Die musiekvideo’s vir die Durbanviller Demi Lee Moore se liedjie Mis Eet Slaap Herhaal en die Pretorianer Ivan Roux se Daai Ding sal amptelik gedurende dié week se uitsending van Die Kontrak op die Afrikaanse leefstylkanaal uitgesaai word.

Hier is eksklusiewe voorsmaakgrepe uit die toptwee se lusmakervideo’s.

Demi Lee Moore: Mis Eet Slaap Herhaal 

Ivan Roux: Daai Ding 

Die wenner van Die Kontrak sal amptelik op Vrydag 23 November by die eerste Afrikaans Is Groot-megakonsert van 2018 by die Sun Arena in Pretoria aangekondig word.

Diegene wat nie by Afrikaans Is Groot sal wees nie, kan op Woensdag 28 November om 20:00 op VIA inskakel om die groot wen-oomblik te beleef.

  • Nuwe episodes van Die Kontrak word elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Vrydae om 19:00, Saterdae om 21:00 en Sondae om 18:00. Die JOOX-app is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak.