Dié nuus is by die eerste Afrikaans is Groot-konsert aangekondig en aanhangers van die gewilde reeks kon die aankondiging deur sosiale media volg.

Hoewel die reeks vir baie opwinding gesorg het, is dit veral een duet wat Afrikaanse musiekliefhebbers behoorlik laat gons het.

Die popsangeres Monique Steyn en haar Die Kontrak-deelnemer, Demi Lee Moore, het in 7 November se episode ’n duet-weergawe van die countrytreffer Diane op VIA (DStv-kanaal 147) se musiekkompetisiereeks gesing. 

Nuus van dié gewilde optrede het ook die oorspronklike kunstenaar agter die liedjie self bereik.

Die countrysanger Cam, tans een van die gewildste countrysterre in die VSA, het vroeër vanjaar ’n treffer gehad met Diane, ’n liedjie oor ’n vrou wat nie wetend ’n verhouding met ’n getroude man aangeknoop het.

Cam het Monique en Demi se duet-optrede op Die Kontrak in die sosiale media raakgesien en was ingenome dat haar treffer nou ook “Suid-Afrika bereik het”. 

Sy het die nuus op Instagram en Twitter gedeel.

Demi Lee Moore, ’n beroepsmusikant van Durbanville in Kaapstad, was uit die veld geslaan dat die countryster ’n Instagram-storie oor haar en Monique se duet geplaas het.

"Hoe mal is dit nie?" sê Demi. "Ek kan dit nie glo nie. Ek het dit eers tien ure ná sy dit ge-post het, raakgesien. Dit is insane!”

Kyk die oorspronklike weergawe van Diane hier.

  • Die laaste episode van Die Kontrak saai op 28 November om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uit.
  • Kom neem deel aan die gesprek! Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!