Ruland en Carmen

Carmen en Ruland
Carmen en Ruland. Foto: Verskaf

Bees Lendestuk

bees lendestuk of enige snit soos verkies

2 middelslaguie, in skywe gesny

2 middelslaglemoene, in skywe gesny

100-150 ml balsemieke asyn

100-150 ml olyfolie

Pak die vleis in ’n plat bak. Bedruip met die asyn en olyfolie. Pak die uie- en lemoenskyfies op die vleis. Laat ’n paar dae lank marineer, andersins minstens ’n paar uur voor jy wil braai. Draai die vleis ná ‘n paar uur om as jy dieselfde dag braai of een maal ’n dag as jy jou vleis al ’n paar dae voor die tyd marineer.

Besprinkel weer met asyn en olyfolie indien nodig.

Braai oor matige hitte sodat die vleis nog sappig bly.

Sampioen sous

2 e olyfolie

250 g Portobellini sampioene, in skywe gesny

250 g knopiesampioene, in skywe gesny

1 x pakkie beesvleisaftreksel

250 ml room

2 t (opgehoop) mielieblom

sout en peper na smaak

Verhit die olyfolie en braai die sampioene oor ’n matige hitte tot lekker sag. Krummel die aftreksel oor die sampioene en roer tot dit opgelos is.

Giet die room by en laat kook 10 min. Roer gereeld om te keer dat dit vasbrand.

Meng die mielieblom met ’n klein bietjie koue water, giet oor die sampioene en roer tot die sous dik is.

Geur met die sout en peper. Haal van die vuur af, maar hou dit steeds naby genoeg om dit warm te hou.

Geroosterde toebroodjies – Munz Styl

4-5 uie, gesny

100 ml balsemieke asyn

2 e bruinsuiker

1 bruin- en 1 witbrood, in snye gesny

cheddar- of goudakaas, in repies gesny

4-5 tamaties, in ringe gesny

fetakaas, gekrummel

peper na smaak

sout (opsioneel)

150 ml olyfolie

Pak die uie in ’n gesmeerde dik swartboomkastrol of -pan, bedruip met die asyn en sprinkel die suiker oor. Braai dit oor warm kole, en roer gereeld tot die uie lekker bros is en swart lyk. Wees versigtig om nie te brand nie.

Plaas 2 snye brood opmekaar en pak dan die kaas gevolg deur die tamatie op die brood. Wanneer die uie gaar is, giet dit bo-oor. Sprinkel die fetakaas oor.

Geur met die peper. Geur met nog sout indien nodig, maar onthou, die feta is reeds sout.

Sprinkel olyfolie liggies aan die buitekant van die braaibroodjies net voor jy hulle begin braai.

Braai oor matige kole en draai gereeld om tot die broodjies mooi bruin is.

Knarsende koolslaai 

1 x pakkie kitsnoedels

½ k amandels, gekap

½ k okkerneute, gekap

kool, versnipper

’n hand vol sprietuie

Vir die sous:

½ k water gemeng met die geursakkie van die kitsnoedels

¼ k olie

¼ k suiker

1 e asyn

1 e sojasous

Maak die noedels fyn (sommer in die pakkie) en rooster saam met die gekapte neute in die oond. Hou ’n ogie daarop en draai gereeld tot dit goudbruin is.

Haal uit die oond en laat afkoel.

Meng die sousbestanddele.

Wanneer die noedelmengsel afgekoel is, voeg dit by die kool en sprietuie. Giet die sous oor en meng goed.

Verkoel in die yskas; die slaai proe selfs lekkerder as dit ’n paar dae in die yskas was.

Soet- en brandrissie poppers

Bestanddele:

12 middelslagsoetrissies

12 middelslagbrandrissies

230 g mediumvet roomkaas, geroosterde uiegeur

230 g mediumvet roomkaas, soetrissiegeur

1 kg rugspek

Metode:

Sny die rissies se kroontjie bo af en ontpit. Stop die rissies met die roomkaas. 

Draai die spek om die rissie, maak seker die gaatjie is mooi toe. Druk met ’n tandestokkie vas.

