In die heel eerste episode van Minki ontmoet kykers die onderwyseres Jean-Marie van Zyl, ’n vrou wat ’n verbete stryd teen ’n vernietigende siekte voer. Jean-Marie is die eerste volwasse persoon in Suid-Afrika by wie die seldsame Pompe se siekte gediagnoseer is.

As gevolg van haar siekte kan sy nie kinders hê nie, en sy en haar man oorweeg tans die verskeie opsies wat vir hulle voorlê om ’n gesin van hul eie te begin. Jean-Marie word in dié episode verras deur ’n paartjie wat die merkwardige storie van hul eie surrogaatskapreis met haar deel.

In dié videogreep deel Jean-Marie met Minki die roerende storie van hoe sy, ondanks haar siekte, haar onderwysstudie in die hospital voltooi het – en Minki kon nie haar trane keer nie!

Volgende keer op Minki (23 Januarie om 20:00): Op ons vasteland is Karo van Tonder die vinnigste vrou op ’n seilplank en ook ’n bobaas bakster.

Haar neef Gustav deel sy nomadiese lewe met ons, en hoe ’n haaiaanval, wat sy broer se lewe geëis het, sy respek vir die see verdiep het.  

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word geborg deur Incanda-meubels en Bacher & Co.