Wat het jy en Melinda op jou episode van Wie’s jou poppie? gedoen?

Ek en Melinda het by Stoke City-avontuurpark gaan wakeboard en die akwapark aangedurf.

Wat het jy uit dié ervaring geleer?

Ek is nie 'n avontuur-junkie nie, so enige adrenalien-gedrewe aktiwiteite sit ver buite my gemaksone. Ek het wel geleer dat sodra jy oë toeknyp en inspring dit eintlik nogal lekker kan wees.

Hoe was dit om hierdie uitdaging saam met Melinda aan te pak?

Melinda is wonderlik! En sy is 'n tawwe koekie. Dit was verfrissend om haar te kon leer ken gedurende die verfilming van die episode, maar dan ook haar sagte natuur te sien agter die skerms waar ons gesprekke soveel dieper kon gaan.

Wat het jy uit die ervaring geleer?

Hoe was dit om saam met Melinda ’n rits uitdagings voor die kameras aan te pak?

Wat dink jy van die term ‘poppie’?

Dis afbrekend en word heeltemal te maklik as 'n label op vroue geplaas. Dra jy te veel oogskadu word jy deesdae sommer 'n poppie genoem. Ek hou daarvan dat die program stereotipes uitdaag.

Wat doen jy volgende?

Ek het so een of twee projekte in die pyplyn, maar fokus hierdie Desember op rus. Dis nodig na 'n besige en vervullende 2018.

  • Nuwe episodes van Wie’s jou poppie? word elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 21:00.