Samantha en Andries

Samantha en Andries

Romerige kruiesous

Bestanddele 

125 ml (½ k) karringmelk 
63 ml (¼ k) mayonnaise 
30 ml (2 e) vars kruie (dill, pietersielie en stingeluie) 
sout en peper na smaak

Balsemieke en Dijon-sous

Bestanddele 

84 ml (1/3 k) olyfolie 
45 ml (3 e) balsemieke olie 
10 ml (2 t) Dijon-mosterd 
sout en peper na smaak

Gelaaide blomkool

Bestanddele 

1 groot blomkoolkop (in klein stukkies gebreek)
1 pakkie gesnipperde spek 
90 ml (6 e) gekapte stingeluie 
125 ml (½ k) mayonnaise
375 ml (2½ k) suurroom
500 ml (2 k) cheddarkaas 
1 pakkie fyngekapte sampioene

Metode 

Kombineer die suurroom, mayonnaise, die helfte van die spek, 3 e stingeluie, 1 koppie kaas, sampioene en die blomkool in ’n braaibak.

Sprinkel die oorblywende bestanddele oor die gereg en bak oor die kole tot die kaas gesmelt is en die blomkool sag is.

Kruieaartappels

Bestanddele 

1 sakkie kapokaartappels (met velletjies aan)
63 ml (¼ k) olyfolie 
30 ml (2 e) gesmelte botter
3 knoffelhuisies, fyngekap 
15 ml (1 e) fyn pietersielie 
15 ml (1 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) heuning
sout en peper

Metode

Kook die aartappels tot dit amper gaar is.

Pak hulle in ’n braaibak.

Kombineer al die oorblywende bestanddele in ’n kleiner bakkie.

Bedek die aartappels met die sous en braai oor die vuur tot die aartappels sag en geurig is.

Trek-Uit-Elkaar-Aperitief-Champignon (pestobakbrood)

Bestanddele 

1 potbrood (by die winkel gekoop)
1 pakkie mozzarella (in dun repies gesny)
1 pakkie sampioene (gesny)
4 knoffelhuisies (fyngekap)
60 ml (4 e)  botter

Metode

Neem die potbrood en maak dwars snye bo-oor die brood.

Smeer botter tussen die snye van die brood.

Vul die snye met kaas, pesto, knoffel sout en peper.

Vou die brood in foelie toe en plaas oor die braai.

Braai tot die kaas smelt en sit warm voor.

Bedek die brood met gerasperde parmesaankaas.

Varkrib met ’n twist

Bestanddele 

5 ml (1 t) sout 
5 ml (1 t) peper
5 ml (1 t) koljander
10 ml (2 t) anyssaad 
1000 ml (4 k) water 
2 kg varkrib (dik snitte)
30 ml (2 e) botter
4 knoffelhuisies (fyngekap)
15 ml (1 e) sojasous
2 suurlemoene (sap)
5 ml (1 t) sout
125 ml (½ k) appelkooskonfyt

Metode

Kombineer al die bestanddele in ’n braaibak.

Plaas die ribsnitte daarbinne en laat die mengsel oornag staan.

Braai oor hoë hitte.

Smeer die snitte gedurig met die marinade.

Tuisgemaakte vla 

Bestanddele 

575ml  (2 ? k) melk-en-roommengsel  
5ml  (1 t) vanieljegeursel 
4 eiergele 
60 ml (4 e) strooisuiker 
5 ml (1 t) mielieblom

Metode

Verhit die melk en roommengsel in ’n kastrol.

Voeg die vanieljegeursel by.

Verhit die mengsel tot dit amper begin kook.

Verwyder die kastrol van die hitte.

Klits die eiergele saam met die strooisuiker.

Voeg een teelepel mielieblom by.

Voer stadig die melk-en-roommengsel by die eiermengsel.

Klits aanhoudend totdat alles gekombineer is.

Plaas die kastrol weer oor matige hitte en roer aanhoudend totdat die mengsel verdik.

