Gert en Suzette

Suzette en Gert

Gevulde filet
Bestanddele

1 groot filet
murg
kaas
speserye van jou keuse
olyfolie
soetbrandrissiesous
repies spek
tinfoelie

Metode

Sny die filet oop en vul dit met murg, kaas en speserye.
Maak die filet toe en smeer dit met olyfolie en soetbrandrissiesous.
Draai die filet toe in spek.
Draai dit dan toe met tinfoelie en plaas dit op ’n rooster oor die vuur tot gaar.
Haal die foelie af en braai tot die spek bruin word.

Marinade vir die filet
Bestanddele

½ k olyfolie
vars tiemie
2 tiemieblare, van die stokies afgehaal
1 suurlemoen se skil
1 suurlemoen se sap
sout en peper, na smaak
1 e heuning

Metode

Meng al die bestanddeel en vryf dit goed oor die filet. Laat die filet via drie tot vier ure marineer.

Lekker ouma-poeding
Bestanddele 

Romany Creams, drie per persoon
perskeskywe, drie per persoon
perskesous uit die blik
vla

Metode

Meng die bestanddele en verdeel dit blikbekers (een per gas) en plaas dit op die vuur tot dit tot ’n heerlike sjokaladegereg gesmelt is.
Dit behoort sowat 10 min. te vat.

Beet-en-bokmelkkaas-slaai
Bestanddele

klein beetjies
olyfolie
sout en peper, na smaak
½ suurlemoen se sap en skil
tinfoelie
blaarslaai
bokmelkkaas
grondboontjie- of kasjoe-broslekkers (brittle)
kaalgatperskes, vye of ander vrugte van jou keuse
slaaisous van jou keuse
pampoenpitte

Metode

Skil die klein beetjies en pak in die foelie. Geur die beetjies met olyfolie, sout en peper, suurlemoensap en -skil. Draai die beetjies toe en bak sowat 30 min. in die kole of tot dit sag en gaar is.
Pak die blaarslaai in ’n slaaibak en rangskik die heelbeet op die blaarslaai. Voeg die bokmelkkaas en broslekkers by. Sny skywe van jou gekose vrugte op en voeg by.
Gooi slaaisous oor in ’n spuitbotteltjie en spuit oor slaai.
Rooster die pampoenpitte en gooi dit heel laaste oor.

Knoffel-mayonnaise vir die slaai
Bestanddele

1 knoffelbol
olyfolie
sout en peper
tinfoelie
½ k mayonnaise
½ k jogurt
½ k suurroom
½ k melk
sout en peper
suiker (opsioneel)
2 e grasuie, fyn gekap

Metode

Sny die knoffelbol middeldeur en gooi olyfolie en sout en peper oor. Draai dit toe in foelie en bak 15 minute in die oond teen 180 oC of in die kole.
Druk die knoffel uit wanneer dit sag is.
Vermeng die knoffel saam met die mayonnaise, jogurt, suurroom, melk, sout en peper in ’n versapper tot glad. Jy kan ’n bietjie suiker bygooi as dit te suur is. Sit 2 e gesnipperde grasuie by, anders is dit te bleek.

Nico en Karen

Karen en Nico

Gevulde beenmurgfilet met bloukaas-en-biltongsous
Bestanddele

20 beenmurgbene
500 g shiitake-sampioene, fyn gesny
1,5 kg beesfilet
40 g botter
sout en peper
gemengde speserye na smaak
knoffel

Metode

Verhit die murgbene in kookwater in ’n braaipan tot sag.
Braai die sampioene in botter en geur met sout, peper en knoffel.
Verwyder die murg uit die bene en voeg by die sampioene.
Maak ’n holte in die vleis met ’n houtlepel en mes.
Plaas die beenmurg-en-sampioenmengel in die holte van die vleis.
Geur die vleis met speserye aan die buitekant.
Braai die filet oor vuurwarm kole soos verlang.

Bloukaas-en-biltongsous
Bestanddele

½ ui, fyn gesny
1 L room
200 g bloukaas, gekrummel
100 g biltong
sout en peper

Metode

Sny die uie fyn en braai tot sag.
Voeg die room by en verhit.
Sprinkel die gekrummelde bloukaas in die mengsel.
Sprinkel die biltongstukkies in die mengsel.
Geur met sout en peper na smaak.

Bonkige groente
Bestanddele

sampioene
rooi-uie
broccoli
pampoentjies
baba-aartappels
botterskorsie
olyfolie
groentespeserye

Metode

Verhit die oond tot 180 oC. 
Plaas die groente in ’n oondbak.
Sprinkel die olyfolie oor die groente.
Geur die groente met speserye.
Plaas in die oond en bak 30–35 min. tot sag.

