Jenice en Armand

Jenice en Armand.

Kruisskyf

Bestanddele 

6 snitte gemarineerde kruisskyf 
100 ml marinadesous (van jou keuse)
sout en peper na smaak 

Metode

Gooi die marinade oor die kruisskyf in ’n braaibak.

Laat lê die kruisskyf in die marinade vir 2 ure.

Braai die vleis oor matige kole tot gaar na smaak.

Smeer die vleis met die sous (volgende resep) net voor opdiening. 

Sous vir gaar kruisskyf

Bestanddele 

2 e mayonnaise
1 e olie
2 e blatjang
125 ml tamatiesous 
speserye volgens smaak 

Metode 

Kombineer al die bestanddele en smeer die vleis met die sous net voor die vleis van die kole verwyder word. 

Sampioene

Bestanddele

6 groot sampioene 
2 e botter 
2 knoffelhuisies , fyngekap 
1 k gerasperde cheddarkaas 

Metode 

Meng die fyngekapte knoffelhuisies met die botter.

Wanneer die sampioene op die vuur is, smeer die botter en knoffelsous op die sampioene.

Sit die kaas oor die sampioene.

Haal die sampioene af wanneer dit gaar en kaas gesmelt is. 

Wortelslaai

Bestanddele 

8 vars wortels, geskil
1 klein blikkie gekapte pynappel
250 ml appelkoossap

Metode

Rasper die wortels fyn.

Gooi die pynappel en die pynappel se sous in die bak.

Giet die sous oor die wortels.

Meng goed deur. 

Jaffle-verrassing

Bestanddele 

1 hele witbrood
1 fles Nutella
1 pak klein malvalekkers
45 ml botter
1 Bar One-sjokolade 

Metode

Smeer die broodjie met ’n dun laag botter aan die buitekante.

Smeer Nutella in die middel.

Sny die Bar One in stukkies.

Sit dit by die Nutella en malvalekkers.

Maak die broodjie toe en sit in ’n jafflemaker.

Braai tot die broodjie lekker bruin is. 

Tuisgemaakte roomys

Bestanddele 

1 blik kondensmelk 
1 houer vars room
1 blik ingedampte melk 
1 e vanieljegeursel 
1 mentsjokolade

Metode

Gooi die kondensmelk, ingedampte melk, room en vanieljegeursel bymekaar.

Meng met ’n klitser tot dit begin romerig raak.

Sit 2 tot 3 uur in die vrieskas.

Sprinkel die gerasperde mentchocolate oor die roomys.

Sit saam met die jaffle-verrassing voor. 

David en Estelle.

Kruisstuk

Bestanddele 

2 groot kruisstukke 
30 ml olyfolie 
sout en peper na smaak 
eie keuse van gemengde speserye 

Metode 

Smeer albei stukke vleis met olie aan albei kante.

Smeer die speserye oor die vleis.

Braai na smaak.

Sit dadelik voor. 

Drie-kaas-potbrood

Bestanddele 

1 blok cheddarkaas
1 bakkie fetakaas
1 blok geprosesseerde kaas
1 pakkie bruismeel
4 eiers
sout na smaak 

Metode 

Sny kase in groot blokke.

Meng meel en eiers en geur met sout.

Voeg die kaas by.

Bespuit platboompot met kossproei.

Gooi alles in jou pot en bak tot gaar en bruin. 

Spekboontjies

Bestanddele 

1 groot sak vars boontjies
1 houer fetakaas
2 t knoffel
2 pakke spek

Metode 

Maak ’n eetlepel olie warm op die vuur in ’n groot platboompot.

Gooi spek by en braai.

Gooi boontjies by en braai tot sag.

Net voor jy dit afhaal, gooi knoffel en feta by.

Geur met sout en peper na smaak.

Roer goed deur en sit voor. 

Bobbejaanballetjies

Bestanddele

1 sakkie brooddeeg
1 fles Nutella
45 ml bruin suiker
5 ml kaneel 

Metode 

Bespuit platboompot met kossproei.

Maak klein balletjies met die deeg.

Sit ’n teelepel Nutella in elke balletjie en vou toe.

Pak al die balletjies in die pot.

Voor jy dit op die vuur sit, strooi ’n bietjie kaneel bo-oor en bak op die vuur.

Maak seker daar is hitte van bo en onder.

Voor dit reg is gooi jy suiker op en laat dit smelt.

Sit voor saam met roomys.

Charl en Tanya.

Mielieslaai 

Bestanddele 

2 blikke heelpit-mielies
2 koppies cheddarkaas
6 e mayonnaise 
2 e gedroogde pietersielie 

Metode 

Meng al die bestanddele bymekaar en sit in yskas tot koud. 

Gevulde sampioene 

Bestanddele

8 groot, plat sampioene
1 k cheddarkaas
1 k spek, gesnipper 
6 e knoffelbotter

Metode 

Vul elke sampioen eweredig met knoffelbotter, spek en strooi kaas oor.

Sit op die kole tot die sampioene gaar is en die kaas gesmelt het.

Plaas brooddeeg in bak en laat rys vir 1 uur.

Voorverhit oond tot 180 °C.

Nadat die deeg gerys het, plaas op bakoond en vorm deeg met hande in ovaal.

Bak 30-45 minute. 

Bloukaassous

Bestanddele 

200 g bloukaas
100 g cheddarkaas
250 ml room
2 e maizena
sout en peper na smaak

Metode

Maak room warm in ’n pot op die vuur, voeg die bloukaas by en roer tot dit smelt.

Plaas nou cheddarkaas by en roer dit ook tot dit smelt.

Gooi 2 eetlepels maizena gemeng met ’n koppie water by en roer tot dit dik is.

Gooi sout en peper by na smaak.

Sit warm voor.

Sampioensous

Bestanddele 

250 g sampioene
250 ml room
1 halwe ui fyn opgesny of gerasper
1 tot brandewyn
1 eetlepel knoffel (fyngekap)
sout en peper na smaak
1 e suurlemoensap
2 e maizena
½ k mozzarellakaas

Metode 

Braai sampioene, ui en knoffel op die vuur.

Voeg room by en roer tot dit kook.

Voeg mozzarella en brandewyn by.

Voeg suurlemoensap, sout en peper by.

Voeg laaste maizena gemeng met 1 koppie water by en roer tot dit kook.

Gedroogde staanrib

Bestanddele 

1 lambsrib 

Metode

Draai die rib toe in lap en plaas in toeknyprooster.

Hang buite op vir ongeveer 6 uur.

Laat die rib regop staan oor kole en besprinkel gedurig met Aromat en suurlemoensap terwyl hy gebraai word. 

Beeshaas

Bestanddele 

1 hele filet 
sout en peper na smaak 
olyfolie na smaak 

Metode 

Sny filet op in eweredige ringe en laat dit 4 uur in yskas rus met olyfolie oor.

Wanneer gebraai word sprinkel sout en speserye op na smaak. 

Kaneelrolletjies

Bestanddele 

1 kg brooddeeg
2 e kaneel
1 k bruinsuiker
1 gerasperde Peppermint Crisp
125 ml botter 

Metode 

Rol deeg uit tot 1cm dik.

Smeer deeg met botter.

Meng kaneel in bruinsuiker in, en strooi oor deeg.

Strooi die sjokolade egalig oor die deeg.

Rol die deeg op en sny in eweredige stukke.

Plaas rolletjies in ’n platboompot en plaas op die kole.

Sit vyf kole bo-op die deksel.

Los 40 minute en kyk of dit bruin en gaar word.

Sit voor saam met roomys.