ELVREDIO EN HAYLEY

Hayley en Elvredio
Hayley en Elvredio Foto:Verskaf

HEUNING-EN-SUURLEMOEN-LAMSTJOPPIE

Bestanddele

6 e heuning

8 e sojasous

2 t gerasperde

suurlemoenskil

6 e suurlemoensap

½ t cayennepeper

1 e olyfolie

12 lamstjoppies

Metode

Meng die heuning, sojasous, suurlemoenskil, suurlemoensap, cayennepeper en olyfolie in ’n mengbak. 

Marineer die lamstjoppies oornag in die mengsel in die yskas.

Braai oor matige kole tot gaar.

KNOFFELBOTTER-GARNALE

Bestanddele

3  knoffelhuisies fyngekap

100 g botter, gesmelt

1 t visspeserye

’n hand vol pietersielie fyngekap

18 garnale

Metode

Meng die knoffel, botter, visspeserye en pietersielie in ’n mengbak.

Verf die garnale met die mengsel.Braai die garnale oor matige kole tot gaar.

MIELIES

Bestanddele

6 mielies

6 t botter, gesmelt

Aromat, na smaak

Metode

Verf die mielies met die botter en geur met die Aromat.

Braai op ’n braairooster oor matige kole.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

AARTAPPELSLAAI

Bestanddele

½ kg aartappels, geskil en gekook

1 ui, fyngekap

12 e mayonnaise

6 gekookte eiers

’n hand vol pietersielie, fyngekap

2 t suiker

Metode

Meng al die bestanddele in ’n mengbak en sit voor.

GROENSLAAI

Bestanddele

1 pak blaarslaai

1 helfte ui, in ringe gesny

1 wortel, in skywe gesny

300 g babatamaties

24 swartolywe

Metode

Meng alles en sit voor.

AARBEI-MOUSSE-ROOMYS

Bestanddele

100 ml suiker

125 ml water

5 ml gelatien in 30 ml koue water

250 ml (1 k) aarbeipuree

250 ml (1 k) room

Metode

Voeg al die bestanddele saam en meng met ’n voedselverwerker.

Giet die mengsel in ’n plastiekbak en plaas oornag in die vrieskas.

Sit voor saam met sjokoladebruintjies.

RODNEY EN JACQUES

Rodney en Jacques
Rodney en Jacques Foto: Verskaf

GEROOSTERDE KAALPERSKES, NARTJIES EN PEKANNEUTE MET ROOMYS

Bestanddele

5 e egte botter

120 ml pekanneute

4½ e melassesuiker

8 kaalperskes

9 nartjies

Metode

Sny foelie (30 cm x 50 cm) uit.

Skep die botter op die blink kant en strooi die pekanneute daarop.

Strooi die suiker oor.

Was en sny die perskes in wiggies en plaas op die neute.

Skil die nartjies en plaas die skywe op die perskes.

Vou die foelie toe en plaas 15 tot 20 min. op die vuur.

Maak seker die foelie is behoorlik toe.

Sit warm voor of koud saam met roomys of room.

FILET GEVUL MET PIKANTRISSIES, FETAKAAS EN BASILIEPESTO

Bestanddele

1½ kg filet

150 g fetakaasbasiliepesto

8 e pikantrissies, gekerf

Metode

Vlek die filet.

Meng die res van die bestanddele en vul die filet daarmee.

Vou die vleis toe en steek met happiestokkies vas.Plaas 10 min. op ’n rooster op die vuur, haal af en bedek met foelie.

Plaas weer 20 min. op die vuur.

SAMPIOENKLAPPER

Bestanddele

5 groot, bruin sampioene

1 houer maaskaas

2 t fyn knoffel

Aromat

1 pakkie spek, opgesny

5 e gerasperde cheddarkaas

2 sprietuie

Metode

Smeer die sampioene met die maaskaas en skep die knoffel op al die sampioene.

Besprinkel met die Aromat.

Braai die opgesnyde spek tot bros.

Plaas die spek op die sampioene.

Bedek met die cheddarkaas en maak gereed om te braai.

Plaas 10-13 min. op ’n rooster op die vuur.

Haal die sampioene af.

Sny die sprietuie op en sprinkel oor die sampioene.

Sit onmiddellik voor.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

AARTAPPELKUSSINGGESKENK

Bestanddele

8 groot aartappels

2 groot uie

1 groen soetrissie

½ pak bruin uiesoppoeier

½ houer roomsout en vars gemaalde peper

6 e botter

Metode

Skil die aartappels en sny in skywe.

