Die jong Bianca van Kraaifontein in die noordelike voorstede van Kaapstad is in ’n toilet gebore. Net vyf ure ná haar geboorte het haar biologiese ma haar weggegee en haar aanneemma, Ellen Fouche, het toe Bianca soos haar eie kind grootgemaak.

Bianca het voorheen aan Huisgenoot vertel sy het in musiek belanggestel omdat sy ’n talent daarvoor het en dat daar baie mense is wat ’n talent het waarvan hulle nie eens bewus is nie. 

“Dis hoekom ek musiek neem; nie vir roem of om te spog nie. Maar om vir mense te wys wat hulle met hul talent kan doen,” het sy destyds vertel.

Minki het besluit om Bianca te verras met ’n sangeres waarvan die tiener al jare droom om mee saam 'n duet te sing: die talentvolle Corlea Botha. 

Die duo het toe sommer daar en dan in Minki se TV-kombuis vir haar ’n kits-aria gesing!

Kyk dié video om die spesiale oomblik te beleef:


Lees ook Huisgenoot se vorige onderhoud met die jong ster. 

  • Nuwe episodes van Minki word elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 18:00. In samewerking met Finbond Platinum.