Hoe sou jy die ervaring met Melinda opsom?

Dit was ’n heerlike angsbelaaide ervaring! Ek is gelukkig dat ek die uitdagings saam met so ongelooflike spunky meisie kon aanpak!

Wat het gebeur tydens die verfilming van Wie’s Jou Poppie? met Melinda?

Ek het definitief ’n sterk eienskap ontdek met die uitdagings wat ons moes deursien. Zip line, abseil en rap jumping was ’n paar van die aktiwiteite van die dag. Die laaste was ’n buite-jou-vel-ervaring.

Die aktrise Marisa Drummond in Wie’s jou poppie?

Wat het jy uit die ervaring geleer?

Ek het geleer dat ek selfs in oomblikke van vrees en absolute angs, vrede kan vind in myself. Dat ek kan stil word en die pad vorentoe vir myself bepaal.

Watter indruk het sy op jou gemaak?

Melinda is ’n ongelooflike lewenslustige mens, met 'n vlymskerm humorsin. Sy het nie een bang haar op haar kop nie.

Wat het agter die skerms gebeur?

Ek en Melinda kon mekaar vashou en 'n bietjie huil ná die laaste uitdaging.

Meisies kom in die moeilikheid as hulle oor die tou trap!
Marisa Drummond in Wie’s jou poppie?

Is jy deur jou vermoë beïndruk? Kon julle die uitdagings oorwin?

Ons het definitief die uitdagings oorwin en ons het kop eerste (letterlik) die bul by die horings gepak.

Het jy dit geniet om op die program te verskyn? Was daar enige hoogtepunte?

My hoogtepunt was toe ek die laaste uitdaging aanpak en daar ’n oomblik in my was waar ek absolute vrede ervaar het terwyl ek na die afgrond staar. 

  • In Wie’s Jou Poppie? daag die voormalige Mej. SA Melinda Bam haar vriendinne uit om saam met haar te bewys dat hulle alles behalwe poppies is. Episodes word Woensdae om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 19:30.