Wat het gebeur tydens die verfilming van Wie’s Jou Poppie met Melinda?

Ons het gaan byekorwe uithaal. Ons moes die pakke en alles aantrek. En met die hele proses help - van bye uitrook om hulle te kalmeer tot die plakkers op die heuningbotteltjie sit voor dit vervoer word na die winkels. Dit was groot pret!

Wat het jy uit die ervaring geleer?

Wat die hele proses eintlik is om op die ou end heuning te hê. En hoe hard hulle werk en hoe warm hulle kry! En dat samewerking baie belangrik is in eintlik enige proses. Jy móét saam met ander kan werk.

Wat verstaan jy onder die term poppie?

Ek dink mense gee die naam "poppie" aan meisies wat hulle dink niks avontuurlustigs kan doen of nie bereid is om uitdagings te aanvaar nie. Ek glo daar is 'n tyd en 'n plek vir alles. En vroue kan ook meer fisieke en uitdagende goed doen. En ook mooi lyk en mooi na hulself kyk op 'n ander geleentheid. Mense onderskat vroue partykeer.

Sou jy sê dat jy ’n poppie is? 

Ek dink ek kan wees. Maar ek dink nie ek is nie.

Het jou en Melinda se vermoë jou beïndruk? Kon julle die uitdagings baasraak? 

Ja, ek is baie! Ek dink beslis ons het die uitdaging die hoof gebied! 

  • In Wie’s Jou Poppie? daag die voormalige Mej. SA Melinda Bam haar vriendinne uit om saam met haar te bewys dat hulle alles behalwe poppies is. Episodes word Woensdae om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 19:30.