Braai die rissies oor matige kole tot die spek gaar is.

Verwyder die tandestokkies en sit voor.

Vye Flambé

2 t botter om pan te smeer

12 ryp vye

4 e bruinsuiker

50 ml heuning

4 totglasies brandewyn of rum 

500 g roomys

VARIASIE

2 wiele briekaas

1 x Pakkie Cream Crackers

Voer ’n pan met botter uit. Halveer die vye. Pak met die gesnyde kant na onder in die gesmeerde pan. Giet die suiker en heuning oor.

Braai oor matige kole tot die vye begin sag word.

Draai die vye om - as die vye nog nie deurgaar is nie, sal die die vleisgedeelte van die aan die buitekant nog wit vertoon. Braai tot dié wit verdwyn en dit meer deurskynend lyk.

Voeg die brandewyn of rum by, en steek die sous aan om te brand.

Flambé die vye tot die vlamme doodgaan. Sit voor saam met roomys.

VARIASIE: Smeer ’n pannetjie met botter en plaas die brie daarin. Braai dit langs die braai tot die kaas smelt.

Sit die briekaas voor saam met die koekies en vye vir ’n minder soet weergawe.

Tuisgemaakte vanieljeroomys

500 g room

385 g kondensmelk

vanieljegeursel na smaak

Klop die room styf. Vou die kondensmelk by die room in. Voeg die vanieljegeursel by. Giet in ’n lugdigtehouer wat goed seël en vries 6 uur lank.

Michael en Sandra

Michael en Sandra
Michael en Sandra. Foto: Verskaf

Tamatiesmoor

olyfolie en ’n bietjie botter vir braai

6 uie, opgekap

5 ml knoffel

6 tamaties, opgekap (Romana werk die beste)

½ k suiker

sout en peper

Metode

Braai uie in botter en olie totdat die uie sag is.

Voeg die knoffel by en roer dit deur. Voeg die tamaties en suiker by en geur met die sout en peper. Roer deeglik en laat prut tot die meeste van die tamaties weggekook het en dit ’n sous gevorm het.

Michael se growwe plaaspap

1 L water

sout na smaak

500 ml growwe plaaspap

250 ml room

500 g botter

Metode

Laat kook die water en sout in ’n vuurvaste kastrol. Voeg die mieliepap by en roer goed om klonte te verhoed.

Hou aan met roer tot die pap gaar is. Voeg die room en botter by 10 min. voor jy dit wil voorsit en roer tot die botter gesmelt en die room deurgeroer is.

Die resep kan aangepas word afhangend van die getal gaste.

Groentestokkies

baba-aartappels

pampoen, in blokkies gesny

sampioene

rooi-ui

murgpampoentjies, in 2 cm-skywe gesny

halloumikaas

sout

Jimmy's Barbeque Sauce

Metode

Ryg die groente en kaas in enige volgorde aan die sosatiestokkies tot vol.

Geur met die sout en smeer sous oor.

Braai 10-15 min. tot gaar.

Slaaistokkies

Bestanddele:

Groenslaaistokkie

babaspinasie

kersietamaties

groen olywe

minikomkommer

klein slaaimielies

Slaaisous

Bestanddele:

balsemieke asyn met heuning

fetakaas

balsemieke asyn-glaseersel

Metode

Ryg die bestanddele in enige volgorde aan stokkies tot vol.

Giet van die slaaisous oor en rond af met die glaseersel.

Beetslaaistokkie

beet, gekook 

babaspinasie

sagte wit cheddarkaas

amandels, gekap

balsemieke asyn-glaseersel

Sosatiestokkie

Metode:

Vou die beet in ’n spinasieblaartjie toe. Ryg ’n blokkie kaas aan die stokkie gevolg deur ’n toegevoude beet. Herhaal tot die stokkie vol is.

Sprinkel die amandels oor en versier met die glaseersel.

Strawberry Marshmallow Brownie

vars aarbeie

brownies, in klein blokkies gesny

marshmallows

sjokeladestukkies om te smelt om te versier.

Ryg ’n aarbei aan die stokkie gevolg deur ’n brownie en marshmallow. Eindig met ’n aarbei.

Braai oor ’n lae hitte tot die marshmallows begin smelt. Haal van die vuur af.

Smelt die sjokolade op die stoof en versier die stokkie met die sjokoladesous.

Tuisgemaakte roomys:

1 First Choice Sjokelade Velvet-vla

1 houer gekookte kondensmelk (aarbeigeur)

Metode:

Voer kolwyntjiehouers met ’n lagie kondensmelk uit. Klits die vla tot styf en giet in die kolwyntjiehouers. Laat oornag vries.

Jonathan en Melissa

Jonathan en Melissa. Foto: Verskaf

Braai-aartappels

Bestanddele:

1 kg baba-aartappels

2 e olyfolie

1 ui, gekap

groen-, rooi- en geelsoetrissies, in repies gesny

250 g spek, opgekap

knoffel, fyngemaal

2 e botter

mozzarellakaas, gerasper

1 t paprika

Metode

Kook die aartappels oor die kole tot gaar. Dreineer die water.

Verhit die olie en braai die ui, soetrisses, spek en knoffel.

Voeg die saggekookte aartappels by en braai tot bruin.

Stip stukkies botter bo-op die aartappels en besprinkel met die kaas en paprika.

Sit die deksel van die potjie op en plaas ’n paar kole bo-op sodat kaas lekker kan smelt.

Jonathan en Melissa
Jonathan en Melissa

Botterskorsie met spinasie-en-feta

Bestanddele:

1 botterskorsie

1 bossie spinasie, gekap

1 knoffelhuisie, fyngekap

1 e sondroëtamaties, fyngekap

200 g fetakaas

2 e botter

30 ml pietersielie

sout en peper

Halveer die botterskorsie en haal die pitte uit.

Voeg die spinasie in ’n pan saam met ’n teelepel botter. Bedek met ’n deksel en wag ’n paar minute tot dit sag is. Haal uit die pan en dreineer enige water. 

Meng die spinasie, knoffel, tamaties, fetakaas, botter en pietersielie in ’n bak.

Geur die botterskorsie met die sout en peper en vul die holte met die spinasiemengsel.

Draai die botterskorsie met foelie toe en plaas oor warm kole. Wanneer die kante sag is, is dit gaar.

Broodrolletjies

Bestanddele:

5 k meel

1 pakkie gis

1 t sout

500 ml warm water

¼ k olie

Meng die droë bestanddele en die warm water in ’n groot mengbak tot die meel goed ingemeng is. Knie die olie in tot ’n bal deeg vorm. Bedek die bak met ’n vadoek en laat rys. Knie dit weer af sodra dit gerys het. 

Rol deegballetjies met jou hande en plaas dit in ’n pan of pot. Laat dit ’n bietjie rys en plaas oor die kole met ’n paar kole op die deksel.

Malvapoeding

Bestanddele:

1 eier

½ k suiker

2 e appelkooskonfyt

1 k meel

1 t bakpoeier

sout

1 k melk

1 t koeksoda

Klits die eiers en suiker tot romerig. Voeg die konfyt, meel, bakpoeier en sout by en meng goed. Giet die melk en koeksoda by en meng.

Sit in ’n vuurvaste pot met ’n deksel.

Plaas oor matige kole met ’n paar kole op die deksel. Laat bak 1 uur.

Berei die sous voor 10 min. voor die nagereg gereed is.

Stroop

Bestanddele:

¼ k botter

½ k kookwater

1 k Amarula

½ k suiker

’n knippie sout

Smelt die botter in ’n potjie op die vuur en roer die res van die bestanddele by.

Laat alles lekker smelt en giet oor die nagereg sodra dit gereed is. Laat ’n bietjie afkoel.

Sit voor saam met vla, roomys of room.

Mengelslaai

Bestanddele:

blaarslaai

komkommer

tamatie

feta

groen, pitlose olywe

wortels

perskes

Kap die bestanddele op en plaas in ’n slaaibak. Geur met sout en peper.

Sit voor saam met Griekse slaaisous.