Jody-Anne van Pretoria is blind gebore en het gedeeltelike breinskade sowel as outisme. 

Jody-Anne sê dat dokters aan haar ouers gesê het sy sal nooit enigiets kan leer nie; tog het sy daardie verwagtings heeltemal oortref. 

"So ver my kennis strek, was dit net voor my agtste verjaardag," vertel Jody-Anne aan Minki. 

Toe sy drie jaar oud was, het Jody-Anne se familie agtergekom dat sy 'n natuurlike aanvoeling vir ritme het, en teen die tyd dat sy nege jaar oud was, het sy klavier begin speel. 

Benewens die klavier kan sy ook die trekklavier speel. Sy het reeds op 11 haar eerste musiekopname gedoen. 

Minki verras ook vir Jody-Anne met haar held, die gewilde Suid-Afrikaanse sanger en televisieaanbieder Coenie de Villiers. 

Kyk hier na 'n videogreep uit vanaand se episode van Minki.

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:30. In samewerking met Finbond Platinum. 

Ekstra bron: BeautifulNews