Die span by VIA (DStv-kanaal 147) se mediese werklikheidsprogram, Noodlig, deel wenke wat jou lewe in ’n noodsituasie kan red.

Chantell Botes, ALS-paramedikus, gesels ’n bietjie met ons oor weens kontak met warm olie, water of vuur.

Hier is haar wenke rakende wat om te maak wanneer iemand hulself by die huis brand. 

  • Plaas die gebrande deel onder koue, lopende water. Die vloei van die water sal verseker dat die inwendige hitte van die wond ophou versprei.
  •  Dit is belangrik om klam materiale op die wond te plaas. Droë watte kan binne-in die wond droog word en nog ongerief veroorsaak.  
  • Chantell raai die persoon aan om so gou moontlik pynmedikasie te neem. Brandwonde kan dikwels lank aanhou gloei of klop. 
  •  Produkte soos Burnaid kan aan en rondom die brandwond gesmeer word. Maak seker dat die middel nie met rou oppervlaktes in aanraking kom nie. 
  • Moet nooit brandblase opsetlik oopbars nie. Dit is die liggaam se natuurlike verdedigingsmeganisme. 

Hierdie artikel verskaf slegs algemene mediese kennis. 

Indien jy in een van die bogenoemde mediese situasies beland kan die gegewe as wenke gebruik word.

Dit is egter noodsaaklik dat jy wel in so ’n noodsituasie dadelik  ’n mediese dokter raadpleeg of ’n ambulans bel. 

  • Nuwe episodes van Noodlig wys elke Woensdag om 21:00 met heruitsendings op Sondae om 22:00.