Benewens haar werk as motiveringspreker oor die afgelope 19 jaar, help Monique sedert 2001 die Matla a Bana-welsynsprojek bestuur.

Dié organisasie is toegewy aan die vermindering van die sekondêre mishandeling wat kinders ervaar wanneer hulle mishandeling aanmeld.

Matla a bana beteken “krag van die kinders” en help ongeveer 30 000 kinders per jaar.

Oor haar egskeiding van Callie Strydom in 2016 sê Monique, “Dit was seker vir my erger as om ’n gyselaar te wees. Dit was regtig bitter erg.

“Ek gun geen vrou, ma, kind of familie dit nie. Dis maklik om motiveringspraatjies te lewer en jy het ’n oerwoud oorleef en jy’s lewendig – en ewe skielik beland jy in so situasie [soos ’n egskeiding] en jy moet alles toepas waaroor jy jare lank gepraat het.”

Monique het ervaar dat haar werk met mishandelde kinders haar gehelp het om die trauma van haar egskeiding te verwerk.

“Die stories wat ek elke dag hoor,” sê Monique. “Dan dink jy, sjoe, jy kan nie die trauma minder maak nie, maar daar’s baie ander mense wat baie swaarkry.” 

Kyk hier na ’n videogreep uit vanaand se episode.


  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 18:30. Minki word geborg deur Incanda-meubels en Bacher & Co.