Die span by VIA (DStv-kanaal 147) se mediese werklikheidsprogram, Noodlig, gee wenke wat jou lewe binne ’n noodsituasie kan red. 

My kind het in ’n doring/geroeste spyker getrap. Wat nou?

Lesley Botha (ILS-paramedikus) en Chantell Botes (ALS-paramedikus) gee graag ’n paar wenke.

Dit is belangrik om vas te stel hoe diep die hindernis die persoon se liggaam binnegedring het.

  • As dit ’n vlak wond is kan die hindernis verwyder word en die wond met soutwater behandel word. 
  • As die hindernis te diep is om te verwyder, kan die omliggende deel van die wond skoongemaak word. Die persoon moet na ’n hospitaal geneem word vir verdere ondersoek en prognose. ’n Klem-in-die-kaak-inspuiting is verpligtend! 

Wat is klem-in-die-kaak nou eintlik?

  • Klem-in-die-kaak is ’n nieaansteeklike siekte. Dit word hoofsaaklik deur bakteriese gifstowwe oorgedra. 
  • Dit kom nie net in geroeste spykers voor nie. 
  • Diere is dikwels draers daarvan. 
  • ’n Klem-in-die-kaak-inspuiting is steeds doeltreffend al word dit ná besmetting ingespuit. 
  • Ernstige spierspasmas is een van die vele newe-effekte wat geskied indien dadelike behandeling nagelaat word. 
  • Dit is belangrik om elke 10 jaar te verseker dat al jou inentings en immuniteitsversterkers op die hoogte is. 

Hierdie artikel verskaf net algemene mediese kennis.  

Indien jy in een van die bogenoemde mediese situasies beland kan die gegewe as wenke gebruik word. Dit is egter noodsaaklik dat jy wel in so ’n noodsituasie dadelik  ’n mediese dokter raadpleeg of ’n ambulans bel.

  • Nuwe episodes van Noodlig wys elke Woensdag om 21:00 met heruitsendings op Sondae om 22:00.