Ná drie seisoene van Wie’s Jou Poppie?-gaste wat gril (en soms ook gil) oor hul uitdagings, is dit dié keer Melinda Bam wat amper nie die mas kon opkom nie.

Die rede? Melinda Bam se heel grootste vrees is brugsprong. 

“Ek het van seisoen een af gesê ek sal absoluut enigiets doen,” deel Melinda.

“Ek sal by ’n koei inklim [om ’n KI te doen], ek sal gewere skiet, ek sal toilette skoonmaak. Ek sal enigiets doen, maar ek wil regtig net nie bungee nie. Dit voel asof dit net teen elke liewe stukkie van my menswees stry om gesig eerste by ’n gebou af te spring.”

“Ek dink nie iets spesifieks het in Melinda se verlede gebeur wat veroorsaak het dat sy bang is vir bungee nie. Ek het haar gevra, ‘Maar hoekom is jy bang?’ en sy sê ‘Dis die ding van ’n vrees: Dit is totaal en al irrasioneel.’ Daar is nie regtig ’n rede daarvoor nie, maar sy is bang.”

Kyk wat gebeur toe Melinda deur haar grootste vrees in die gesig gestaar word . . .

Nuwe episode van Wie’s Jou Poppie? wys elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings om Saterdae om 17:30.