Ben en Marlene

Marlene en Ben

Gebraaide hoender

Bestanddele 

hoenderboudjies en dye (genoeg vir 6)
45 ml (3 e) hoenderspeserye 
30 ml (2 e) braaispeserye
250 marinade (volgens eie smaak)
sout en peper na smaak

Varkfilet met mosterddoopsous

Bestanddele 

1 varkfilet (genoeg vir 6)
1 fles basiliekruidpesto 
1 houer roomkaas 
sout en peper na smaak 
1 fles ingelegde soetrissies 
30 ml (2 e) worcestersous 
1 pak spek (repies)

Metode

Sny filet oop, smeer met die roomkaas aan een kant en pesto aan die ander kant. Vul die vleis met peppadews en fetakaas.

Geur met sout en peper, en verf worcestersous oor.

Draai toe in ’n repie spek. Braai oor matige kole tot gaar. Maak seker die spek is krakerig om die buitekant gebraai.

Mosterdsous

Bestanddele 

¼ k suiker
¼ k melk
¼ k witwynasyn
30 ml (2 e) droë mosterd
1 eier
knippie sout
30 ml (2 e) botter

Metode 

Breek eier in die boonste gedeelte van ’n dubbelkoker.

Klits tot goed gemeng. Voeg suiker, melk en mosterd by en meng goed.

Kook oor stadige hitte tot suiker en mosterd opgelos het. Roer af en toe.

Voeg asyn by en hou aan kook tot die sous verdik. Verwyder van hitte en voeg botter en sout by.

Hou in yskas tot benodig.

Ciabattabrood

Bestanddele 

1 heel ciabatta 
1 houer salmroomkaas 
1 soetrissies (fyngekap)
sout en peper na smaak 
30 ml (2 e) basiliekruidpesto
6 agurkies (fyngekap) 
100 g mozzarellakaas (gerasper, soos benodig)
30 ml (2 e) soetrissiesous
halwe ui (fyngekap)

Metode

Sny die brood oop. Smeer een kant met roomkaas, en voeg soetrissiesous by. Smeer ander kant met pesto en vul dan die brood met mozzarellakaas, uie en agurkies. Braai die brood oor matige kole tot krakerig. Die kaas moet gesmelt wees voor dit opgedien word.

Pannekoek

Bestanddele 

500 ml (2 k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
2 eiers
2,5 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) olie
37 ml (2 ½ e) asyn
500 ml (2 k) water

Metode

Sif droë bestanddele.

Meng res van die bestanddele en roer stadig by droë bestanddele.

Klits baie goed.

Voeg ’n klein bietjie olie by vir die eerste pannekoek en dan nie weer nie.

Maak ongeveer 10 pannekoeke.

Vul die pannekoeke met opgesnyde piesang en karamel.

Vou die pannekoeke op en sit voor met room en sjokoladesous.

Sjokoladesous

Bestanddele

250 ml (1 k) suiker 
125 ml (½ k) water 
’n knippie kremetart
knippie sout
60 ml (4 e) kakao
15 ml (1 e) botter
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

Metode

Kook die suiker, water, kakao en kremetart vir ongeveer 5 min. saam. Roer die botter in en laat die mengsel effens afkoel. Voeg die geursel by. Sit voor saam met die sous.

Charl en Leandri

Charl en Leandri

Marokkaanse hoendermarinade

Bestanddele 

12 gemengde hoenderstukke (volgens eie smaak en genoeg vir 6)
125 ml olie
125 ml suurlemoensap 
10 ml (2 t) komyn, fyn
10 ml (2 t) koljandersaad, fyngemaal
10n ml (2 t) paprika 
5 ml (1 t) kaneel 
30 ml (2 e) heuning 
5 ml (1 t) sout 
1-2 rooi rissies, fyngekap

Metode

Kombineer die bestanddele en giet dit oor die hoender.

Vryf die mengsel in die hoender ongeveer 30 minute lank en laat die hoender 24 uur in die marinade lê.

