Derick en Runel


Varkvlegsels
Bestanddele

ontbeende varkrib, in repe gesny
speserye van jou keuse

Metode

Vleg die varkrepe in ’n vlegsel en steek die punte vas met tandestokkies.
Besprinkel met speserye van jou keuse.
Braai oor warm kole tot gaar.

Botterskorsieslaai
Bestanddele

roketblare
1 botterskorsie, geskil, in stukke gesny en gebraai
spekstukkies, gebraai
fetakaas
pampoenpitte, gerooster (sien resep hieronder)

Metode

Meng die bestanddele in ‘n slaaibak.

Geroosterde pampoenpitte
Bestanddele

pampoenpitte
botter
bruinsuiker

Metode

Gooi die pampoenpitte in ’n pan saam met die botter en braai tot mediumgaar.
Strooi ‘n bietjie bruiksuiker oor en braai die pitte tot goudbruin.

Gevulde beesborsrol
Bestanddele

Vleis
ontbeende beesborsstuk
sap van 3 pynappels
Vulsel
broodkrummels
fetakaas
pikantrissies
sampioene
uie, fyngekap
speserye van jou keuse
olie

Metode

Vleis Laat lê die borsstuk oornag in die pynappelsap.
Haal die geweekte borsstuk uit die pynappelsap en druk droog.
Smeer albei kante met speserye en laat staan vir ’n paar uur.
Vulsel Meng al die bestanddele vir die vulsel saam.
Smeer die vulsel egalig oor die vleis.
Rol die borsstuk styf op en gebruik ’n slaghuisrekkie om dit bymekaar te hou.
Draai dit toe in tinfoelie en plaas op ’n rooster oor medium hitte. Braai vir sowat ’n uur en ’n half en draai gereeld.

Lemoennagereg
Bestanddele

gekoopte sjokoladebruintjie-mengsel
6 lemoene
room
gekleurde strooisels

Metode

Maak die sjokoladebruintjie-mengsel aan volgens die aanwysings op die pakkie.
Sny die bokant van elke lemoen af en hou die bokant as doppies.
Haal die binnegoed van die lemoene uit.
Skep die bruintjiemengsel in die uitgeholde lemoene. Maak die lemoene net ¾ vol.
Plaas die dekseltjie van elke lemoen terug en draai die lemoene toe in tinfoelie.
Plaas op die braairooster en bak tot gaar vir sowat 30 tot 40 minute oor medium hitte.
Haal van die vuur af en laat dit afkoel.
Versier met room en strooisels.

Gerhard en Julene


Kreefstertjies met spek
Bestanddele

kreefstertjies
repies spek
soetbrandrissiesous
mayonnaise

Metode

Kook die kreefstertjies vir vyf minute, dop af en verwyder die derm. 
Draai repies spek om elke stert en ryg op sosatiestokkies.
Plaas die sosaties in kookwater sodat die spek kan seël. 
Plaas op ‘n rooster, verf met ‘n mengsel van soetbrandrissiesous en mayonnaise en braai tot spek gaar is.

Mossel-happies
Bestanddele

1 ui, fyngekap
2 e botter
’n klein bietjie olie
1 e knoffel
swartmossels, uitgedop
swartpeper
visspeserye
smeerkaas
mozzarellakaas, gerasper
gemengde kruie

Metode

Braai die ui in die botter en olie. 
Voeg die knoffel en die mossels by en braai vir so vyf minute.
Besprinkel met swartpeper en visspeserye. 
Skep smeerkaas op die bodem van elke skulp en voeg die ui-en-mosselmengsel bo op. 
Strooi mozzarellakaas oor en besprinkel met kruie. 
Plaas die skulpe op die rooster tot die kaas gesmelt is.

Potbrood
Bestanddele

broodmeel
1 pakkie kitsgis
louwarm water

Metode

Gebruik soveel meel soos vir een brood aangedui word op die pakkie. Meng al die bestanddele saam en knie tot ’n gladde deeg gevorm het.
Laat staan die deeg om te rys. 
Knie af en sit in ’n gesmeerde pot met kole onder en bo-op die deksel.
Bak vir so 45 minute.

Beet-en-fetaslaai
Bestanddele

gaar beet
roketblare
fetakaas
slaaisous van jou keuse

Metode

Meng die beet, roketblare en fetakaas en bedruip met slaaisous.

Sagopoeding met vla
Bestanddele

2 k sago 
1 liter melk 
1 k suiker
2 eiers, geskei 
knippie sout
vlapoeier
meel
1 k water
appelkooskonfyt

Metode

Meng die sago en een koppie melk saam en laat dit vir 15 minute kook. 
Voeg die orige melk en die suiker by. Kook nog  10 minute en roer elke drie minute. 
Meng  die eiergele, sout, vlapoeier, meel en water saam en voeg die sagomengsel by. Kook vir 15 minute.
Klits die eierwitte styf. Vou die eierwit by die mengsel in en kook verder vir vyf minute. 
Sit vier groot eetlepels appelkooskonfyt bo-op die poeding. Sit warm of koud voor.

