Monica en Niklaas

Monica en Niklaas

Tamatie-en-uiesmoor

Bestanddele 

2 uie, fyngekap
2 soet groenrissies, fyngekap
1 blik tamatiepasta
sout en peper na smaak
botter vir die pan

Metode

Plaas die pan oor die kole en smelt die botter daarin.

Voeg die uie, rissies en tamatiepasta daarby.

Laat die mengsel ongeveer ’n uur prut.

Hou eenkant en verhit net voor jy dit voorsit.

Hoender/biefsosaties

Bestanddele 

6 hoenderborsies, in blokkies gesny 
350 biefstuk, in blokkies gesny
1 uie, rof gekap
1 groen soetrissie
1 rooi soetrissie 
sosatiestokkies 
sout en peper na smaak

Metode

Ryg die vleis, uie en rissies op die sosatiestokkies. Smeer met olyfolie en braai oor matige kole tot gaar. Maak seker om die stokkies gereeld te draai sodat die vleis egalig gaar word.

Broodpoeding

Bestanddele 

1 hele witbrood 
6 e konfyt (van jou keuse)
100 ml klapper
1 k room 
2 eiers 
30 ml (2 e) suiker
botter na smaak

Metode

Neem ’n braaibak. Smeer die brood met botter aan albei kante. Voer die bak met die brood uit. Smeer die brood wat na bo wys met konfyt en besprinkel met klapper en suiker. Klits die eiers en die room en giet dit bo oor. Bedek die bak en braai oor matige kole totdat die brood die vloeistof absorbeer en die suiker smelt. Sit dadelik met roomys voor. 

Shaun en Angeline

Shawn en Angeline

Broodrolletjies

Bestanddele 

4 k meel 
1 pakkie kitsgis
7,5 ml sout 
2 e suiker 
2 e botter 
30 ml louwarm water 
1 groen soetrissie, fyngekap
halwe ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
250 ml gerasperde kaas van jou keuse

Metode

Gooi genoeg water by en knie goed deur.

Bedek die deeg dig en laat ongeveer ’n half uur rys.

Braai ui, groen soetrissie en knoffel tot sag en laat afkoel.

Sit die mengsel in deeg en die kaas en vou dit in.

Maak balletjies met deeg en pak dit in ’n ysterpot.

Gooi gerasperde kaas oor.

Laat weer 15 min. rys, en sit dan oor lae hitte.

Sorg dat die kole nie te warm is nie.

Bak 35 min.

Gestopte appels

Bestanddele 

8 groen appels, ongeskil, klokhuisie uitgesny
foelie
halwe koppie hawermoutvlokkies
knippie sout 
5 e botter
100 ml bruinsuiker 
100 koekmeel 
2,5 ml kaneel

Metode

Vou die appels individueel in foelie toe.

Plaas hulle tussen matige kole.

Los die appels daar totdat die appels sag voel, maar nie pap nie.

Kombineer al die oortollige bestanddele in ’n mengbak.

Vryf die bestanddele goed deur.

Braai die krummels in ’n pan oor matige kole totdat die hawermout ligbruin word.

Haal die appels uit die foelie, en stop die vulsel in die holtes van die appels.

Sprinkel nog krummels bo-oor en sit met roomys voor.

Andries en Justine

Andries en Justine

Mielies

Bestanddele 

6 groot mielies 
sout en peper na smaak 
botter na smaak

Metode

Maak die mielies skoon en plaas hulle op die rooster. Draai die hele tyd oor lae hitte, tot sag en goudbruin.

Platwiel

Bestanddele 

2 kg maalvleis 
1 t sout
1 t peper
½ k Jimmy’s Sauce
½ k broodkrummels
2 eiers
½ k vars pietersielie

Metode

Meng alles liggies.

Strooi meel oor ’n houtbord.

Maak balletjies met die maalvleis in jou hand, so groot soos wat jy wil.

Sit op die houtbord en druk plat.

Plaas in die yskas vir minstens 30 minute. Braai oor matige hitte.

Patat

Bestanddele 

6 patats 
sout en peper na smaak

Metode 

Skil die patats en sny in wiele.

Kook die snye in water tot amper gaar.

Verhit olie in ’n pot oor die kole.

Braai die patats in die olie tot goudbruin.

Roosterbrood

Bestanddele 

300 g wit brood meel
3 t suiker
1 t sout
10 g kitsgis
180 ml louwarm water
30 ml olie

Metode

Meng die meel, suiker, sout en gis. Voeg olie en water by en meng tot styf.

Knie tot dit los is en die deeg nie aan jou hande vassit nie.

Plaas die deeg sowat 1 uur in gesmeerde bak met ’n klam doek bo-oor.

Neem deeg, druk plat in bak en maak balle.

Plaas deegballe op houtbord wat met meel bedek is en druk plat.

Laat staan 30 minute. Braai op lae hitte tot gaar.

Sous

Bestanddele 

3 uie, fyngekap
3 fyngekapte tamaties, skil verwyder
2 e suiker
sout en peper na smaak

Metode

Braai uie in ’n bietjie olie tot sag en goudkleurig.

Voeg tamatie by en braai tot sag.

Voeg sout en peper by na smaak.

Gooi suiker oor en laat prut tot styf.

Appelpastei

Bestanddele 

1 rol skilferkorsdeeg
4 appels
4 t donker bruin suiker
4 t donker bruin suiker, om oor te strooi
¼ koppie stroop
bietjie versiersuiker, na smaak

Metode

Voorverhit oond tot 180 °C.

Skil appels en sny in dun skywe.

Smeer pasteibak met botter, en plaas die skilferdeeg daarin.

Gooi appels, suiker en stroop in ’n pot en prut ’n kort rukkie om alles te smelt.

Gooi uit in die pasteibak.

Gooi ekstra suiker bo-oor.

Plaas nog ’n laag skilferdeeg bo-op en maak ’n gat of 2 sodat dit kan asemhaal tydens bakproses.

Strooi versiersuiker bo-oor.

Bak vir 20-25 min. tot gaar en bruin.

Sit voor met roomys of room.