Wat het jy en Melinda op jou episode van Wie’s Jou Poppie? gedoen?

Ons het paramotors bestuur. Dit was so opwindend.

Wat het jy uit dié ervaring geleer?

Ek het nog nooit vantevore ’n paramotor bestuur nie en ek was nie seker wat om te verwag nie. Maar die ervaring het my geleer dis goed om uit jou gemaksone te beweeg en jouself elke nou en dan uit te daag.

Deur nuwe dinge te beproef, leer jy jouself beter ken en groei jy in die proses.

Hoe was dit om hierdie uitdaging saam met Melinda aan te pak?

Pure pret! Melinda is een van die sweet-ste, oulikste en prettigste mense wat ek al ontmoet het. Sy is ’n bok vir sports.

Wat dink jy van die term ‘poppie’?

Ek dink dit is ’n redelike neerhalende term. Dis nie baie vleiend nie. Niemand wil ’n “poppie” genoem word nie.

Wat doen jy volgende?

Vir nou fokus ek daarop om die Mej. Heelal-kroon in Desember terug SA toe te bring.

  • Nuwe episodes van Wie’s Jou Poppie? word elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 21:00.