Michelle en Henri


Een-koppie-malvapoeding
Bestanddele

1 eier
1 e botter of margarien
1 k koekmeel
1 k melk
1 k suiker
1 t koeksoda
1t appelkooskonfyt

Metode

Bespuit ’n pot met kossproei of smeer met olie. 
Klits die eier en botter saam en voeg daarna die res van die bestanddele by. 
Bak dit vir 25 minute oor die vuur.

Sous

¼ k botter of margarien
½ k melk
½ k suiker
½ k kookwater
1t vanielje-aftreksel
Smelt al die bestanddele saam en gooi oor die gebakte poeding.


Mich se tuisgemaakte vla op die kole
Bestanddele

2 k melk
1 t vanielje-aftreksel
4 groot eiergele
2 t mielieblom
3 t suiker

Metode

Gooi die melk en vanielje-aftreksel saam in ’n klein potjie. 
Plaas dit direk op die warm kole. Laat dit baie warm word.
Plaas dan die eiergele, mielieblom en suiker in ’n aparte bakkie en klits tot alles deurgemeng is.
Gooi daarna die vuurwarm melkmengsel by die eiermengsel en klits aanhoudend.
Wenk: Staan en roer maar daai potjie anders skif die hele mengsel.

Panna cotta
Bestanddele

300 ml room
250 ml volroommelk
50 g strooisuiker
1 vanieljepeul
10 ml gelatienpoeier
50 ml water

Metode

Plaas die room, melk, suiker en vanielje in ’n potjie en maak stadig warm op die oondplaat tot die suiker opgelos is.
Haal dadelik van die hitte af en laat staan eenkant.
Gooi 50 ml koue water in ’n mikrogolfoondbakkie en gooi die gelatien bo-oor.
Los die gelatienmengsel vir ’n paar minute, sodat ’ n “spons” bo-op vorm.
Plaas die gelatienmengsel vir ‘n paar sekondes in die mikrogolfoond tot die mengsel “smelt”.
Gooi dit in die melkmengsel en roer.
Verdeel die mengsel in ses wynglase of klein bakkies en plaas dit oornag in die yskas.

Henri se hoenderskilpadjies
Bestanddele

hoenderdytjies
netvet
brandrissie- of braaispeserye

Metode

Ontbeen die hoenderdytjies. Gebruik net die vleisgedeeltes.
Koop by jou slagtery skoon netvet en sny dit in blokkies wat groot genoeg is om die hoender binne-in toe te draai.
Sit ’n blokkie netvet neer en sit ’n stukkie hoender in die middel van die netvet. Geur met speserye.
Draai toe sodat die hoender heeltemal in die netvet versteek is (soos ‘n wasgoed bondeltjie) en steek ’n tandestokkie deur om te verhoed dat dit oopgaan op die kole.
Braai stadig oor ‘n lae hitte tot die hoender gaar is en die vet uitgebraai het. 

Henri se skroefpastaslaai
Bestanddele

500 g skroefnoedels
1 komkommer 
1 sakkie ontpitte olywe
3 groot vars tamaties
fetakaas (opsioneel)
1 bottel Griekse slaaisous
sout en swartpeper 

Metode

Kook die noedels soos aangedui op die pakkie. Spoel af en laat staan eenkant om af te koel.
Sny die komkommer in klein blokkies.
Sny ook die tamaties in klein blokkies.
Dreineer die olywe.
Meng daarna al die bestanddele saam en gooi die hele bottel slaaisous oor jou pasta. 
Gooi sout en peper oor na smaak.
Krummel die fetakaas oor en laat staan in die yskas.
Meng baie goed voor bediening. 

Mich se groenslaai-met-’n-braai-twist 
Bestanddele

3 mielies
1 pakkie gemengde slaaiblare 
1 klein bakkie mini-tamaties, gesny
1 komkommer, in blokkies gesny
1 groot rooi-ui, gekap
1 pakkie spruite
3 avokado’s, in blokkies gesny
koljanderblare

Metode

Braai die mielies op die kole op ’n lae hitte tot dit gaar is en rondom ’n lekker kleur is. Sodra die mielies effe afgekoel het, kerf dan die stronke skoon.
Meng al die bestanddele en sit voor met ’n lekker romerige slaaisous.

Mich se slaaisous
Bestanddele

¼ k witasyn
1 eier
3 eiergele
2 t suiker (opsioneel)
bossie pietersielie, skoon gewas
1 k olyfolie
sout en peper of cayenne-peper

Metode

Meng alles behalwe die olie en sout en peper in ‘n voedselverwerker.
Gooi dan die olyfolie bietjie vir bietjie in tot die sous dikker raak. Gooi dan sout en peper na smaak by.
Gooi in bottels en los in die yskas.
Die sous sal dikker word in die yskas. Dit is erg romerig en lekker!