Knoffelbroodjie
Bestanddele

lang Franse brood
Melrose-kaassmeer
spek
vars pietersielie, fyn gekerf
knoffel

Metode

Sny die Franse brood in snye van 5 cm breedte, nie reg deur nie.
Braai die spek.
Smeer die brood met Melrose-kaassmeer.
Plaas die spek en knoffel op die broodjie en geur met peper.
Braai oor die kole tot die broodjie regdeur verhit is.
Besprinkel met pietersielie.

Tamatie-en-mozzarellaslaai
Bestanddele

geel en rooi tamaties
mozzarellakaas
olyfolie
balsemieke asyn
vars basilieblare

Metode

Sny die tamaties en mozzarellakaas en plaas albei in slaaibak.
Meng die olyfolie, balsemieke asyn, sout en peper goed.
Sprinkel die sous oor die tamatie-en-mozzarellamengsel.
Sprinkel die basilieblare oor die slaai vir kleur en smaak.

Sjokoladepoeding met roomys en vla
Sjokoladepoeding
Bestanddele

¾ k meel
½ k suiker
½ k kakao
1 t bakpoeier
? k melk
1 t vanielje
2 e olie

Sous
Bestanddele

? k bruinsuiker
¼ k kakoapoeier
1¼ k warm water

Metode

Voorverhit die Weber tot 180°.
Sif die meel, suiker, kakaopoeier en bakpoeier saam.
Gooi die melk, olie en vanielje by en meng goed.
Vir die sous: Kombineer die bruinsuiker, kakaopoeier en warm water.
Gooi bogenoemde mengsel oor die poedingbeslag, maar moenie roer nie.
Bak 20–25 minute en sit warm voor.

Vla

3 eiergele
3 opgehoopte lepels Maizena
500 ml melk
1 t vanielje-ekstrak
? k suiker

Metode

Verhit die melk, vanieljegeursel en suiker.
Klits die eiergele en |Maizena saam en voeg saam met die melkmengsel.
Roer die mengsel geleidelik tot dit dik raak. Hou die hitte matig.

Wouter en Sanmarie Van der Berg

Wouter en Sanmarie

Gemarineerde Steak
Bestanddele

60 ml olyfolie
60 ml sojasous
60 ml balsemieke asyn 
60 ml worcestersous
2 kg steak

Metode

Meng die olyfolie, sojasous, asyn en worcestersous. Laat die steak minstens ’n dag lank voor die braai in die marinade lê. 
Wanneer jy die steak braai, draai dit gereeld om.
Braai tot gaar en sit voor.

Quinao-mengelslaai
Bestanddele

1 k (250 g) quinoa
2 e opgesnipperde pikantrissies (Peppadews) 
½ k fetakaas, gekrummel
1 k spek-biltong, gesnipper
1 k heuning-mosterdsous

Metode

Kook die quinoa in 2 k water tot water weggekook het. Laat dit afkoel.
Meng al die bestanddele en sit voor.

Gebakte Appel
Bestanddele

2 appels per persoon
bruinsuiker, na smaak
botter, na smaak
ongeklitste room, na smaak

Metode

Ontkern die appels en vul met botter en kaneelsuiker.
Strooi ook kaneelsuiker bo-oor al die appels.
Giet dan ook die room bo-oor en om die appels, als na smaak.
Kook 30 min. in dik gietyster pot op warm kole; sit verkieslik ook van die kole op die pot se deksel (pasop vir die as – dek die binnekant van die pot met foelie, indien nodig)

Roosterkoek
Bestanddele

2 k (500 ml) bruismeel 
½ t (2,5 ml)  sout 
2 e (30 ml) suiker
2 e (30 ml) botter of olyfolie 
200 ml water

Metode

Sif al die droë bestanddele saam.
Meng die botter of olyfolie daarby.
Voeg water by.
Vorm roosterkoekies met die hand (gebruik meel indien aan die hande vassit).
Braai op rooster en draai dikwels om.

Gevulde sampioene
Bestanddele

sampioene
1 e roomkaas
1 e biltongpoeier
gerasperde kaas
gekapte sprietuie
swartpeper, na smaak

Metode

Braai die sampioene vooraf sowat 5 min.
Vul met die res van die bestanddele en braai nog op die rooster tot als gesmelt het en gaar.

Groentestokkies
Bestanddele

murgpampoentjies
rooi- en geelsoetrissies
halloumikaas
rooi-uie
vlapampoentjies (patty pans)
roosmaryntakkies

Metode

Ryg al die bestanddele saam aan sosatiestokkies.
Terwyl dit braai, verf dit gereeld met ’n mengsel van olyfolie en balsemieke asyn.