Frik en Lodyn

Lodyn en Frik.

Gevulde sampioene 

Bestanddele 

botter na smaak 
2 knoffelhuisies, fyngekap
6 groot sampioene 
sout en peper na smaak 
250 ml (1 k) cheddarkaas

Metode

Meng die botter en die knoffel.

Smeer die sampioene se pensies met die mengsel en geur met die sout en peper.

Plaas die sampioene in ’n rooster en braai tot gaar.

Besprinkel die sampioene met die kaas en sit dadelik voor.

Paptert

Bestanddele 

250 ml (1 k) braaipap
1 ui, gekap
1 tamatie, gekap
1 blik mieliepitte, gedreineer
15 ml (1 e) speserye 
cheddarkaas na smaak, gerasper
sout en peper na smaak

Metode

Maak die braaipap aan soos aangedui op die pakkie.

Maak seker dat die pap nie te styf aangemaak is nie.

Braai die ui, tamatie en die mielies in ’n pan oor die kole tot gaar en voeg die speserye by.

Skep lagies van die pap en smoor lagie vir lagie in ’n bak.

Strooi die gerasperde kaas bo-oor en maak seker dat dit gesmelt is voor dit voorgesit word.

Geur met die sout en peper.

Gevulde hoenderborsies

Bestanddele 

4 wiele fetakaas, gekrummel
1 fles Peppadews, fyngekap
sout en peper na smaak 
6 hoenderborsies 
1 pakkie spek 
botter of olie vir smeer

Metode 

Meng die fetakaas en Peppadews in ’n mengbak.

Garneer die mengsel met sout en peper.

Sny die borsies oop en vul met die mengsel.

Draai die borsies met die spek toe en plaas in die yskas tot die braai gereed is.

Braai die borsies binne ’n toeknyprooster tot sappig en gaar.

Maak seker dat die rooster gesmeer is voor die borsies daarin geplaas word om te verhoed dat die spek daaraan vaskleef.

Fillodeegrolletjies

Bestanddele 

1 rol fillodeeg 
4 piesangs 
1 ment sjokolade van jou eie keuse 
250 ml (1 k) room 
1 eier, geklits
1 kan spuitroom 
vars mentblare na smaak 

Metode 

Sny die fillodeeg in vierkante.

Sny die piesangs in kleiner stukkies en plaas die stukkies eweredig op die deegvierkante.

Breek die sjokolade in stukkies op.

Plaas die sjokoladestukkies tussen die piesangstukkies.

Giet ’n klein bietjie room binne elke vierkant.

Rol die vierkante op en smeer die buitekant met die geklitste eier.

Braai die rolletjies oor die kole tot die deeg gaar is en die vulsel uitlek.

Sit voor saam met die spuitroom en garneer met die mentblare.

Wouter en Charlene

Charlene en Wouter.

Hoendersosaties

Bestanddele 

Marinade 
3 appelkose
2 tamaties
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) asyn
250 ml (1 k) sonneblom olie
125 ml (½ k) suurlemoensap 
sout

Metode 

Verwerk in ’n voedselverwerker tot fyngekap.

Sosaties 

Bestanddele

1 pak hoenderdye, in blokkies gesny
sosatiestokkies 

Metode

Ryg die hoenderblokkies aan die stokkies en laat 24 uur in marinade marineer.

Braai dan op die vuur oor matige kole.

Skaapnek

Bestanddele 

1 skaapnek, in die helfte gesny
250 ml (1 k) worcestersous
250 ml (1 k) tamatiesous
30 ml (1 e) vleisversagtingsmiddel 
30 ml (1 e) kerriepoeier
30 ml (1 e) oreganum
250 ml (1 k) rooiwyn
500 ml (2 k) stroop
500 ml (2 k) suiker.

Metode 

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Bak die skaapnek 4 uur.

Verwerk die res van die bestanddele in ’n voedselverwerker tot fyngekap en kook 3 min. oor matige hitte.

Braai die skaapnek op die been in ’n rooster en verf dit gereeld met die marinade.

Braaibroodjie met ’n kinkel

Bestanddele 

2 uie, fyngekap
6 snye brood
15 ml (1 e) mosterd 
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
1 tamatie, in blokkies gesny
knoffel en droë gemengde speserye na smaak 

Metode

Braai die uie in ’n pan tot goudbruin.

Smeer die broodjies aan albei kante met die mosterd.

Plaas die kaas en tamatie bo-op en geur met die knoffel en speserye.

Braai oor matige kole op die vuur en sit warm voor.

