Hierdie keer het hy sy suster ’n poets gebak deur haar slaapkamer met Huisgenoot-bladsye te bedek.

Die tiener het voorheen opslae gemaak toe hy ’n video as deel van die VIA WMJ-videoprojek gedeel het waarin hy spaghetti met sy neus opsnuif!

Grillerig – ons weet!

Blykbaar het Brendin ’n snaakse streep en is dit ’n ou laai van hom om sy suster teen die mure uit te dryf.

Kyk hier na die video:

  • VIA (DStv-kanaal 147) soek Afrikaanse videomakers en vloggers! Met Wat maak jy? (WMJ) nooi VIA mense uit om hul unieke talente, perspektiewe, oomblikke en stokperdjies te deel. Die VIA-span se gunstelingvideo kan elke week R5 000 wen vanaf Augustus tot en met die einde van Oktober 2017. Om in te skryf, hoef jy net ’n kort video in Afrikaans te maak, dit op YouTube, Facebook of Instagram te laai met die hutsmerke #VIATV en #VIAWMJ. Stuur dan ook ’n skakel van die video na info@viatv.co.za.