Wat moet jy en Melinda doen op jou episode van Wie’s Jou Poppie?

Ons het ’n bietjie rally driving gedoen op ’n oval track. Dit was ’n belewenis en uiters uitdagend as ’n liefhebber van nuwe goed uittoets – veral dinge wat adrenalien verg. 

Wat het jy uit die ervaring geleer?

Ek het geleer almal het limits. Soms raak ons te opgewonde oor nuwe dinge en vergeet totaal en al waaroor dit eintlik behoort te gaan. Nie alles in die lewe gaan oor wen nie.

Dis ’n goeie mentaliteit om te hê om altyd te wil wen, maar soms kan dit jou baie hartseer en teleurgestelling veroorsaak.

Ons moet leer om nie altyd alles te oordoen nie. Matigheid is belangrik, en ek het gesien wat die eintlike betekenis daarvan is tydens hierdie episode. 

View this post on Instagram

“The joy of life comes from our encounters with new experiences, and hence there is no greater joy than to have an endlessly changing horizon, for each day to have a new and different sun.”

A post shared by Steffi van Wyk-Brink (@steffionthebrink) on

Hoe was dit om saam met Melinda ’n rits uitdagings voor die kameras aan te pak?

Dit was so lekker. Sy is ’n merkwaardige vrou wat nie bang is vir enigiets nie.

Sy het ’n hart van goud, en hoewel dit verfilm was, was dit so spontaan as moontlik gedoen, te danke aan ’n goeie span agter Melinda.

Ek sou die ervaring nie vir enigiets verruil nie. Dit was iets vir die rekordboeke. 

Wat dink jy van die woord “poppie”?

“Poppie” is n stereotipiese term wat onder die agterent geskop moet word.

Ja, ’n mens kry dalk bietjie sagte mensies wat nie fisieke uitdagings kan aanpak nie, maar hulle het ander skills. Ek is so bly dat ek nie ’n poppie is nie, hoewel dit maar kom met die titel.

As voormalige Mej. Namibië is daar altyd mense wat hierdie wanpersepsie het net omdat hulle regtig oningelig is, en verkies om nie moeite te doen om meer navorsing te doen oor iemand nie.

Die stereotipe “poppie” is nie van toepassing op hierdie episode nie. 

Wat is volgende vir jou?

As ’n mens doelgerig is en baie planne in die lewe het, moet ’n mens maar hard werk om dit te bereik.

Ek het nou onlangs die Toyota Fortuner 4x4 Challenge gewen en is baie dankbaar vir nog ’n nuwe oorwinning wat ek kan byvoeg.

Wat voorlê is definitief nie ’n maklike padjie nie, maar ek is gereed daarvoor.

Ek gaan aangaan met motiveringspraatjies, help mense hul lewensroeping vind en dalk ’n bietjie televisiewerk doen, as dit die Here se plan is vir my lewe. 

  • Nuwe episodes van Wie’s Jou Poppie? word elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) vertoon, met heruitsendings op Saterdae om 21:00.