Minki het ook besluit om vir Refentse met twee spesiale gaste te verras.

Eerste aan die beurt was sy rock-ikoon Arno Carstens van Springbok Nude Girls-faam. 

Daarna het Minki ’n minder bekende verrassingsgas ingeroep wat ’n reuse-uitwerking op Refentse se lewe gehad het: Cecilia Marchionna, die Krugersdorp-vrou wat in 2015 ’n video op Facebook gelaai het van Refentse wat die Bok van Blerk-treffer De La Rey sing en – in die proses – gesorg het dat Refentse oornag ’n plaaslike sangsensasie word.

Kyk dié video om die groot oomblik te beleef en te hoor wat Cecilia nou van Refentse se loopbaan dink.

Wil jy weer Refentse se weergawe van De La Rey kyk?

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word geborg deur Incanda-meubels en Bacher & Co.