CHRIS EN ANNETTE

Chris en Annette
Chris en Annette Foto: Verskaf

KAASSTEAKS

Bestanddele

1 kg steakbraaispeserye 

¼ k cheddarkaas, gerasper

¼ k mozzarellakaas,gerasper

1 t fyngemaakte knoffel

Metode

Vryf die steak met die braaispeserye in.

Meng die kaas en knoffel.

Braai die steaks aan een kant oor warm kole.

Draai om en skep lepels vol van die kaasmengsel op die steaks.

Braai 1 min. of so gaar as wat verkies.

Sit ’n deksel oor die vleis en braai nog so een minuut tot die kaas gesmelt is. Sit dadelik voor.

GEROOKTE VARKTJOPS IN 'N SOUSIE

Gerookte varktjops

Sous

Bestanddele

¼ k suurlemoensap

5 e worcestersous

½ k tamatiesous

5 e appelkooskonfyt

½ k gekoopte “basting sauce”

Metode

Braai die varktjops tot amper gaar.

Sous Meng alles goed.3 Haal die vleis van die vuur en plaas in ’n oondpan.

Giet die sous oor om alles te bedek.

Plaas die bak op die koelste deel van die braai tot die sous deurwarm is. Sit voor.

NETTA SE ROOMAARTAPPELS

Metode

Skil 6-8 middelslagaartappels en sny in dunnerige skywe.

Pak een laag in ’n oondvaste bak, gevolg deur ’n laag gekapte spek, fyngemaakte knoffel en sout en peper.

Herhaal tot jy drie lae aartappels gepak het en ’n pakkie spek opgebruik het.

Giet laastens 500 ml room oor. Sit ’n deksel op en bak 30 min. in die oond teen 180 °C.

Haal deksel af, strooi gerasperde kaas oor en bak nog 10 min. sonder ’n deksel.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

WAATLEMOENSLAAI

Bestanddele

3 dik snye waatlemoenkroon, in happiegroottes gesny

1 pakkie roquefortkaas, kleiner gebreek

2 wiele fetakaas, kleiner gebreek

1 pakkie groen olywe, ontpit

1 pakkie bloubessiesneute na smaakbalsemieke asyn 

Die geheim is om hierdie slaai in ’n mooi glasbak voor te sit sodat al die kleure wys.

Meng alles liggies deur en sit voor. Die gaste kan self besluit hoeveel asyn hulle wil oorgiet.

PONS

750 ml vonkelwyn

1 L witwyn

250 ml wodka

1 suurlemoen, in dun skyfies gesny

1 blikkie pynappelstukke, fyngekerf

1 blikkie grenadellamoes

4 L sodawater of Sprite, verkoel in yskas tot benodig

Metode

Meng al die bestanddele behalwe die sodawater en verkoel.

Voeg die yskoue sodawater of Sprite by net voor jy dit voorsit.

Dit is lekker, maar wees versigtig – dis nie koeldrank nie!

ISOBEL EN ABRIE

Isobel en Abrie
Isobel en Abrie Foto: Verskaf

GEVULDE KOOL MET KAASSOUS

Bestanddele

4 klein koolkoppe

uie

sojasous

spek, gesnipper

goudakaas, gerasper

rooi soetrissie, gekap

roomkaas

sout en peper

Kaassous

Bestanddele

botter

meel

melk

mosterdpoeier

peper

400 g goudakaas

200 g mozzarellakaas

500 ml roompietersielie

Metode

Sny die koolkoppe en vul met al die bestanddele.

Draai dit in foelie toe en plaas in die kole.

Kaassous

Maak ’n witsous van die botter, meel en melk.

Geur met die res van die bestanddele en laat prut tot verdik en gaar.

Sit voor saam met die kool.

KAASBROOD

Bestanddele

500 g bruismeel

500 ml karringmelk

1 pakkie wituiesop

3 eiers

25 ml melk

250-400 g sterk kaas

1 blikkie pitmielies

Metode

Meng al die bestanddele en giet in ’n gesmeerde broodpan.

