In die agtste episode kuier Nádine by Pedro.

Nádine verduidelik dat die appel vir haar nie ver van die boom af geval het nie, aangesien die SAUK destyds vir haar ma en twee susters 'n kontrak wou aanbied toe hulle hul eie musiekgroep gehad het.

“My vriendin se pa is ’n spesialis. Hulle praat oor alledaagse goeters,” sê Nádine toe sy en Pedro oor Grey's Anatomy begin gesels.

“Vir my is ’n voorblad en ’n liedjie op die radio soos my verjaardag. Ek vertel vir almal,” sê sy.

“As ek nie hakke hoef te dra nie, dan dra ek hulle nie . . . en wanneer ek hulle dra, dan probeer ek net mooi sit,” spot Nádine.

Nuwe episodes van Klavierkuiers met Pedro word elke Saterdagaand om 19:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Donderdag om 15:00 as jy dit gemis het.