Sny die uie en groen soetrissie in repies.

Meng die uiesoppoeier en room.

Sny foelie in 8 ewe groot stukke van 30 cm x 50 cm.

Plaas vier lae op die werkoppervlak en bespuit die blink oppervlak met kossproei.

Smeer die botter op die foelie en bedek met die aartappels, groen soetrissie en uie.

Giet die sopmengsel oor en geur met die sout en peper na smaak.

Plaas die ander vier lae foelie bo-oor.

Rol die kante toe sodat dit heeltemal geseël is en gapings het.Plaas ongeveer 40-45 min. op ’n warm vuur.

Maak die foelie oop en sit onmiddellik voor.

PERI-PERI-HOENDERVLERKIES

Bestanddele

12 hoendervlerkies

1 bottel Spur Durky-sous

1 bottel Nando’s X-hot-peri-peri-sousfyngekapte brandrissies

Metode

Plaas die hoendervlerkies in ’n bak.

Meng die souse en rissies, giet in die bak en laat staan oornag in die mengsel.

Braai oor matige kole tot gaar.

RENUAN EN JESSICA

Jessica en Renuan
Jessica en Renuan Foto's: Verskaf

GEURIGE PASTASLAAI

Bestanddele

500 g gekookte pasta

1 ui, gekap

1 k kaas, in blokkies gesny

1 k mayonnaise

¼ tamatiesous

2 e bruinasyn1 blikkie chakalaka

2 t kerriepoeier

1 t brandrissiepoeier

2 t hoendermasalasout en peper na smaak

Metode

Meng al die bestanddele in ’n mengbak en sit voor.

BILTONG-AARTAPPELGEREG

Bestanddele

1 kg geskilde aartappels, in skywe gesny

1 pakkie bruinuiesoppoeier

1 k room1 blikkie mielies, gedreineer

1 k biltong, fyngesny

100 g roomkaas

5 e kaassmeer

1 k kaas, geraspersout en peper na smaak

Metode

Plaas die aartappels in ’n staaloondbak.

Klits die uiesop saam met die room en giet oor die aartappels.

Sprinkel die mielies en biltong oor die aartappels.

Skep lepels vol roomkaas en kaassmeer oor die gereg.

Bedek met die gerasperde kaas en geur met die sout en peper.

Plaas foelie oor die gereg en braai ongeveer 45 min. oor ’n matige vuur tot die aartappels sag is en die sous verdik.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

ROOM-EN-KAAS-BROODROLLETJIES

Bestanddele

1 sakkie winkeldeeg

1 pak wituiesoppoeier

1 k room

1 k kaas, gerasper

Metode

Rol die deeg in rolletjies en plaas in ’n gesmeerde oondbak.

Bedek met kleefplastiek en laat die deeg rys.

Klits die uiesoppoeier en room saam en giet oor die rolletjies.

Bak 20 min. in die oond teen 180 grade Celsius.

Sprinkel die kaas oor en bak nog 5 min.

HEUNING-EN-KOLJANDERSNOEK

Bestanddele

1 snoeksap van 2 suurlemoeneskil van 1 suurlemoen, gerasper

50 g heuning100 g botter

½ k koljander, fyngekap

1 tamatie, in skywe gesny1 rooi-ui, in skywe gesnyseesout en swartpeper na smaak

Metode

Plaas die snoek velkant na onder in foelie.

Kook die suurlemoensap, -skil, heuning, botter en koljander om die sous te vorm.

Plaas die tamatie en ui op die snoek en giet die sous oor.

Geur met die seesout en vars gemaalde swartpeper en vou die snoek met die foelie toe.

Laat 12-15 min. oor matige kole stoom tot die vis gaar is.

BRUINPOEDING

Stroop

4 k water

¾ k suiker

2 t kaneel

Deeg

½ k botter

½ appelkooskonfyt

2 t koeksoda

½ k neutemeelblom

Metode:

Meng die bestanddele vir die stroop in ’n pot en kook.

Plaas die pot oor stadige hitte en laat prut.

Maak die deegmengsel deur die bestanddele te meng en voeg die meelblom by tot ’n stywe deeg vorm.

Skep die deeg in die stroopsous en kook 12 min.

Sit voor saam met vla of roomys.