Bak 1 uur teen 180 °C in die oond. Sit warm voor.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

BONT SOMERSLAAI

Bestanddele

kersietamaties

fetakaas 

olywe

komkommer

babamielies

wortels

uie

eadys

blaarslaai

pynappel

Sny alles in blokkies en meng. Sit voor in ’n glasbak saam met ’n slaaisous van jou keuse.

RYK BROWNIES

Bestanddele

2 k suiker

1 k gesmelte botter

1¼ k meel

1 t sout

1t vanieljegeursel

1 k kakao

3 eiers

1 t bakpoeier

Ferrero Rocher-sjokolades, neute en Astros

Metode

Meng die suiker en botter.

Meng die meel, sout en geursel en voeg by die bottermengsel.

Voeg die eiers by, meng goed en voeg dan die kakao en bakpoeier by.

Meng goed en voeg laastens die sjokolade, neute en Astros by.

Bak 25 min. op die kole of tot gaar. Sit voor saam met roomys.

EUGENE EN SANET

Eugene en Sanet
Eugene en Sanet Foto: Verskaf

TRINCHADO

Bestanddele

Beleë kruissteak

sout en peper

hoenderspeserye

Sous

250 g botter

2 t fyngemaakte knoffel

2-3 uie

250 ml Portugese marinade

250 ml periperisous

100 ml witwyn

250 ml room

1 e mielieblom

Metode

Geur die vleis en verbruin in sarsies in ’n swartpot.

Voeg dan al die verbruinde vleis terug in die pot.

Voeg botter by en braai die uie en knoffel saam met die vleis.

Voeg die res van die bestanddele by, plaas die deksel op en laat prut oor stadige kole 1 uur of tot die vleis sag is.

WORS OP 'N STOKKIE

Bestanddele

sampioene

cheddar

spekrepies

wors, in stukkies gesny

mielies, in wiele gesny

Peppadews

Metode

Week sosatiestokkies 15 min. in water sodat hulle nie brand nie.

Sny die sampioene se stingels uit en sit ’n stukkie kaas daarin.

Draai ’n spekrepie om elke gevulde sampioen.

Ryg nou om die beurt op elke stokkie wors, mielies, peppadews en speksampioene.

Braai tot die wors en spek gaar is.

SPINASIE-EN-FETA-POTBROOD

Bestanddele

Gekoopte brooddeeg

1 blik tamatie-en-uie-smoor

3 k spinasie, gesnipper en vir 2 min. gestoom

1 houertjie room

1 houertjie fetakaaskruiesoutpeper

3 k cheddarkaas, gerasper

5 snytjies ham, versnipper

Metode

Rol die deeg uit.

Smeer die smoor oor gevolg deur die spinasie en room.

Breek die feta oor die spinasie. Geur met die kruiesout en peper.

Smeer ’n platboompot met botter.

Rol die deeg op en pak in die pot. Laat staan 30 min.

Gooi die cheddarkaas oor.

Plaas oor warm kole en pak ook kole op die deksel.

Bak 25 min. oor matige kole.

Pak nog so agt kole op die deksel en bak nog 30 min. of tot gaar.

Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

LAWAPOEDING

Bestanddele

Beslag

1 eier

25 ml gesmelte botter

½ koppie melk

1 t vanieljegeursel

1 k bruismeel

1 t kakaopoeier

’n knippie sout

1 plak donker sjokolade, in blokkies gebreek

Sous

1½ k bruinsuiker

2 t kakaopoeier

1½ k kookwater

Metode

Beslag

Klop die eier in ’n platboompot.

Meng die botter, melk en geursel met ’n houtlepel by.

Voeg die res van die bestanddele by en roer deur.

Sous Roer die bestanddele in ’n aparte potjie oor die kole tot die suiker gesmelt is. Giet dit oor die beslag.

Sit die deksel op die potjie, pak kole onder en baie kole op die deksel. Bak 25 min. of tot gaar.

VANIELJEROOMYS

Bestanddele

¾ blikkie kondensmelk

½ t sout

2 k room

½ t vanielje-ekstrak

Metode

Meng die kondensmelk en sout.

Klop die room styf.

Voeg een derde van die room by die kondensmelk en vou deur.

Voeg die res van die room en die ekstrak by en klits goed.

Giet in ’n bak, bedek met foelie en vries oornag.