Wat het jy en Melinda in jou episode van Wie’s Jou Poppie? gedoen?

Melinda het besluit dis ’n goeie idee om my by ’n oorlog te betrek … ’n airsoftgeweeroorlog!

Wat het jy uit dié ervaring geleer?

Ek het geleer daar is mense wat hierdie soort speletjies baie ernstig opneem en ek het geleer mans bond op ander maniere as vroue.

Ek het ook geleer ek is ’n goeie skut in hakke!

Hoe was dit om hierdie uitdaging saam met Melinda aan te pak?

Melinda is so pret! Sy is heeltemal vreesloos en gereed vir enige iets. Sy het my baie geïnspireer.

Wat dink jy van die term ‘poppie’?

Die idee dat ’n vrou nie aantreklik én slim kan wees nie, is so argaïes en, om die waarheid te sê, vervelig. Daar is geen plek vir die term nie.

Wat doen jy volgende?

Ek hoop om @likehome – my persoonlike blog oor goeie kos, ontwerp, onthaal en blomme – na die volgende vlak neem!

  • Nuwe episodes van Wie’s Jou Poppie? word elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 21:00.