Francois en Hanlie

Francois en Hanlie.

Cheddamelt-steak met sampioensous

Bestanddele

200 g rump-steaks
Melrose-kaassmeer (na smaak) 
15 ml botter
1 pakkie klein sampioene (gekap)
2 knoffelhuisies (gekap)
cheddarskyfies na smaak (genoeg vir 6)

Metode 

Steak

Geur die vleis met braaispeserye en braai oor matige kole na smaak. 

As die vleis gaar is, sit die cheddarsnytjie bo op. Laat die kaas smelt en sit dadelik voor. 

Sous

Sny die sampioene in dun skyfies.

Voeg die botter en knoffel in die pan en braai.

Giet die kaassmeer by sodra die sous gaar is.

Skep ’n lekker porsie sous bo-op die steak en cheddarsnytjie.

Knoffel-aartappels 

Bestanddele 

1 pakkie baba-aartappels 
250 g botter 
1 e knoffel
sout na smaak 
pietersielie (gedroog)

Metode

Sny aartappels in kwarte met skil op.

Kook met sout tot gaar.

Dreineer die water.

Gooi botter en knoffel in die pot.

Voeg gaar aartappels by en roer oor warm stoof tot aartappels goed bedek is met knoffel en botter.

Voeg pietersielie by en sit voor. 

Broccolislaai 

Bestanddele 

vars broccoli gewas en gesny (los boompies)
1 groot ui
500 g stukkies spek
500 g cheddar (gerasper)
500 ml romerige mayonnaise 
1-2 e strooisuiker

Metode

Kook die broccoli vir ongeveer 10 minute tot krakerig – nie heeltemal gaar nie.

Sny die uie fyn. Braai uie en stukkies spek saam tot gaar.

Laat staan alles om goed af te koel.

As alles afgekoel is, gooi dit saam in ’n bak.

Meng mayonaise en gerasperde kaas in by die broccoli en spek en strooi ’n bietjie strooisuiker oor.

Sjokoladepotbrood-nagereg

Benodigdhede 

brooddeeg (in die winkel gekoop of tuisgemaak)
Rolo-sjokolade (genoeg sodat daar een Rolo per balletjie is)
1 k suiker
250 g botter
1 e kaneel

Metode 

Maak balletjies met die deeg.

Sit die Rolo in die middel van die balletjie.

Plaas balletjie in goed gesmeerde muffinpannetjie.

Stroop

Smelt botter en suiker in potjie en voeg kaneel by.

Skep sous oor elke balletjie.

Los om te staan vir ongeveer 30 minute.

Moenie in die yskas sit nie.

Plaas muffinpannetjie in die oond en bak 40 minute op 180 °C.

Dit kan ook op die kole gemaak word, maar dis baie belangrik dat die hitte van bo af moet kom.

JP en Casandra

JP en Casandra.

Churrodeeg

Bestanddele 

1 koppie koekmeel

½ k water
½ k melk
6 eetlepels botter
1 t vanieljegeursel
1 eier

Metode

In ’n pan meng melk, water en botter saam.

Net voor dit begin borrel, sit koekmeel by.

Meng beslag tot alles gebind is.

Laat eenkant afkoel.

Gooi vanieljegeursel en eier by en meng saam.

Sit beslag in spuitsak en voorverhit olie.

Druk beslag in warm olie tot die grootte wat jy wil hê.

Knip met skêr en laat dit lekker kleur kry in die olie.

Haal uit en sit op servet om ekstra olie uit te kry.

Roomys

Bestanddele 

1 blikkie kondensmelk
1 blikkie room
1 e vanieljegeursel

Metode

Voeg al die bestanddele in groot mengbak.

Meng baie goed deur, plaas in yskas en laat oornag set.

Chillisous (saam met hoender)

Bestanddele 

1 ui (fyngekap)
1 groen soetrissie
1 rooi soetrissie
1 chili
tamatiesous na smaak
Worcestershire-sous (na smaak)
sout en peper

Metode 

Kap ui, groen en rooi soetrissie baie fyn.

Braai die uie in ’n bietjie olie op die plaat tot amper reg.

Voeg die soetrissie asook die chilli (fyngekap) by.

Roer alles lekker saam.

Voeg ’n bietjie tamatiesous en Worcestershire-sous by, asook sout en peper.

Laat vir so 10 minute op lae hitte staan.

Roer gereeld.

Die steak

Bestanddele 

6 steaks 
Worcestershire-speserye 
30 ml Worcestershire-sous
sout na smaak 
peper na smaak 
bruinsuiker na smaak 

Metode

Smeer steak eers met olyfolie.

Geur met die hoeveelheid speserye van jou keuse.

Laat rus 1 uur in die yskas en haal uit 30 min voor jy braai sodat dit kamertemperatuur kan bereik.

Paige en Carmen

Carmen en Paige.

Knoffel-en-room-mossels

Bestanddele 

4 knoffelhuisies (fyngekap) 
1½ kg mossels, in hul doppe en skoongemaak
2 uie (fyngekap) 
1 e botter 
8 spriete tiemie 
1 lourierblaar 
100 ml witwyn 
400 ml room 
4 e fyngekapte pietersielie 
sout en peper na smaak 
geroosterde brood as bykos 

Metode 

Spoel die mossels af en maak seker dat jy van enige oop mossels ontslae raak.

Braai die uie en die knoffel in die botter oor matige hitte.

Voeg die tiemie en die lourierblaar by.

Voeg die wyn by en plaas die pot oor warmer kole.

Voeg die mossels by en plaas dadelik die deksel daarop.

Stoom die mossels vir ongeveer 6-10 minute.

Maak seker die meerderheid van die mossels is oop voor die pot van die hitte verwyder word.

Verwyder die tiemiespriete van die pot en roer die room en die pietersielie by.

Geur die pot met sout en peper.

Bedien met brood. 

Steak met klein mielies

Bestanddele 

6 steaks 
sout en peper na smaak 
1 pak klein mielies
olyfolie na smaak 

Metode 

Smeer die steak-snitte met sout, peper en olyfolie.

Braai die snitte oor matige kole en maak seker elke steak is volgens die gaste se smaak gebraai.

Stoom die mielies in ’n pot met kookwater tot net voor gaar.

Sit die steaks voor met die mielies en die sous van jou eie keuse. 

Malvapoeding 

Bestanddele 

Beslag 

1 k suiker 
1 eier 
1 e appelkooskonfyt 
1 k meel 
1 t bakpoeier 
knippie sout 
1 e botter 
1 t asyn 
1 k melk 

Sous 

1 k room 
125 g botter 
1 k suiker 
125 ml kookwater 

Metode 

Klits die eier en die suiker saam.

Maak seker jy gebruik ’n elektriese klitser sodat alles egalig gekombineer word.

Voeg die appelkooskonfyt by.

Sif die meel, bakpoeier en die sout by.

Smelt die botter in die mikrogolfoond en voeg dit en die asyn by.

Klits die mengsel deeglik.

Giet die beslag in ’n gesmeerde swart pot.

Plaas die pot oor matige kole en bak met die deksel op vir ongeveer 45 minute.

Toets die beslag elke af en toe om seker te maak dat dit bak en nie vasbrand nie.

Smelt die bestanddele vir die sous saam en kombineer.

Giet die sous oor die beslag sodra dit van die kole verwyder word.

Bedien met room, roomys of Amarula.