Arien en haar dogter, Anri van Rooyen, het ’n draai in Minki se ateljee kom maak om oor gesondheid en holistiese geneeskunde te gesels.

Die akteur Armand Aucamp het ingeloer as verrassingsgas om oor sy kookboek en gelyknamige VIA-kookprogram, Armand Kook Kaal, te gesels.

In dié episode van Minki, wat op 27 Maart om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai word, demonstreer Arien ook die sogenaamde tapping-metode om in ’n japtrap van stres ontslae te raak.

Kyk dié video en probeer dit self. Dit het vir Minki gewerk en kan jou dalk in ’n oomblik van nood help.


So werk Arien se tapping-truuk:

1. Begin deur liggies met jou vinger aan die bokant van jou kop te klop.

2. Klop dan ’n paar keer liggies aan jou voorkop.

3. Klop dan liggies aan jou regterskouerbeen.

4. Klop dan liggies aan jou linkerskouerbeen.

5. Klop dan laastens liggies op jou bors net bo jou hart.

6. Maak dan ’n wegvee-gebaar op een van jou arms.

Het dit vir jou gewerk?

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word geborg deur Incanda-meubels en Bacher & Co.