Bedien die vla dadelik.

Sjokolade-croissantgereg

Bestanddele 

6 sjokolade-croissants 
250 ml (1 k) melk 
500 ml (2 k) room
186 ml (¾ k) donkersjokolade 
30 ml (2 e) versiersuiker 
30 ml (2 e) Nachtmusik 
4 eiergele 
625 ml (3 ½ k) suiker

Metode

Verhit die melk en die room.

Plaas dit in die mikrogolfoond en voeg die sjokolade by.

Meng die eiergele en die suiker stadig by die mengsel.

Pak die croissants in ’n oondbak en giet die mengsel oor die croissants.

Bak die mengsel vir ongeveer 45 minute.

Giet Nachtmusik oor die gereg en sit warm voor.

Armando en Melanie

Armando en Melanie

Eksotiese potbrood

Bestanddele

1¼ kg broodmeel
10 g kitsgis
knippie sout
500 ml (2 k) louwarm water
100 g sondroë tamaties met 30 ml (2 e) olyfolie saam geblits

Metode

Sit meel in skottel met knippie sout.

Meng gis met 250 ml water in beker.

Maak holte in die middel van die beslag en voeg die gismengsel by.

Kombineer die beslag en voeg nog water by soos nodig.

Voeg droë meel bietjie-bietjie by tot die deeg nie meer aan jou hande vassit nie.

Laat die deeg vir ongeveer 2 uur staan.

Rol die deeg uit tot dit ’n plat en egalige vorm aanneem.

Smeer sondroë tamatiepesto oor die deeg.

Bestrooi die tamatiebasis met die mozzarellakaas en enige ander bestanddele wat jy verkies.

Salami, olywe, feta, sampioene, soetrissies en knoffel is almal voorbeelde van goeie bykomstighede.

Rol die brood versigtig sodat dit soos ’n rolade lyk.

Was met eiergeel.

Bak die rolade teen 180 °C vir ongeveer 40-45 minute.

Maak seker dat die deeg deeglik gaar gebak is.

Vogtige bykomstighede mag die bakproses verleng.

Wees seker om volgens hierdie beginsel die brood se baktyd te bepaal. 

Sardyne oor die kole

Bestanddele 

2 pakkies bevrore sardyne
250 ml (1 k) growwe seesout

Metode 

Neem ’n braaibak en strooi die helfte van die suiker onderin die braaibak.

Pak die visse versigtig daarop.

Strooi die res van die sout oor die vissies.

Laat hierdie bak so vir ’n uur staan.

Skud die orige sout af en braai die vissies oor warm kole.

Verwyder die vissies van die braai wanner hulle bruin begin raak en die oppervlak van die vissies hard en krakerig.

Sit warm voor. 

Soetrissieslaai 

Bestanddele 

6 groen soetrissies 
250 g swartpeperfeta 
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) witasyn 
 2 pakkies swartolywe 
sout en peper na smaak 

Metode 

Plaas die soetrissies bo-op warm kole in die vuur.

Braai die rissies tot hulle donker verkleur.

Draai die rissies aanhoudend om om te verhoed dat hulle brand.

Verwyder die soetrissies van die braai en plaas hulle dadelik in ’n bak met koue water.

Was die gebrande stukkies met die hand af en laat sodoende die velletjies afkom.

Sny die rissies in lang en dun repies.

Plaas alles in ’n mengbak en gooi die feta, olywe, olie, asyn, sout en peper by en roer.

Laat dit staan sodat die sous kan deurtrek.

Dit kan dan voorgesit word of oor die aartappels gegiet word.

Koolhidraatballetjies

Bestanddele 

8 aartappels (geskil)
sout na smaak 
’n pot kokende water

Metode 

Sny die aartappel in kwarte.

Kook die aartappels in water en sout tot gaar.

Sit voor wanneer gaar. 

