Hein en Leandi

Leandi en Hein

Hamburger

Bestanddele

6 broodrolletjies van jou keuse
2 kg gemaalde mengsel van beesvleis (70% vleis en 30% vet)
sout na smaak 
gemaalde swartpeper (na smaak) 
30 ml 92 e) worchestersous 
vars pietersielie (hand vol, fyngekap)
50 g gruyere (gerasper)
50 g raclette (gerasper)

Metode

Kombineer al die bestanddele behalwe die kaas. Maak seker dat die frikkadelle 2 cm in dikte is. Plaas ’n bietjie van albei kase in die middel van elke frikkadel.

Druk die frikkadelle platterig sodat dit in ’n broodrolletjie sal pas.

Plaas die vleis in die yskas vir sowat 6 uur. Maak seker dat die bak met kleefplastiek bedek is. Garneer die frikkadelle met sout en peper voor hulle op die braai gaan.

Braai oor matige kole. Smeer elke frikkadel met botter voor die vleis van die kole verwyder word.

Vir die broodjie

Bestanddele 

60 ml (4 e) mayonnaise 
2 tamaties (in dun repies gesny) 
30 ml (2 e) mosterd
1 kop blaarslaai (in kleiner stukke geskeur)

Metode

Sny die broodjies middel-deur. Smeer een helfte van elke broodjie met mayonnaise en mosterd. Plaas dan blaarslaai en tamatie op elke broodjie en plaas die gaar frikkadel bo-op die die broodjie. Vou elke hamburger toe en sit dadelik voor.

Gebraaide patatskyfies

Bestanddele 

6 patats
sout 
macadamianeut-olie 
vars roosmaryn, na smaak 
sout en peper, na smaak
knippie tiemie

Metode

Skil die patas. Kook in kookwater tot dit 80% gaar is. Laat dit afkoel en marineer met die kruie en die macadamieneut-olie. Braai die patas oor die kole tot hulle gaar is.

Spek-en-sampioensous

Bestanddele

1 pakkie spek (gesnipper) 
60 ml (4 e) bourbon
2 groot sampioene, in witwyn gemarineer
botter, na smaak 
sout en peper, na smaak 
30 ml (2 e) macadamianeut-olie 
125 ml room

Metode

Marineer die spek oornag in die bourbon.

Dreineer alle vloeistof van die sampioene en die spek.

Marineer die sampioene in macadamianeut-olie, sout en peper.

Voeg rooipeper by vir ’n addisionele skop!

Braai die spek en die sampioene oor matige kole.

Die olie moet oor die kole drip en vlamme maak.

Verwyder die sampioene sodra hulle kante begin omkrul.

Verwyder die spek sodra dit gaar is. Kap die sampioene en die spek in fyn stukkies.

Voeg die stukkies in ’n pan en voeg die room by.

Voeg sout en peper by.

Roer die sous tot dit verdik het en sit dit dadelik voor.

Voeg gerus meer wyn of knoffel by om ’n sterker sous te vorm.

Croissant-koekie

Bestanddele 

500 g tuisgemaakte meel: fyn amandels, macadamianeute, sonneblomsade, hawermout, gluten, kitsgis, sout, xylitol en water. Vervang gerus jou resep met normale meel. 
1 kg We love Low Carb-deeg 
333 g botter

Metode

Meng die droë bestanddele met die botter.

Rol die deeg dunnerig uit.

Sny driehoeke uit en rol tot die croissant vormpies vorm.

Braai die vormpies oor lae kole.

Bedien dadelik.

Bedien met die roomys van jou keuse.

Herman en Natasha 

Herman en Natasha

Noedel-en-kaasslaai

Bestanddele

1 pak klein pasta
125 ml kaas van jou keuse, in klein blokkies gesny
1 rooi-ui, gekap
halwe pakkie spek, gesnipper
10 agurkies, in blokkies gesny
4 k mayonnaise
60 ml (4 e) kondensmelk

Metode

Kook pasta tot gaar en sit eenkant.

Braai uie en spek en voeg by die pasta – laat dit dan afkoel.

Voeg die blokkies kaas en agurkies by.

Meng mayonnaise en kondensmelk saam en voeg by pasta – roer goed deur.

