In dié episode vertel Giniel oor sy passie vir spoed, sy kinderdae op Barrydale, en hy praat ook openhartig oor sy gatslag tydens die 2019-Dakar-wedren.

Minki verras hom boonop met ’n besoek deur sy kinderdae-vriend Koos Haasbroek.

In Januarie vanjaar was talle Suid-Afrikaners se aandag op Peru gevestig waar Giniel – wat die 2009-Dakar gewen het – en sy Duitse medebestuurder Dirk von Zitzewitz Toyota Gazoo SA verteenwoordig het.

De Villiers/Zitzewitz het op die derde dag van die ren in sneltrajek 3 vinnig by die ranglys afgetuimel tot die 45ste posisie ná hulle 'n klip in die pad getref het. 'n Gedeelte van die enjinmontering wat skade gelei het en 'n olielek was die gevolg van dié ongelukkige voorval.

Ná vier en ’n half uur op die kantlyn het De Villiers/Zitzewitz egter hul veggees gewys en voet in die hoek gesit om hulle tot in die 9de posisie te kry.

Hier vertel Giniel meer oor dié uitdagende terugvegpoging.

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word geborg deur Incanda-meubels en Bacher & Co.