Gemarineerde blouwildebees-steak

Bestanddele 

blouwildebees-steaks (genoeg vir 6)
250 ml olyfolie 
hand vol vars pietersielie 
15 ml (1 e) suurlemoensap 
15 ml (1 e) balsemieke asyn 
15 ml (1 e) sojasous 
15 ml (1 e) bruinsuiker 
5 ml (1 t) oreganum
1 ui, fyngekap) 
2 knoffelhuisies, fyngekap
5 roosmaryntakkies

Metode

Meng al die bestanddele.

Smeer die marinade oor die vleis.

Maak seker die marinade bedek al die snitte.

Laat die vleis oornag in die marinade lê.

Braai die snitte oor matige kole tot gaar.

Braaipaai

Bestanddele 

2 rolle skilferkorsdeeg 
1 blikkie karamel 
1 pak malvalekkers
1 houer sjokoladesplinters

Metode

Rol die twee rolle deeg voor jou uit.

Smeer die een laag met karamel.

Pak die malvalekkers op die karamel en bedek met sjokoladesplinters.

Pak die tweede laag van die deeg bo-op en plaas die hele spul in ’n knyprooster.

Braai die braaipaai oor matige kole aan albei kante tot die deeg gaar is en die inhoud smelt.

Sny in kleiner stukkies en sit voor met roomys of room.

Richard en Hester

Richard en Hester

Filet met marinade

Bestanddele 

1 filet (genoeg vir 6 mense)
45 ml (3 e) worcestersous
vars koljander, ment en basiliekruid, fyngekap na smaak
knippie growwe sout 
10 ml (2 t) swart peper
45 ml (3 e) balsemieke asyn
250 ml (1 k) Fanta-koeldrank (lemoengeur)

Metode

Meng al die bestanddele en giet oor die vleis.

Gebruik ’n geseëlde plastiekhouer of sakkie om die vleis en marinade te seël.

Laat die vleis ongeveer 24 uur marineer.

Swaardvissosaties

Bestanddele 

600 g swaardvis (in kleiner blokkies gesny) 
1 bakkie babatamaties
3 suurlemoene 
sout en peper volgens smaak 
sosatiestokkies (soos benodig) 

Metode

Swaardvis is olierig genoeg.

Moenie te veel addisionele speserye of olies by die vis voeg nie.

Laat die sosatiestokkies 24 uur in water lê.

Ryg die vis en die tamaties op die stokkies.

Smeer die stokkies met suurlemoensap en garneer die vis met sout en peper.

Braai oor matige kole tot die vis gaar is.

Sit dadelik voor.

Aartappel-gratin

Bestanddele 

12 groot aartappels (geskil en in dun wiele gesny)
250 g botter
100 ml room
sout en peper na smaak

Metode

Gebruik ongeveer twee aartappels per persoon.

Plaas die aartappels in ’n oondvaste bak.

Pak hulle in enige formasie.

Plaas stukkies botter tussen die aartappels en giet die room oor die aartappels.

Garneer die aartappels met sout en peper en bak in die oond teen 160 °C.

Haal die aartappels uit die oond en sit dit in die yskas nadat dit afgekoel het.

Sny die aartappelgereg in blokke en diepbraai.

Sjokolade-lawakoek

Bestanddele 

¼ k meel
25 ml (5 t) suiker
30 ml (2 e) kakaopoeier
1 eier
45 ml (3 e) melk 
45 ml (3 e) olie 
5 ml (1 t) vanieljegeursel 
sout na smaak

Metode

Klits die meel, suiker, kakaopoeier, eier, melk, olie, sout en vanieljegeursel.

Giet die mengsel in 6 koppies en plaas elke koppie in ’n ketelbraai of Doveroond.

Maak seker dat die deksel van die oondjie toe is.

Laat die beslag ongeveer 15 min. bak.

Sout-en-karamelsous

Bestanddele 

300 g bruinsuiker
50 ml room 
30 ml (1 t) growwe sout

Metode

Giet die suiker in ’n pan en roer aanhoudend tot die suiker begin borrel.

Giet die room stadig by en roer aanhoudend. Laat die mengsel ietwat afkoel.

Giet die sout by en roer. Laat die sous afkoel.

Verhit die sous wanneer die koekies gebak is en giet in die koppies net voordat hulle bedien word.