Jan en Anita

Jan en Anita
Jan en Anita Foto: Verskaf

Janitatjies

Bestanddele

6 biefstukke (medallions)

netvet

Metode

Draai die biefstukke in netvet toe.

Plaas op ’n braairooster en braai oor matige kole tot gaar.

Kabouterhuisies

Bestanddele

6 groot, swart sampioene

olyfolie 

1 houer gegeurde roomkaas

30 ml (2 e) knoffel, fyngemaal

’n hand vol cheddarkaas

sout en swartpeper na smaak

Tabascosous na smaak

paprika na smaak

Metode

Breek die stingels van die sampioene af en smeer mildelik met die olyfolie.

Braai die sampioene 1-2 min. oor matige kole in ’n toeknyprooster.

Laat die sampioene afkoel en berei intussen die vulsel.

Meng die roomkaas, knoffel, cheddarkaas en sout en swartpeper in ’n mengbak en voeg Tabasco by na smaak.

Vul die sampioene se holtes met die vulsel.

Besprinkel met die paprika en plaas die sampioene terug op die rooster en oor die kole.

Braai tot die sampioene en die vulsel deurwarm is.

Rolo-vrugtefrats

Bestanddele

125 g botter

1 x Madeira-koek, in blokkies gesny

bloubessies

frambose

3 rolletjies Rolo-sjokolade

Metode

Smelt die botter in ’n vuurvaste platboompot.

Voeg die koekblokkies by en braai tot effens bros.

Haal van die vuur af. Voeg die bloubessies en frambose by.

Plaas die Rolo-sjokolade bo-op. Bedek die pot en laat 10-15 min. staan.

Sit in bakkies voor saam met ’n skeppie tuisgemaakte roomys.

Jan en Anita
Foto's: Verskaf

Tuisgemaakte roomys

Bestanddele

1 L vars room

1 blikkie kondensmelk

15 ml (1 e) vanieljegeursel

Metode

Klits die room tot sponsagtig en dik.

Voeg die kondensmelk en vanieljegeursel by.

Klits goed saam en plaas in ’n houer.

Vries 6-8 uur.

Desmond en Lientjie

Desmond en Lientjie
Desmond en Lientjie Foto: Verskaf

Pepersous vir ’n T-beenskyf

Bestanddele

500 ml (2 k) room

250 ml (1 k) brandewyn

growwe sout en swartpeper na smaak

Metode

Meng al die bestanddele in ’n pot op die stoof of oor matige kole.

Roer goed tot al die bestanddele gemeng is en die sous verdik.

Sit voor saam met ’n T-beenskyf (of enige ander vleis van jou keuse).

Desmond en Lientjie
Foto's: Verskaf

Rolletjies

Bestanddele

vetkoekdeeg

250 ml (1 k) room

1 pakkie aartappelgebak

poeiergerasperde

kaas

Metode

Breek stukkies van die vetkoekdeeg af en rol dit in klein balletjies.

Maak seker jy het sowat 3-4 rolletjies per gas.

Plaas die rolletjies in ’n vuurvaste pot of ’n foeliebak.

Giet die room oor en besprinkel met die aartappelgebakpoeier en kaas.

Bedek die pot en plaas op ’n rooster oor matige kole.

Laat sowat 45 min. oor die kole bak tot gaar.

Slaai

Bestanddele

blaarslaaitamaties, gesnyuie, geskil en gesnyperskes, gehalveerkomkommer, opgesnykaas, in blokkies gesny

Meng al die bestanddele in ’n slaaibak en sit voor saam met ’n slaaisous van jou keuse.

Michele en Vicky

Vicky en Michele
Vicky en Michele Foto: Verskaf

Bruschetta peperonata

Bestanddele

groen, rooi en geel soetrissies, in groot blokkies gesnysout na smaak

1 ciabattabrood

knoffel, fyngemaal

olyfolie na smaak

balsemieke asyn na smaak

Vir die vinaigrette

Bestanddele

90 ml (6 e)

olyfolie

30 ml (2 e) asyn

sout en swartpeper na smaak

Metode

Geur die soetrissies mildelik met sout en plaas op ’n rooster oor ’n warm vuur.

Draai dit gereeld om, maar laat dit ook effens skroei.

Haal af van die vuur en laat afkoel.

Meng die vinaigrette-bestanddele in ’n aparte bak en laat die soetrissies daarin week.

Sny die ciabattabrood in snye, braai liggies oor matige kole en smeer met die knoffel.

Skep die soetrissies op die ciabattasnye en bedruip met die olyfolie en asyn.

Vicky en Michele
Foto's: Verskaf

Bruschetta di Parma

Bestanddele

1 ciabattabroodknoffel, fyngemaalroketblare

Parma-hambokmelkkaas

olyfolie na smaak

balsemieke asyn na smaak

sout en swartpeper na smaak

Metode

Sny die ciabattabrood in snye, braai liggies oor matige kole en smeer met die knoffel.

Pak die roketblare, ham en bokmelkkaas op die snye brood.

Bedruip met die olyfolie en asyn en geur met die sout en peper.