoffelspeserye. Bedek dit met tinfoelie en braai dit op die vuur. Sodra dit klaar gebraai is, plaas die bosbessies, fetakaas en pietersielie bo-op die botterskorsie. Sit voor en genoeg dit.