Die span by VIA (DStv-kanaal 147) se mediese werklikheidsprogram, Noodlig, gee wenke wat jou lewe in ’n noodsituasie kan red.

Ons gesels met Muhammed Varachia, 'n ILS-paramedikus, oor wat ’n hartaanval is, hoe om dit te identifiseer en hoe om te reageer wanneer iemand na aan jou ’n hartaanval kry. 

Dit is belangrik dat ’n mens die simptome van ’n hartaanval kan identifiseer.

Sommige mense vergelyk dit met die sensasie van sooibrand en swaar asemhaling. 

’n Mens kan pyn tussen die skouerblaaie, arms, bors, kaak of buik verwag. ’n Hartaanval kom dikwels sonder enige waarskuwing en kan ook gebeur terwyl jy slaap.

  • Dié soort pyn is dikwels geweldig verlammend.
  • Die mens sal moontlik golwe van duiseligheid en lighoofdigheid ervaar.
  • Hul nek, arms en bors kan spanning ervaar. As iemand na aan jou die simptome ervaar, moet jy onmiddellik aan hulle aandag skenk.
  • Die toepassing van kardiopulmonêre resussitasie (KPR) is noodsaaklik om te verseker hulle hou nie op asemhaal nie. 

Die mens moet so gou moontlik na 'n hospitaal gebring word. Monitor hul asemhaling en maak seker hulle verloor nie hul bewussyn nie.

As jy oor die diagnose twyfel, is dit altyd veilig om in elk geval ’n dokter te kontak.

Die artikel verskaf net algemene mediese kennis. Wanneer jy in een van die bogenoemde mediese situasies beland, kan die gegewe as wenke gebruik word.

Dit is egter noodsaaklik dat jy wel in so ’n noodsituasie dadelik ’n mediese dokter raadpleeg of ’n ambulans bel. 

  • Nuwe episodes van Noodlig word elke Woensdag om 21:00 uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 22:00.