Wat het jy en Melinda alles tydens verfilming aangevang?

Ons moes in iemand se dak klim en help om dit skoon te maak en die insulasie te vervang. Dit het die verwydering van rotte en vlermuise ingesluit. Ek sal nie sê dit was die lekkerste ding wat ek al gedoen het nie. 

Hoe het die verfilming toe verloop?

Ek het beslis ’n paar blou kolle bygekry, ons kon net op sekere dele van die dak trap, anders sou ons deurval.

Ons het op ’n dooie rot of twee afgekom en moes maskers dra om ons te beskerm teen al die stof. Ons het ook op ’n paar babarotte afgekom. Dit was ’n skok!

Hoe het die verfilming toe verloop?

Ek het beslis ’n paar blou kolle bygekry, ons kon net op sekere dele van die dak trap, anders sou ons deurval. Ons het op ’n dooie rot of twee afgekom en moes maskers dra om ons te beskerm teen al die stof. Ons het ook op ’n paar babarotte afgekom. Dit was ’n skok!

Wat, volgens jou, is ’n poppie? Beskou jy jou as een?

As jy eers begin dink, is dit moeilik om werklik vas te stel wat ’n poppie is.

Gaan dit net oor die uiterlike? Indien wel, sou ek beslis nie as ’n poppie geklassifiseer word nie, maar tog hou ek van paar dinge wat ’n tipiese poppie van sal hou.

In my kop is ’n poppie ’n girly girl, wat net op hoë hakke loop en altyd lipstiffie dra. Dit is geweldig moeilik om iemand se waarde op hul voorkoms te takseer.

Ek hou byvoorbeeld nie daarvan om vuil te word nie. Dit maak my tog nie ’n poppie nie? 

Het jy enigiets tydens die verfilming van die program geleer?

Ek het geleer dat ek glad nie van rotte hou nie. Hulle is vreemde diertjies wat skarrel en siektes ronddra.