En hulle gaan albei wys watter toertjies in hulle steek. Die spanning het hoog geloop toe Karlien haar lyf akrobaat hou.

Kyk na die skreeusnaakse video om te sien hoe goed sy gevaar het:

Die oomblik het haar aan haar en Bobby se kinderdae herinner.

Nes enige broer en suster het hulle natuurlik mekaar se siel versondig en Karlien was gereeld aan die ontvangkant van Bobby se poetse. 

"Ek het haar tot op die dak gelok om saam met my te kom speel. Sy het my gevolg en vergeet sy is bang vir hoogtes. Ek het haar dan ure lank bo-op die dak gelos tot iemand haar kom help," het Bobby al voorheen vertel.

Deur die akrobatiese toertjie te doen, het Karlien weer haar vrees vir hoogtes konfronteer.

Al het dit met ’n gegil en ’n paar kragwoorde gepaardgegaan, het Bobby haar met haar poging gelukgewens. Hy het geskater oor die manier hoe sy haar voete in die lug geskop het. 

Bobby het op sy beurt besef om ’n suksesvolle hanswors te wees is alsbehalwe maklik toe hy probeer om op ’n fietsie met net een wiel te ry. 

Hy het vertel dat dié sirkuservaring weer die kind in hom wakker gemaak het. Karlien se skertsende reaksie hierop was dat "jy altyd ’n kind is".

Die Zip Zap-sirkusskool het al verskeie minderbevoorregte kinders die geleentheid gegee om aan die sirkus deel te neem en deur sirkuskuns verskillende lewensvaardighede te leer.

Vir Bobby en Karlien was die besoek aan sirkus ’n verhelderende oomblik.

Kyk hier na ’n voorsmakie van 15 Mei se episode:

Die tweede reeks van Bobby en Karlien: In Jou Skoene word elke Woensdag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.