Die span van VIA (DStv-kanaal 147) se mediese werklikheidsprogram, Noodlig, gee wenke wat ’n lewe in ’n noodsituasie kan red. 

Wiets Botes, 'n ILS-paramedikus, gee ons ’n paar wenke oor wat om te doen wanneer iemand naby aan jou flou val. 

  • Draai die mens onmiddellik op hul rug om te verseker hul lugweg bly oop. Waai hulle koel as dit ’n uitermate warm dag of omgewing is. 
  • Maak seker hul bene word bo hul borsvlak gelig. 
  • Verlos hulle van enige beperkende kledingstukke of bykomstighede soos belde, juweliersware of dasse.
  • Praat konstant met hulle terwyl jy hulle liggies skud. Dit sal hulle help om hul bewussyn te behou. 
  • Maak seker hulle lê of sit 'n rukkie lank voor hulle opstaan. 
  • As hulle nie ná ’n minuut bykom nie, moet ’n noodhulpdiens onmiddellik gebel word. 

Bel ’n noodhulpdiens wanneer iemand enige van die volgende simptome begin ervaar:

  • Blou lippe of gesig;
  • Vreemde of onreëlmatige asemhaling;
  • Borspyn;

Die artikel verskaf net algemene mediese kennis.

Indien jy in een van die bogenoemde mediese situasies beland, kan die gegewe as wenke gebruik word. Dit is noodsaaklik dat jy wel in so ’n noodsituasie onmiddellik ’n mediese dokter raadpleeg of ’n ambulans bel. 

  • Nuwe episodes van Noodlig word Woensdae om 21:00 uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 22:00.