Sjokoladebraaipastei

Bestanddele 

2 rolle fillodeeg
1 fles nutellasmeer 
1 klein pak malvalekkers
1 groot Aero-sjokolade 
1 pak okkerneute
2 eiers, geklits
1 L roomys 
250 ml (1 k) room, geklits
vars bessies na smaak

Metode 

Rol een deegrol oop en plaas dit op ’n toeknyprooster.

Smeer die nutella bo-op.

Sny die malvalekkers in klein blokkies en pak op die deeg.

Breek die sjokolade in stukkies en pak bo-op.

Strooi met die okkerneute.

Plaas die tweede rol bo-oor en druk die kante met ’n vurk toe.

Maak die toeknyprooster toe en smeer met die eier aan albei kante.

Plaas op die vuur oor matige kole en draai gereeld tot goudbruin.

Sit voor saam met room, roomys en bessies.

Nico en Antoinette

Antoinette en Nico.

Franse bloukaassous

Bestanddele

15 ml (1 e) botter
250 ml (1 k) melk
250 g sterk bloukaas
50 g cheddarkaas, gerasper
swartpeper na smaak
meel soos benodig om die sous te verdik 

Metode

Smelt die botter in ’n klein potjie op die vuur, wanneer die botter gesmelt het voeg die melk by en roer goed.

Krummel die bloukaas en voeg dit saam met die cheddarkaas en gemaalde swartpeper by die sousie.

Meng die meel met ’n bietjie water en voeg by die sous tot die sous so dik is soos jy verkies.

Madagaskar groenpeperkorrelroomsous 

Bestanddele

15 ml (1 e) botter
30 ml (2 e) groenpeperkorrels 
180 ml (¾ k) room
5 ml (1 t) brandewyn
meel soos benodig om die sous te verdik 

Metode

Smelt die botter in ’n klein potjie op die vuur.

Voeg die peperkorrels by en braai in die botter.

Voeg die room en brandewyn by en laat liggies prut.

Voeg meel by indien jy ’n dikker sous verkies.

Klewerige marinade

Bestanddele

1 kg ribbetjies of 12 ribbetjies wat afsonderlik gesny is
250 ml (1 k) appelsap
60 ml (¼ k) esdoringstroop
30 ml (2 e) olie
30 ml (2 e) sojasous
2 steranys
1 kaneelstokkie, gehalveer
6 knoffelhuisies, ongeskil

Metode

Plaas die ribbetjies in ’n plastieksakkie wat kan toe zip.

Plaas al die bestanddele in die sakkie saam met die ribbetjies.

Vryf dit goed in en laat oornag of tot en met 48 uur in die yskas marineer.

Haal dit uit wanneer jy gereed is om te braai.

Marokkaanse koeskoesslaai met tzatziki

Koeskoesslaai

Bestanddele 

2 rooi soetrissies, ontpit en in blokkies gesny
2 groot botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
harissapasta na smaak
1 knoffelhuisie, fyngemaal
125 ml (½ k) olyfolie 
1 blokkie hoenderaftreksel
250 ml (1 k) kookwater
500 ml (2 k) koeskoes
1 blik kekerertjies 
sout en peper na smaak
1 pak babaspinasieblare
sap van 1 suurlemoen 

Metode

Plaas die soetrissies en botterskorsie in ’n oondbak.

Meng die harissapasta met die knoffel en olyfolie en giet oor die soetrissies en botterskorsie.

Bak in die oond by 160 °C tot sag en bruin is.

Verwyder uit die oond en laat afkoel.

Meng intussen die aftreksel met die kookwater sodat dit oplos.

Plaas die koeskoes in die bak wat jy vir opdiening gaan gebruik.

Dreineer die kekerertjies en plaas dit saam met die koeskoes in die bak.

Gooi die aftreksel oor sodat dit net-net bedek word, pasop vir te veel water.

Bedek met kleefplastiek en los sowat 10 min.

Sodra dit gereed is, haal die plastiek af en gebruik ’n vurk om die koeskoes te krummel tot lekker los en lig.

Meng die botterskorsiemengsel deur die koeskoes en geur met sout en peper.

Meng die spinasie, suurlemoensap en nog olie, indien verkies, deur net voor jy dit voorsit. 

Tzatziki 

Bestanddele

1 middelslag komkommer, geskil en fyngekap
500 ml (2 k) dubbelroom jogurt
1 knoffelhuisie, fyngedruk
dille na smaak en fyngekap
sout en peper na smaak

Metode

Rasper die komkommer en plaas dit in ’n vergiettes om heeltemal te dreineer.

Plaas die komkommer dan in ’n vadoek en draai dit styf sodat al die water uitkom.

Meng die komkommer saam met die res van die bestanddele en geur met sout en peper.

Sit voor saam met die koeskoesslaai.