JAMES EN ROELIEN

James en Roelien. Foto: Verskaf

BIERBROOD

Bestanddele

gekoopte broodmengsel

1 bier

Metode

1. Meng die broodmengsel en bier in ’n bak tot dit ’n stewige deeg vorm.

2. Plaas in ’n gesmeerde potjie en sit die deksel op.

3. Plaas op die vuur, sit ’n paar kole op die deksel en bak 45 min. of tot gaar.


BILTONGSLAAI

Meng biltong en roket- en koljanderblare op ’n plat slaaibord. Strooi ruim feta en giet gekoopte bloukaasslaaisous oor.

Foto's: Verskaf
MALVALEKKERPASTEI

Bestanddele

skilferkorsdeeg

malvalekkers

Cadbury-sjokolade

Lovoka Caramel-wodka

2 eiers

1 t vanieljegeursel

strooisuiker

Metode

Rol die deeg uit en sny in individuele porsies. 

Plaas die malvalekkers bo-op en breek die sjokolade in stukkies bo-oor.

Giet 1 sopie Lovoka Caramel-wodka oor die malvalekkers en sjokoladestukkies.

Vou die deeg toe, maak alles met foelie toe en plaas op die vuur. Hou die foelie oor die pastei tot die deeg begin rys.

Haal die foelie af, meng die eiers en vanielje en smeer die mengsel aan albei kante.

Strooi die strooisuiker oor albei kante. Draai gereeld tot mooi bruin.

Sit voor saam met tuisgemaakte roomys.

TUISGEMAAKTE ROOMYS

Bestanddele

2 blikke kondensmelk1 blik ingedampte melkvanieljegeursel

Metode

Klits al die bestanddele goed saam, skep in ’n bak en vries.

NICO EN PETRO

Petro en Nico. Foto's: Verskaf

PERI-PERI BRAAIHOENDER

Bestanddele

125 ml asyn   

125 ml olie

12,5 ml peri-peri

1 gekapte knoffel of 5 ml fyn knoffelvlokkies

5 ml suiker

2,5 ml mosterdpoeier

15 ml sout

25 ml worcestersous

50 ml tamatiesous

5 ml paprika

1 kg hoenderstukke

DRIELAAG-GROENTEPOT

Bestanddele

botterskorsie, in blokkies gesny

murgpampoentjies, in ringe gesny

sampioene, in skyfies gesny

1 pakkie sampioensop

1 houertjie room

knoffel

sout en vars gemaalde peper

Metode

1 Pak ’n laag botterskorsie, dan ’n laag murgpampoen en dan ’n laag sampioene in ’n swartpot.

2 Meng die res van die bestanddele en giet oor die groente.

3 Bak oor die kole. Moenie roer nie. Lig die deksel ná 30 min. om uit te vind of die groente gaar is.

Meng alles en laat die hoenderstukke 2 dae hierin marineer. Plaas die hoender in ’n toeknyprooster en braai. Draai om en bedruip gereeld met die marinade terwyl jy braai.

Foto's: Verskaf


AARTAPPELS MET BYT

Bestanddele

baba-aartappels, ongeskil en gewas

botter

knoffel, gekap

vars rissie, gekap

vars pietersielie, gekap

sout en vars gemaalde peper
olie

Metode

1. Kook die aartappels in ’n swartpot gaar.

2. Meng die res van die bestanddele en braai oor lae hitte tot geurig.

Sopiekoek

Koek

Bestanddele

250 ml margarien

205 ml suiker

4 eiers

5 ml vanieljegeursel

250 ml mielieblom   

20 ml bakpoeier

2,5 ml sout   

30 ml melk  

250 ml droë-appelkose, geweek in 50 ml sjerrie en 50 ml brandewyn

Stroop

Bestanddele

250 ml vars room   

15 ml brandewyn

60 ml suiker

125 ml lemoensap

Metode

1. Klop die margarien en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by. Klits die geursel by. 

2. Sif die droë bestanddele saam en roer om die beurt met die melk, appelkose en drank by die margarienmengsel in. 

3. Skep in ’n gesmeerde swartpot. Smeer die deksel.  Plaas op ’n rooster oor stadige kole. Plaas ’n paar kole op die deksel van die pot. 

4. Bak 45-60 min. sonder om die deksel op te lig. Verwyder, toets en as die koek gaar is, prik gaatjies met ’n vurk en giet die stroop (al die bestanddele gemeng) oor die koek.

5. Sit net so voor of saam met roomys.

VICKUS EN MARLENE

Vickus en Marlene. Foto's: Verskaf
GEBAKTE AARTAPPELSLAAI

6-8 aartappels, gekook

Witsous

1½ k melk

2 e meel

2 e margarien

’n knippie sout

¼ k mayonnaise

1 e mosterdpoeier

Afronding

gaar blokkies spek

gaar sampioene

gerasperde kaas

Metode

1. Skep die aartappels in ’n bak.

2. Maak die witsous deur die melk, meel, margarien en sout saam te kook tot dit verdik.

3. Roer die mayonnaise en mosterd deur.

4. Giet oor die aartappels.

5. Rond af met die spek en sampioene en strooi die kaas oor. Bak 40-45 min. by 180 °C.

MENGELSLAAI

Metode

Maak volgens hoeveel mense saameet.

Plaas groot gebreekte stukke blaarslaai in ’n groot slaaibord en voeg by:
babatamaties, babamielies, komkommerskywe, wortelblokkies, appelblokkies, fetablokkies en sout en peper na smaak.

Plaas gesnyde skywe spanspek bo-op en sit voor saam met verskillende slaaisouse.

Foto's: Verskaf


ROOMYS

Metode

Klits 1 blikkie kondensmelk, 250 ml room, 1 koppie melk en 2 k gekapte aarbeie tot styf. Skep in ’n plastiekbak en plaas oornag in die vrieskas.

BEESFILET MET BLOUKAASSOUS

Bestanddele

1 beesfilet

rou spinasieblare, gekap
feta

sout en vars gemaalde peper

Bloukaassous

1½ k melk

2 e meel

2 e margarien

’n knippie sout

bloukaas

gebraaide sampioene

Metode

1. Sny die filet oop, vul met die spinasie en feta, geur met die sout en peper en bind toe. Braai oor die kole.

2.Maak ’n witsous van die melk, meel, margarien en sout en geur met die bloukaas en sampioene.

3. Sit die filet voor saam met die bloukaassous.