Sout en peper na smaak

Braaibroodjies

Bestanddele

6 worsbroodjierolletjies
botter na smaak
growwe knoffel
7-9 pikantrissies, fyn gekap
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasperde
60 ml (4 e) biltongpoeier

Metode

Sny elke rolletjie dwars eweredig half oop.

Meng die botter, knoffel, pikantrissies en biltongpoeier.

Smeer genoeg tussen elke sny in elke rolletjie en dan bo-op ook.

Plaas genoeg gerasperde kaas in elke sny.

Draai elke rolletjie apart in foelie toe en braai dan so op vuur.

Gemarineerde beesfilet

Bestanddele

2 kg bees fillet (genoeg vir 6 mense)
beesvet (na smaak)
30 ml (2 e) groen pesto
30 ml 92 e) sondroëtamatie-pesto
braaispeserye (na smaak)
sout en peper na smaak

Metode

Sny filet oop en sit vet oral in.

Smeer groen pesto en sondroëtamatie-pesto in.

Vou filet toe en bind vas met toutjies.

Geur met speserye, sout en peper en draai in foelie toe.

Los die vleis oornag in die yskas.

Braai dan ’n halfuur in foelie op kole – draai kort-kort.

Haal uit foelie en braai elke kant hoogstens 5 min.

Pannekoeke met ’n twist

Bestanddele

1 klein pakkie droëperskes (in repies gesny)
1 k rum van jou keuse
15 ml (1 e) bruin suiker
’n halwe blikkie karamel
250 ml (1 k) room

Metode

Gooi rum en suiker in bakkie en meng.

Voeg perskes by en laat ’n paar uur week tot die perskes uitswel.

Gooi in kastrolletjie en laat 10 min. prut – laat dit dan afkoel.

Klits room en kondensmelk saam.

Sit 1 e perskes in die middel van die pannekoek en skep ’n bietjie roommengsel oor.

Vou pannekoek toe en skep nog room mengsel bo-oor.

Pannekoeke

Bestanddele

250 ml (1 k) koekmeel
knippie sout
2,5 ml bakpoeier
2 eiers
250 ml (1 k) melk
250 ml (1 k) water
15 ml (1e) olie

Metode

Sif die droë bestanddele saam.

Klits die eier en voeg melk en water om die beurt by.

Bak op plaat in ’n kleefvrye pan.

Pannekoek is gaar wanneer borrels op die oppervlak verskyn.

Verwyder die pannekoeke wanneer hulle gaar is en plaas hulle eenkant tot jy die nagereg wil voorsit.

Tony en Natalie 

Tony en Natalie

Oopgevlekte hoender

Bestanddele  

1 hoender, oopgekerf langs die ruggie af

Meng en ontdooi

45 (3 e) botter
10 ml (2 t) speserye van jou keuse geskik vir hoender
10 ml (2 t) gekerfde, vars knoffel
’n hand vol gekerfde kojander

Metode

Vryf die hoender met die speserye in en plaas die hoender oor matige kole.

Braai weerskante tot die hoender geurig en gaar is. 

Banting-paptert

Bestanddele 

1 blikkie tamatie-en-uie smoor
1 pakkie blomkoolrys, gaargemaak volgens die aanwysings op die plekke
½ pakkie sprietui-roomkaas 
1 k (250 ml) gaar spek (gesnipper)
1 k (250 ml) gerasperde mozzarella

Metode

Meng die spek en die smoor.

Roer die blomkool en die roomkaas by.

Pak lagies van die blomkoolrys en smoormengsel in die bak.

Strooi die kaas oor die gereg en plaas dit in die oond tot die kaas lekker smelt.

Sit dadelik voor.

Gebakte roomkaas-koek

Bestanddele 

250 ml (1 k) room
4 eiers 
250 ml (1 k) xylitol
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 houer roomkaas
75 ml suurroom

Bestanddele vir versiering

gemengde bessies
125 ml xylitol
250 ml (1 k) room

Metode

Klits die roomkaas, suurroom, xylitol en vanieljegeursel saam.

Voeg die eiers een-een by.

Klits 1 min. vir elke eier.

Vul koppies of oondbak met vulsel en bak 40 min.

Vir die versiering

Klits die bessies, room en xylitol saam.

Sodra die kaaskoek uit die oond kom, laat afkoel en versier die koek met die bessie/room sous.