Kyk net wat gebeur toe Karlien haar vrees vir hoogtes moet konfronteer . . . 

Wat het jy en Melinda op jou episode van Wie’s Jou Poppie? gedoen?

Ons doen ’n soort hindernisbaan en klim ’n 7-verdieping-klimmuur uit.

Wat het jy uit dié ervaring geleer?

Ek het geleer ek kan nog aangaan al voel ek regtig ek kan nie meer nie – dan het ek nog in my.

Hoe was dit om hierdie uitdaging saam met Melinda aan te pak?

Dit was lekker! Sy is lewenslustig en hou daarvan om mense aan te moedig, en ek is dol daaroor as veral vroue mekaar aanmoedig en opbou.

Wat dink jy van die term ‘poppie’?

Ek weet nie? Ek het nog nooit gedink dis noodwendig ’n belediging nie. Ek dink Annatjie [van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld se vrou] is ’n poppie en sy is al 14 jaar lank my beste pel.

Wat doen jy volgende?

Mmm, daar wag ’n paar verrassings – hou maar dop!

  • Nuwe episodes van Wie’s Jou Poppie? word elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 17:30.