Garnale

Bestanddele 

1 boks garnale
150 g soutbotter 
45 ml (3 e) paprikapoeier 
125 ml (½ k) gekneusde knoffel 
63 ml (¼ k) suurlemoensap 
30 ml (2 e) oreganum 
30 ml (2 e) vissout

Metode 

Plaas die garnale in ’n braaibak.

Smelt botter en gooi ander bestanddele by.

Roer die mengsel aanhoudend.

Gooi die sous bo-oor die garnale en sorg dat hulle goed bedek is met sous.

Dit is beter dat die gereg oornag staan.

Braai die garnale op die rooster tot gaar.

Plaas die garnale weer terug in die sous en verhit die bak oor die braai.

Die sous kan dan weer lekker deurtrek. 

Onderstebo pynappelkoek 

Bestanddele

167 ml (2/3 k) ongesoute botter
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
7 pynappelringe (geblik of vars)
7 ingelegde kersies 
375 ml (1 ½) k koekmeel
250 ml (1 k) suiker
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
167 ml (2/3 k) melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel 
1 eier

Metode 

Verhit die oond tot 180 °C.

Smelt van die botter oor lae hitte in ’n ronde koekpan.

Strooi die bruinsuiker oor die botter en laat kook vir 2 tot 4 minute en roer die karamel aanhoudend.

Rangskik die pynappelringe bo-op die karamel.

Versier dit met kersies.

Plaas die pan eenkant.

Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak en klits totdat alles gekombineer is.

Voeg die botter, melk en vanielje by.

Voeg die eiers by en klits totdat alles gekombineer is.

Gooi die deeg oor die pynappels uit en bak die gereg vir ongeveer 50 minute.

Haal die pan uit die oond en kantel op ’n bord om.

Lig die pan versigtig op.

Sit dadelik voor. 

Samantha en Gerhard

Samantha en Gerhard

Seekosbraai

Bestanddele 

15 ml (1 e) olyfolie 
15 ml 9 1 e) knoffel, fyngekap
800g garnale 
500 g klein garnale 
500 g mossels 
1 kg lynvis 
250 g wortels gerasper 
100 g kool, gerasper
1 ui, fyngesny 
800 g eiernoedels
soetsuur sous

Metode 

Sny die vis in stukkies.

Plaas al die seekos in ’n mengbak.

Voeg al die rou groente by.

Kook die eiernoedels in warm water tot gaar.

Plaas die gaar noedels in ’n bak en besprinkel met olyfolie.

Braai die uie, knoffel en die seekos in olyfolie tot gaar.

Voeg die soetsuur sous by en garneer met sout en peper. 

Tuisgemaakte soetsuur sous 

Bestanddele 

1 kannetjie pynappel
45 ml (3 e) sojasous
200ml soet brandrissiesous 
45 ml (3 e) ryswynasyn

Metode 

Sny die pynappel in stukkies.

Plaas al die bestanddele in ’n pot en kook vir ongeveer 5 minute.

Sit dadelik voor, of plaas in die yskas om af te koel. 

Brood-en-botter-nagereg (vir die braai)

Bestanddele 

45 ml (3 e) botter 
8 sjokolade-croissants 
150 g donkersjokolade, gesny 
150 g pekanneute, gesny
30 ml (2 e) bruinsuiker 
4 eiers 
625 ml (1½ k) melk 
5 ml (1 t) vanieljegeursel 
knippie neutmuskaat 
knippie kaneel 
1 L vla 
1 bakplaat met foelie bedek

Metode 

Maak seker die vuur is lekker warm.

Sny die croissants in kwarte.

Pak in lae in ’n braaibak.

Bedek die croissants met die gesmelte botter.

Sprinkel die sjokoladestukkies, neute en suiker oor die croissants.

Neem ’n aparte bakkie en klits die eiers, vanielje, neutmuskaat en kaneel saam.

Giet die vloestof oor die croissants.

Besprinkel die gereg met suiker.

Plaas die deksel op die braaibak en braai vir ongeveer 25-30 minute.

Sit voor met vla.