In dié episode het Karlien ’n draai in die ateljee gemaak om haar hart oop te maak oor haar dogtertjie, Elah, se gesondheidsprobleme. 

Minki het die Dans in die Reën-sangeres met ’n besoek deur Bobby van Jaarsveld se vrou, Annatjie, verras.

Min mense weet dat Karlien en haar skoonsus al byna 15 jaar boesemvriendinne is - sedert Bobby en Annatjie op hoërskool begin uitgaan het. 

Volgens Karlien was haar broer en Annatjie gedurende die vroeë dae van hul verhouding gereeld aan en af en Karlien het ietwat jaloers geraak elke keer wanneer die paartjie weer bymekaargekom het.

“Ek wou haar vir myself hê, maar dan het my broer weer in die prentjie gekom. Ek het vir haar probeer sê: ‘Maar my broer is ’n groot p*****l’,” skerts Karlien.

Kyk dié videogreep uit die episode om meer oor Karlien en Annatjie se vriendskap én Annatjie en Bobby se huwelik te leer.

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word geborg deur Incanda-meubels en Bacher & Co.